Babadogtertjie in veld gevind

Foto: ER24

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Dinsdagoggend in ʼn veld in Mondeor in die suide van Johannesburg aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê polisiebeamptes wat in die gebied gepatrolleer het, het op die baba afgekom. Paramedici is omstreeks 11:45 na die toneel langs Columbinelaan ontbied.

“Die babadogtertjie is ondersoek en daar is gevind dat sy verkluim en erg gedehidreer was, maar verder ongedeerd. Sy is deur paramedici behandel voordat sy na ʼn private hospitaal geneem is,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die saak.

Die voorval kom kort nadat ʼn fetus ook vanoggend in ʼn plastieksak buite ʼn huis in Secunda, Mpumalanga, aangetref is. Volgens Meiring het ʼn tuinier in die gebied die sak gesien en ondersoek ingestel. ʼn Fetus wat in ʼn paar plastieksakke toegedraai was, is binne die sak gevind.

Hierdie voorval word ook deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anoniem ·

Sooooo hartseer ek sal die babadogterkie groot maak het al kinders in my pleegsorg gehad ?????

Jewel ·

Uitstekende idee “anoniem”!!! Hoop hulle gee haar virjou!

Vra maar net ·

Privaat hospitaal?Waarom nie provinsiale hospitaal nie?

Colleen ·

Wat maak dit saak en jy betaal nie daarvoor nie. Solank sy mediese sorg kry.

Mrs H ·

Die babatjie moes dringend hulp kry. Die naaste hospitaal was toevallig n privaat hospitaal. Mulbarton Hospitaal. Aai, Moet tog nie so venynig wees nie?

Genieve ·

Kan net n getroude man se kind wees of die kind is onder ouderdom…Here skenk genade.

snoefie ·

of sy was klaar geregistreer vir die kinserroelaaf en dus oorbodig.

VM ·

Wens die klein meisie alles van die sterkte toe…… Na ‘n privaat hospitaal geneem??

liz ·

Nie eers ‘n dier doen dit nie, dis regtig net ‘n skande niks meer of minder.

honourable member ·

Arme kind. Wonder of die ma rustig slaap in die aand. Hardloop seker net vir die social grant. Seker nou eers agter gekom n kind is verantwoordelikheid.

ne ·

Hartseer, ja. ‘n Hond sal nie eers sy babas weggooi nie! Skandelik!!!!

Hartseer ·

Kan nie glo mens kan so hard wees nie. Bring die kleintjie vir my. Sy sal als kry wat sy nodig het en die wrede ervaring vergeet. Sy klein so onskuldig. God se geskenkie aan ons en dus wat ons nasie doen. NEEEE! Ek soek haar!

Ag tog ·

#Vra maar Net, wat is jou punt? Beyaal jy dalk die hospitaalrekening?

DIE PUNT IS ·

Het jy betaal ? Hoekom mag mense nie vra hoekom ‘n hawelose kind privaathospitaal toe geneem word terwyl boere wat wreed mishandel word op plase STAATSHOSPITALE toe moet gaan so ook die rugbyspeler wat geskiet is nie?? ERENS moet daar tog consistency wees dan nie? AS een staatspasient privaathospitaal toe mag gaan SO OOK ANDER beseerdes dan nie?

Madeleine ·

Prys die Heer sys lewend gevind.
Hierdie pogings tot moord moet stop.

michelle ·

So bly die kleinding is gekry. maak dit regtig saak na watter hospitaal sy geneem is…
Sy word nou behandel dis al wat saak maak!

André ·

Dit raak nou mode om babas oral te los as die ma hulle nie wil hê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.