Babadogtertjie dood aangetref in wiegie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Babadogtertjie, ongeveer twee maande oud, is Dinsdagmiddag dood aangetref in haar wiegie by ʼn huis in Woodlands, Pietermaritzburg.

“Paramedici het omstreeks 13:30 by die toneel opgedaag en is dadelik na die babakamer,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Sy het bewegingloos in haar wiegie gelê.”

Paramedici het die babatjie ondersoek en bevind dat sy al ʼn geruime tyd dood is. Hulle kon niks meer vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.

Plaaslike owerhede was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

se net ·

A lady looking after a baby came running to our home. The baby was sick. She was panicked and we ran over to the home. The baby had flue earlier and had been snug in her cot in the blanket. She was still warm but looker liked she was not breathing. We rushed to te hospital, praying as we drove. They tried everything but she had passed away. She was 6 months old. She would have been 4 just like my own little girl. So my point is really, that the baby was much loved. It was not anyone’s fault. She had a virus and died because of it. Babies sleep for a few hours sometimes and we pop in our heads to check. We can not assume the parent was at fault here. Someone has lost their precious child. Maybe just wait for more details before judging the situation. Just saying…

SNEL ·

Ek stem saam met Sê Net, mens loer mos nie elke vyf minute in om te kyk of die kleintjie reg is nie. Seker een keer in n uur en dis nie te sê mens is nie lief vir hulle of gee hom nie. In teen deel, wat van die aand; jy lê hulle neer en hulle slaap en jy slaap tot hulle jou wakker huil, so daar kan ook iets in daai 4 ure gebeur. Ek slaap vas, so elke vyf minute wakker word om in die kot te loer is uit by my, en ek is bitter lief vir my kleingoed. Mens gebruik ook die tyd as hulle slaap om die kombuis op te ruim, en take om die huis weer op datum te kry. Regtig waar, n ma is ook net n ma, jy het duisende goed om in te haal mee as hulle slaap en mens moet daai tyd gebruik. Nie een van ons was daar nie, maar sulke goed gebeur so maklik met kleintjies, dat hulle vir geen rede sterf nie. Ek voel net die ouers gaan reeds deur hel, die laaste wat hulle nodig het is verwyte wat na hulle gegooi moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.