ʼn Pasgebore baba is Donderdag dood aangetref in ʼn asblik in Durban se middestad.
“Voetgangers het die baba opgemerk,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, gesê. “Paramedici is ontbied, maar die babaseuntjie het reeds gesterf.”
Die polisie het gesê hulle het nog geen inligting oor die voorval nie.