Babadogtertjie verlate in die bosse gevind

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Vrydagmiddag verlate gevind in die bosse in Fairland, Gauteng.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 16:00 na die plaaslike polisiestasie ontbied. “Sy was in ʼn handdoek toegedraa. Sy het geen sigbare beserings opgedoen nie,” het Van Huyssteen gesê. “Die babadogtertjie is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

ʼn Lid van die publiek het glo in ʼn bos op die babatjie afgekom en haar na die polisiestasie geneem. Verdere besonderhede oor die voorval is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

Kindertjies is weerloos en uitgelewer ….. dankie dat barmhartige mense optree

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.