Babalykie op Caledon-ashoop: Ma opgespoor

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Die ma van die baba wie se liggaam Donderdag op ʼn vullisterrein op Caledon in die Wes-Kaap gevind is, is in die hospitaal opgeneem weens komplikasies met die geboorte.

Kapt. Gerrit Botes, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 27-jarige vrou het haarself Saterdag aan die polisie oorgegee voordat sy in die hospitaal opgeneem is.

“Sy is dus nog nie amptelik in hegtenis geneem nie, maar die polisie is bewus van haar. Sodra sy ontslaan is, sal sy aangekla word en in die hof verskyn,” het Botes gesê.

Maroela Media het vroeër berig haweloses, wat in die vullis rondgekrap het op soek na kos, het op die liggaam afgekom kort nadat ʼn nuwe vrag vullis by die terrein afgelaai is. Die liggaam was in ʼn bloeddeurdrenkte handdoek toegedraai en in ʼn vullissak toegebind.

Volgens Botes het ʼn nadoodse ondersoek intussen getoon dat die babaseuntjie dood gebore is. Sy naelstring was steeds aan hom vasgeheg toe hy gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Antonio Bredenhand ·

As die baba doodgebore is, waarvan sou die vrou aangekla word?

Renier Lubbe ·

Op die minste “Verberging van die geboorte van ‘n kind” was altyd die klagte.

Of die misdaad nog bestaan en of die bewoording verander het weet ek nie.

Tania ·

Baie sterkte aan die vrou. Watter skok, hartseer en heel moontlik as gevolg van armoede. Wat weet ons wat werklik in gemeenskappe aangaan?

MissDemeanor ·

Ek stem saam met jou. Net soos wat ek hartseer is oor die klein baba wie se lewe al verby was voor dit begin het, is ek hartseer vir die ma ook. Albei van hulle is hulp- verlore.

SNEL ·

Ja, ek stem met julle, armoede, skok met die baba wat dood gebore is en hoe gemaak met die Kylie en nou nog die klag teen haar. Sy het mos nie die baba vermoor nie, laat die arme vrou gaan.

A ·

Sjoe, ten spyte van armoede sou ek darem nie my ongebore baba op ‘n ashoop gooi nie. Ek sou dan ten minste probeer het om hom te begrawe. Al is dit dan in ‘n sak. Ek kan nie dink hoe jy net jou baba op die ashoop gooi nie.

Inge ·

Ek stem saam met jou A! Jy kan mos nie die arme kind op ‘n ashoop gooi nie. Dit was jou baba wat jy 9 maande binne jou gedra het, jammer maar die ma voel niks vir daardie arme kindjie nie.

Jaycee ·

‘n Baie tragiese gebeurtenis. Dit dui daarop dat daar iets in ons opvoedingstaak skort: die meisie moes eintlik die wete en vrymoedigheid gehad het om met die geboorte na ‘n hospitaal te gaan. Wou sy miskien die geboorte verdoesel of wat?

Denise ·

Dit is hartseer eks net bly die baba was dood as ek dink aan die ma wat haar kinders verdrink het in die bad dit is nou wreed en dit omdat sy aan nageboorte depressie gely het wat met so baie vrouens gebeur en hulle weet dit nie!!!! Jaycee wat jy se is reg maar soms ontbreek die vrymoedigheid !!!!!!!

Amelia ·

ek het geen simpatie met die ma nie…. maak nie saak hoe om okal nie… jy gooi nie n baba weg nie… al was dit n stil geboorte… op die ashoop/ vullis???? regtig???

Cathy ·

Ja die klag is verberging van geboorte. Dus baie hartseer wat gebeur het, ons as gmeenskap moet net besef dat dit nie vir ons is om te oordeel nie, ja ons was nie daar nie en weet nie werklik wat gbeur het nie, die feit dat sy haar gaan oorgee het se klaar vir ons baie. Ons einste gemeenskap het ons rug op haar gedraai toe sy ons nodig gehad het. En ja sy gaan boet vir haar dade, haar straf het in elk geval klaar
begin. Ons praat maklik maar dan staan ons op die kantlyn, ons moet uitreik na mekaar, soos God na ons uitreik, se maar net!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.