Babalykie in vlak graf gevind

(Foto: SA Polisie)

Die ouers van ʼn agt maande oue baba is deur die polisie vir ondervraging ingeneem nadat die baba se lykie in ʼn vlak graf in Warrenton in die Noord-Kaap gevind is.

Die baba se lykie is Saterdag opgegrawe en volgens kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het voorlopige ondersoek aan die lig gebring dat die baba glo op 5 Januarie dood is.

Die baba se ouers het die lykie toe glo in die vlak graf begrawe. “Die ma het agt maande terug by die huis aan die baba geboorte geskenk sonder enige mediese bystand en het nie die gesondheidsowerhede van die geboorte in kennis gestel nie.”

Die baba se ouers is vir ondervraging ingeneem terwyl die polisie verdere ondersoek instel. ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin hangende die uitslag van ʼn nadoodse ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper ·

Vrae wat beantwoord moet word;
1 Het die baba nog gelewe na geboorte?
2 Hoekom is mediese bystand nie ontbied toe sy kraampyne begin kry het nie?
3 indien die babe nog gelewe het na geboorte is die baba of lewend begrawe of vermoor en toe begrawe,dan is dit moord.
4 Op agt maande was die baba reeds lewensvatbaar.
5 Baie vrae maar nog nie antwoorde nie.Indien die ouers die baba leed aangedoen het moet hulle die ergste straf moontlik kry.

AH ·

Lyk my jy het nie jou bril opgehad toe jy die berig gelees het nie. Die baba is 8 maande gelede gebore en blykbaar op 5 Januarie dood.

Antoinette ·

Soos ek dit verstaan was dit ‘n baba van 8 maande oud.

Sarel ·

Indien hulle skuldig is dsn is hulle deel van die ongewensde spesie wat uit die samelewing verwyder moet word.
Hulle is nie ” ouers” nie so moet hulle asseblief nie in die kategorie plaas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.