Babalykie in plastieksak gevind

(Argieffoto: ER24)

’n Babaseuntjie se liggaam is Woensdagaand in ’n plastieksak by ’n woonstelkompleks in Turffontein in Johannesburg gevind.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het hul paramedici kort voor 18:30 op die toneel aangekom.

“Lede van die publiek het op die baba afgekom. Die baba het ongelukkig geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.” Die polisie ondersoek die voorval.

Die liggaam van ’n pasgebore babadogtertjie is Maandag onder ’n boom in ’n oop stuk veld in Delft in die Wes-Kaap aangetref. Polisiebeamptes is omstreeks 07:30 na die oop stuk veld langs Kanferolieweg ontbied waar die baba vroeër onder ’n bruin baadjie onder die boom aangetref is.

’n Babaseuntjie, vermoedelik vyf dae oud, is Maandagaand in ’n asblik in die Bloemfonteinse middestad gevind.

’n Kind het op die baba in die asblik afgekom en hom na die Thabure-polisiestasie geneem.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die polisiestasie ontbied om die baba te ondersoek. Die baba was in ’n goeie toestand, maar is nietemin na ’n hospitaal geneem om ondersoek te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Wat het van sekere Suid-Afrikaners se morele waardes geword dat hulle so harteloos en gevoelloos kan wees om sommer ‘n lewetjie weg te gooi. Nee, dit is baie erg. Dit is nou die hoeveelste babatjie wat sommer iewers gevind word.

Anthony ·

Lewe is soo onrigverdig ek Ken soo baie mense wat enige iets Sal doen en gee vir i babatjie en die hartloose mense gooi net hul kinders weg asof hulle fillis is Bja bja hartseer

Mieke ·

Oordeelsdag moet maar kom…… daar’s net te veel moord en misdaad op aarde…

Anel ·

Soos ek vroeër gesê het, dit gaan al hoe meer gebeur. En die rede: inperking. Sekere mense kon hulle nie self konstruktief besig hou nie. Nou moet die gevolg van hul dade, onskuldige kind, boet. Al hierdie goed jan voir die regering se deur gelê word. Daar gaan BAIE meer mense dood aan ander goed as aan hulle virus 19. Wens hulle wil bietjie statistieke gee van hoeveel mense die afgelope tyd dood is aan ander oorsake as die virus, soos moord, ongelukke, aborsies, TB, VIGS, beroerte, hartaanval, selfdood, ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.