Babalykie op ashoop: Vrou weer in hof

Chirelda Lombard

Die 32-jarige Chirelda Lombard wat daarvan beskuldig word dat sy haar baba vermoor en op ʼn stortingsterrein weggegooi het, sal Donderdag weer in die hof verskyn.

Lombard sal in die periodieke hof in Garies in die Noord-Kaap verskyn en daar sal na verwagting bekend gemaak word waar en wanneer haar verhoor sal plaasvind, het kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die lykie van ʼn pasgebore babadogtertjie is in September 2018 op die Hondeklipbaai-stortingsterrein gevind. Die baba het erge kopbeserings opgedoen en was reeds oorlede toe sy gevind is. Die polisie het inligting opgevolg en Lombard is op 22 Oktober 2018 in hegtenis geneem.

Chirelda Lombard en haar regsverteenwoordiger, Willie Bouwer, buite die hof. Foto: Isaac Cloete

Lombard het hierna vlugtig in die Springbok-landdroshof verskyn voor sy tydens ʼn volgende verskyning in die periodieke hof in Garies op waarskuwing vrygelaat is.

Maroela Media het vroeër berig Lombard het aanvanklik ontken dat sy swanger was en dat sy die baba op die stortingsterrein weggegooi het.

DNS-toetse is gedoen waarna Lombard in hegtenis geneem is. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het destyds gesê ʼn lykskouing sal aandui of die baba nog geleef het toe sy op die vullisterrein gegooi is.

Die graf van baba Gabrielle op Hondeklipbaai. Foto: Isaac Cloete

Willie Bouwer, Lombard se prokureur, het tydens sy kliënt se vorige hofverskyning gesê daar “sal niks van die saak kom nie”.

Volgens hom was sy kliënt alleen tydens die “bevalling” en het die baba seergekry en was reeds dood tydens die geboorte. Hy het bygevoeg dat lede van die publiek en media onnodig “geweldige druk op my kliënt, wat reeds so baie moes deurmaak, plaas”.

Carisa Soudens, een van Lombard se getroue vriendinne op Hondeklipbaai, stem saam dat Lombard onregverdig veroordeel word. Sy beweer Lombard is geweldig getraumatiseer en moes berading ontvang.

Die dogtertjie het later die naam Gabrielle gekry en daar is ʼn graf vir haar op Hondeklipbaai opgerig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Speedguard ·

Indien sy skuldig is moet sy vir die res van haar lewe op die ashoop gaan werk !

Skerpioen ·

Ek stem saam met jou. Al is hierdie baba dood gebore (en ek betwyfel dit ten sterkste in hierdie geval) gooi jy nie die lykie op die ashoop nie. Hierdie geboorte en sterfte datum verskil dan? Hoekom? Nee ek dink die vrou is skuldig aan moord op haar onskuldige baba dogtertjie.

Maria ·

O my wêreld! Hoekom het sy dan nie haar pasgebore baba ordentlik begrawe nie? Wie gooi ‘n lewendige, of ‘n dooie baba wat jy 9maande onder jou hart gedra het, op ‘n ashoop?
Laat haar sit, sodat sy tyd het om te dink oor wat sy gedoen het.

Juney ·

Wat vir my die hartseerste is, die tipe mense kan kinders so maklik kry, glad nie sukkel om swanger te raak nie.

Dan kry jy mense wat FANTASTIESE ouers sal wees maar nooit kinders kan kry.

Die mamma hart van my is nou bitter seer. Soos gese hoe dra jy daai babatjie so na aan jou vir so lank? En doen dit?

En hoe kry n mens dit oor hulle hart om die lykie op n ashoop te gooi.

Ek dink as sy skuldig bevind word moet haar sel oral fotos van die “scene” toe die lykie gekry was gepleister word. Dat sy elke dag wat sy daar sit dit sien en weet watter wrede misdaad gepleeg is.

My hart is baie seer

Johnathan ·

Stem 100%. Ek en my vrou is albei 35 en sukkel al vir nagenoeg 10 jaar om ‘n kind te verwek. Peperduur behandelings en baie bid later en nog steeds geen geluk. Ons wil ook, net soos ons familie en vriende met hul kinders, in die vreugde deel om ‘n kleinding of twee in die huis te hê. Daarom gaan dit my verstand te bowe dat diegene wat WÉL kinders kan hê, hul summier net kan weg gooi. Sulke dinge maak my woedend.

Eish ·

32 Jaar oud – hoe regverdig n MENS sulde optrede van n VOLWASSE vrou.

Daan ·

Dis baie hartseer wat gebeur het. Wat ek wil weet is, waar is die pa?

HM ·

Hoekom n ashoop en nie n hospitaal nie. Kan maar net dink wat daardie kleinding deurgemaak het. Skokkend.

Rina ·

Arme baba . Klein mensie . Hoekom die ashoop. Ontstellend . Hukum doen n ma dit aan haar eie kind………. weggegooi soos n stuk rubish.

Rencia ·

Dis siek, so verskriklik siek. Daai kleine baba lyfie het dit nie verdien nie. Yoh dis harseer.

Gaitsigubib ·

Wat gaan in jou kop aan mevrou? In ‘n vorige skrywe het ek genoem (maar dis nie geplaas nie), dat ek op 16 Augustus 1993, nogal op my geboortedag, in Polokwane n baba dogtertjie in n vuilgoedsak op ons plot gevind het. Sy het nog gelewe en is deur n ouerpaar van Polokwane se kleurling buurt aangeneem. Ek wonder baie wat van haar geword het, en of sy ook wonder wie die wit oom is wat haar gekry het.

Cathy ·

Al rede hoekom sy “Getraumatiseer” is is omdat sy UITGEVANG is.

Dis regtig skokkend en ek wens sy kon eerder die baba dan by ‘n tehuis gelos het as sy hom nie wou he nie. My bure begeer al so lank ‘n baba en kom nie reg nie. Dis moord die! Geen ongeluk nie. En sekerlik kan hulle uitwerk hoe lank die babatjie oorlede is? Sy is die naam MA nie werd nie

My mening ·

Hoe doen jy so iets aan jou eie baba? Selfs al was die baba dood met of net na geboorte, gooi jy mos nie jou kind op n ashoop, of enige plek, weg nie! Die vrou het geen gevoel nie, behalwe waarskynlik vir haarself.

Jong Meisie ·

Ek kan eenvoudig nie verstaan hoekom mense wat nie kinders wil he kinders kry nie en mense soos ek wat bitter graag een wou he nie kan kry nie elke tweede dag hoor mens van mishandeling van n kind of n baba wat iewers weg gegooi of vermoor is… dit breuk my Hart.

Rina ·

Marie daar is hospitale 911 ……. dit is die ashoop. Hoog tyd dat kinders meer beskerm word. Hierdie gebeurtenis klink nie vars nie sorry

tw ·

Almal gaan aan oor die ashoop, maar wat van die feit dat die babatjie erge kopbeserings gehad het. Hoe doen n mens dit? Sy is wreed, wreed ,wreed.

VanAfrika ·

Ek het my pragtige klein baba seuntjie in die mooiste wit kissie met die pragtigste spierwit gehekelde pakke, met rooi strikkies, waarmee ek hom uit die hospitaal sou bring, begrawe. Daarmee het hy my hart in sy twee handtjies, saam met hom in sy graffie in en van daardie dag af het ek nooit weer “recover” nie. Dit is 24 jaar gelede en daar is nie n dag dat ek wens ek kon hom eerder by my gehad het nie. Ek crack elke keer as ek hierdie goed lees. Ek crack as ek iemand se lewende baba in my arms hou want dit moes myne gewees het en ek koester daardie lyfie teen my bors al is dit nie myne nie. Hierdie kleinding is nou saam met my seuntjie, mag my engel baba mooi na haar kyk tot ons hulle weer sien. My ma en sussie speel nou lekker pop tussen al die hemel babatjies.

Sies mamma Chirelda!!!!! Jy kon haar met liefde en respek begrawe het.

Antoinette ·

VanAfrika ek kan nie my jou pyn voorstel nie. Baie sterkte xxx

Marie ·

die publiek sit haar onder geweldige druk????? en sy word onregverdig veroordeel?? please…..

stuiwer ·

Haar prokureur voer aan dat sy alleen geboorte gegee het. Dis dalk moontlik, maar waarom is die kind op die stortingsterrein (soos ‘n stuk vullis) gelos?

George ·

Ek kan nie glo dat daar sulke mense rondloop nie!!!! My verstand wil dit nie verwerk nie,

Hanlie ·

Die Here se in Sy Woord: “As een van julle dit aan hierdie kindertjies van My doen, dan doen julle dit aan My” en sal sekerlik nie ongestraf bly nie!!! I rest my case.

Zana ·

Hoe gooi mens ‘n baba net so op ‘n ashoop asof dit ‘n stuk gemors is?Selfs as my diere doodgaan dan begrawe ek hulle, ek gaan gooi hulle nie net op ‘n ashoop nie!!!

Wellington ·

Hoekom op ‘n ashoop as die mensie reeds dood was? Hoekom het sy nie hospitaal toe gegaan of polisie of na haar vriendin nie???? Nee ek glo dit beslis nie!

Annedine ·

Alles goed en wel, maar daar is tog n gevoel dat die dame iets probeer wegsteek het. Hoekom die kleinding oo n vulis stortings terein los?

Rissie ·

Dink sy mense is “stupid”? As die baba dood is met geboorte dan gaan gee jy dit aan by die owerhede, en jy reel n ordentlike begrafnis. Jy gooi nie die lykie op n ashoop nie…. behalwe as jy weet jy het die baba vermoor en jy moet van die lykie ontslae raak. Sy het nie gedink sy gaan gevang word nie.

Ra Amon Khan ·

As sy haar laaste asem uitblaas gaan sy aan God moet antwoord waar Hy staan met die kindjie langs Hom en die kleinding se hand vashou,so ook sal die ander miljoene kindertjies wat deur hul mammas ge-“abort” is daar staan en wag vir hul mammas om verskonings te gee aan God die Skepper.

Spokie ·

My hart is in ñ miljoen klein stukkies gebreek. Ek tik maar moeilik deur di trane… Mense sou daai klein koue lyfie uit my hande uit moes baklei, want ek sou nie kon los ni! Ek het geen woorde vir hierdie onmenslike gebeurtenis ni… Ek bid dat God jou moet vergewe, en dat jy volwasse genoeg sal wees om die waarheid te praat… Want iets is nie pluis aan díé storie ni!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.