Babalykie op vullishoop gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Babalykie is op ʼn vullishoop in Swartruggens gevind, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê mense wat Vrydag op die vullishoop rondgekrap het, het op die lykie afgekom en die polisie ontbied.

Moleko het gesê die baba het blou kleertjies aangehad en was in ʼn geel kombersie toegedraai. ʼn Rooi plastieksak met weggooidoeke is ook op die toneel gevind.

Volgens Moleko is die baba op die toneel dood verklaar en na die Phokeng-lykshuis geneem waar ʼn nadoodse ondersoek Maandag gedoen sal word.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Dis vreeslik, die kleinding het nie eers gevra om daar te wees nie.

alet ·

Hulle weet goed om hulle te maak maar is te sleg om hulle groot te maak daar is so goed soos voorbehoed pille en inspuitings .

spikkel ·

Aborsie en wat hier gebeur het is een en dieselfde, moord is moord. Mens moet jou gevolge dra vir jou dade of gee die kind vir aanneming, om n embrio wat die teken van lewe is; uit die baarmoeder te ruk is moord, net so veel soos dit is om n kind na geboorte dood te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.