Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná die liggaam van ʼn drie weke oue baba gevind is.
Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het gesê speurders is dringend op soek na die ma van die kind wie se liggaam in ʼn bebosde gebied naby Missionweg oorkant die Afrimat-steengroef gevind is.
Die babaseuntjie was in ʼn blou kombers toegedraai. ʼn Sak doeke is naby hom neergesit.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Dit is rerig hartseer!
Ek kan nie myself indink wat in die ma se hart moes aangaan om so iets te doen nie.As ouer wil jy tog net jou kind beskerm teen die boosheid van die wereld en nie self verantwoordelikheid wees vir die hartseer en seer nie.
RIV kindjie*
Ongelukkieg is dwelm gebruik in die (B)Oos-Kaap ongelooflik erg. n Baba staan in die pad van die verkryging van die volgende fix. Ook is die baba verwek deur n ma wat haar lyf prosie hou vir die aanvul van haar behoeftes. So siek!!!!
… moes die kleine kind nou sy eie doeke omruil… of het sy gedink iemand gaan die kind daar kry … lewend en nie nodig hê om nog doeke te gaan koop nie…?
As n mamma mos wil he dat iemand haar babatjie moet sien en versorg, dan gaan sy hom mos nie in n beboste gebied neersit nie. Die ma moet beslis aangekla word vir moord sodra sy gevind is. Daardie baba het mos nie gevra om in die wereld te wees nie. Die ouers het geweet wat hulle doen. Dit is hartseer, maar my opinie is dit beter vir die baba as om saam sulke ouers groot moet word en verniel gaan word, alhoewel hy ook n reg op n ordentlike gelukkige lewe gehad het.