Babadogtertjie in stormwaterdrein aangetref

Argieffoto

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Dinsdag verlate in ʼn stormwaterdrein in Port Elizabeth aangetref.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn vrou was Dinsdagoggend omstreeks 07:30 besig om met haar hond te stap in Sedanlaan in Lorraine toe sy ʼn baba se gehuil uit die drein gehoor het.

Naidu het gesê die vrou het ʼn motoris wat daar verbygery het voorgekeer en saam het hulle die deksel van die drein opgelig.

“Hulle het ʼn kaal pasgebore babadogtertjie daar aangetref. Paramedici was op die toneel en die baba is na die hospitaal geneem,” het Naidu gesê.

Volgens haar was die naelstring steeds aan die baba vas.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Oom Kalahari ·

Dalk is ek nou bietjie dom ” Hoe is dit net ‘n saak van Kinder Verwaarlosing” as dit voorkom as poging tot moord om ‘n baba in so posisie te plaas om in ‘n drein te sterf.

Wolf ·

Verkeerd, die aanklag moet wees “alledged” poging tot moord.

Cherokee ·

KInderverwaarlosing? So dit is wat die polisie dink dit is. ‘n Verwaarloosde kindjie. Sal defnitief die betekenis van verwaarlosing moet naslaan.

Aitoggie ·

Sê net, ek sal haar kom haal en ‘n veilige tuiste gee. Ek kan regtig nie glo hoe iemand so iets kan doen nie. Dis gewetenloos, dis onmenslik, dis barbaars, dis regtig regtig NIE die laaste uitweg nie.

Cornette ·

Daai is GEEN kinderverwaarlosing of poging tot moord nie – daai vrou WOU haar kind dood hê anders sou sy die baba vir aanneming gegee het en nie in ñ waterpyp gegooi het nie.
Hoop sy kry tronkstraf… maar nou ja kom ons kyk maar wat die regsstelsel nou weer gaan opdis!!

Alida ·

Poging tot MOORD dit is wat dit is wat het verander in ons regstelsel? Word ek dom deesdae ek glo nie.

Sonja ·

Ek kan nie kinders van my eie hê nie. Ek sal haar grootmaak

Piet ·

Ek voel regtig baie jammer vir jou Sonja. Ek dink net as mens soms baie desperaat is kan jy dalk verkeerde besluite neem. Om kinders te he is n helse job al is dit jou eie kinders. Dalk is jy reg daarvoor en weet ek nie waarvan ek praat nie, dan vra ek dat jy my sal verskoon.

Sê maar net 1 ·

Hou ons asseblief op hoogte met nuus oor die dogtertjie. Sy het glo siek geword hoekom sy solank in die koue gelê het.
Ek wil ook weer asof iemand aansoek al gedoen het om haar aan te neem. Ek het twee kinders en ons sal nog ‘n sussie met wye ope liefdevolle arms aanneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.