Babalykie in asblik gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Donderdag in ʼn asblik in Bloemfontein ontdek.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn boemelaar het deur die inhoud van die asblik gegaan toe hy die gru-vonds gemaak het. “Die baba was steeds aan die nageboorte geheg,” het Botha gesê.

Paramedici het hulle na die toneel gehaas, maar die baba was reeds dood toe hulle daar opgedaag het.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

CHRISTA ·

Dit bevestig weer eens- lewe het GEEN WAARDE in Suid-Afrika nie.

Pierre Celliers ·

Wat kan ‘n mens se oor onse Suid Afrika en sy “mense”? Mag eintlik niks se nie anders
word jy uitgekryt as ‘n rassis! Ons moet dinge maar aanvaar soos dit is. Hoekom?!

Swanna ·

Dit is waar. As jy regtig die kommetaar gaan lewer soos dit hoort gaan jy as ‘n ergerlike rassis uitgekryt word. Erger as diere. Ek dink die diere kry skaam vir die MENS se gedrag. Goddeloosheid op sy ergste graad.

Gatvol verby ·

So waar… nie eers diere gooi hulle eie kinders so weg nie. Sit d baba in n skoen boks of iets en sit dt neer waar mense dt sal kry om te help . Hoe lewe jy met jou gewete saam as jy so iets kn doen en net weg stap na jy ‘n lewe net so in ‘n asblik kn gooi.

Leeutjie ·

Ek se weer! Hoekom verstaan ek hierdie dinge nie… Sit die kleintjie op die hospitaal se stoep! Genade!

Henning ·

Ek is baie geamuseerd deur die kommentare wat se “as jy jou opiniwe gee, is jy n rassis”. Daai kommentaar is by homslef rassisties. Want jy druk alles klaar in rasse groepe in. Ek is verbaas dat mense in 2015 nog so vlak kan wees. Daar is rubbish, en goeie mense in elke kultuur, land, groep ensovoorts. Dan kan julle nie verstaan, hoekom die Afrikaner n bedreigde spesie is nie. EVOLVE, ADAPT OR BECOME EXTINT-Charles Darwin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.