Babalykie op vullisterrein gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Donderdagoggend by ʼn vullisterrein op Caledon in die Wes-Kaap gevind.

Kapt. Gerrit Botes, woordvoerder van die polisie, het gesê haweloses, wat in die vullis rondgekrap het op soek na kos, het op die liggaam afgekom. “Die liggaam was in ʼn bloeddeurdrenkte handdoek toegedraai en in ʼn vullissak toegebind,” het Botes gesê.

“Die baba was ten volle ontwikkel en die naelstring was nog aan die liggaam geheg en daarom vermoed ons dit was ʼn geboorte en die ma het die kind in ʼn vullisdrom gegooi. Die liggaam is in ʼn vrag vullis gevind wat gisteroggend nog daar afgelaai is.”

Botes het gesê ʼn saak van verberging van geboorte word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting, word versoek om hul naaste polisiestasie te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

CommentQueen ·

Al wat ek lees in die kommentaar is….
Gebruik beskerming – koop kondome
Dis n geskenkie van bo
….wat het geword van?
Wees versantwoordelik
Wag vir die regte tyd
Jammer as ek op tone trap maar ek kan nie insien hoe God vir mense n “geskenkie” gee as hulle verkeerd leef nie….
Hierdie gevalle is Mens Gemaakte Origheid-Lustigheid…. ek dink God HUIL oor sulke gebeure – verseker nie “geskenkie van bo”

Michelle ·

SKOKKEND….nie eers n hond gooi haar kleintjies weg nie!!!

WeesWys ·

Dus, my mamma het my saam met gister se vuilgoed weggegooi. Maar…die pyn en die onthou sal Mamma nie kan weggoooi nie. Dit bly brand en brand en brand in haar hart. Tot wanneer…?

tina leonard ·

Ek huil vir hierdie kleintjies wat hul self nie kan beskerm. Ek vra die Here omverskoning vir die dade gepleeg teenoor Hom en die weggooi-babas. Mag hierdie ma genade vind en haar bekeer tot God en Sy vergifnis afsmeek, want Hy alleen kan red en die sonde uitdelg met Sy bloed. Ek bid vir jou dat jou oe sal oopgaan en berou in jou hart kry en dat jy na die Here toe sal kom en jou sondes bely. (1Johannes 1v9)
Die kleinding is veilig by Jesus, vrou. Vir jou kleinding kan niks gedoen word maar vir jou wat in die lewe is, is daar nog ‘n kans om reg te maak en sielsvrede te vind in jou Skepper.

KarooKlong ·

Kan nie net verberging van geboorte wees nie, moord moet die hoof aanklag wees.

Jef ·

Nee nie net verberging van geboorte nie maar ook moord moet die ma van die baba ten laste gele word.
Wat besiel n ma om so iets te doen en die man of vriend van die vrou is ook medepligtig want dis ook sy kind. moet ook vir moord aangekla word.

Peet J ·

Dalk is die baba dood met geboorte en dan kan die ma mos nie vir die kind se dood aanspreeklik gehou word nie. In SA is aborsies die derde grootste doodoorsaak onder kinders jonger as een jaar. Sterftes wat verwant is aan weggooikinders is die grootste doodoorsaak in dieselfde ouderdomsgroep. Die tyd het aangebreek dat Staatsbeheerde bordele opgerig en in stand gehou word wat op verskillende gebiede voordelig kan wees.

Wenner ·

Kom ons hou maar die veroordeling vir onsself asseblief? God sal SELF oordeel. Miskien is hierdie kindjie uit n verkragting verwek. En dalk is die kindjie doodgebore. Hou op om net altyd die slegste te dink van iemand wie se omstandighede jul gladnie ken nie.

Marianne ·

Karooklong ek stem saam! Dis moord!!!!!
Wanneer gaan vroue en meisies ongeag hul ouderdomme werklik toegelaat om aborsies te onder gaan?
Die dra van ‘n vir 9 maande met die wete jy gaan dit of mag dit nie hou nie moet vir daardie vrou of meisie ‘n nagmerrie wees.
Staats hospitale of klinieke met gekwalifiseerde personeel MOET gratis annonieme aborsies aan sulke vroue of meisies gee.
Red haar van moord pleeg. Red haar van skuldgevoelens en self haat vir die res van haar lewe.

CR ·

Marianne dan moes sy in die eerste plek nie swanger geraak het nie. Aborsie is moord. Onskuldige kinders word daagliks dood gemaak omdat die vrou nie kans sien vir ‘n baba nie.

Jaycee ·

Ek lees nou die dag van ‘n soortgelyke geval in ‘n ander [ontwikkelende] land: Die nuusmedia en owerhede het mal gegaan. Lyk my SA met sy Afrika karakter, sal seker nie by hierdie vlak van omgee vir mense lewens uitkom nie. Dankie vir Maroela om hieroor te berig.

Peet J ·

Ter inligting ‘n meisie van 13 jaar en ouer mag volgens wetgewing ‘n aborsie ondergaan .Suid Afrika en Tunisië is die enigste Afrika lande waar ‘n aborsie op versoek van die swanger vrou wettig is die man se toestemming is nie nodig nie .

Sue ·

Ek kry elke keer trane in my oe as ek sulke berigte lees. Dit maak nie saak wat die omstandighede is nie, Ons Liewe Heer het daai wesetjie gemaak en gevorm in ‘n “vrou” se liggaam. Wie dink so min van Ons Hemelse Vader dat hulle sy skepping soos ‘n vrot vel weg gooi. Wat se die Bybel vir ons en dit kom daarop neer. Die Here sal jou nie in ‘n situasie laat beland wat hy jou nie weer daar sal uit help nie. Wie se nie dat daai ou klein welgeskape kindjie nie iemand belangriks in die lewe sou word nie. Die Here het planne met elke skepping wat hy maak.

Ek is so bly dat ek nie eendag voor Onse Vader moet staan en se wat ek gemaak het met sy skepping nie. Jy sal nie ongestraf gaan nie.

Dogters en Vroue DINK WAT JULLE DOEN VOOR JY DIT DOEN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.