ʼn Pasgebore babadogtertjie is Maandag dood aangetref in ʼn plastieksak in ʼn asblik in Bloemfontein in die Vrystaat.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn skoonmaker het die baba gevind in ʼn asblik in een van die badkamers by ʼn winkelsentrum in die Willows-gebied in Bloemfontein.
“Die skoonmaker het daarna hulp ontbied. Paramedici het ondersoek ingestel, maar dit was duidelik die baba was reeds ʼn geruime tyd dood.”
Die polisie stel ondersoek in.
2 Timoteus 3
Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God…
Skokkend!
Daar is baie Mammas wat reeds sukkel om swanger te raak.. nou hoekom gee hulle die baba vir iemand wie graag n baba wou he, die baba word vermoor as die ma in asblik los. dis skokkend!! baba verdien dit nie, hulle het nie gevra om hier te wees nie.