Babalykie op vullisterrein gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Donderdagoggend by ʼn vullisterrein op Caledon in die Wes-Kaap gevind.

Kapt. Gerrit Botes, woordvoerder van die polisie, het gesê haweloses, wat in die vullis rondgekrap het op soek na kos, het op die liggaam afgekom. “Die liggaam was in ʼn bloeddeurdrenkte handdoek toegedraai en in ʼn vullissak toegebind,” het Botes gesê.

“Die baba was ten volle ontwikkel en die naelstring was nog aan die liggaam geheg en daarom vermoed ons dit was ʼn geboorte en die ma het die kind in ʼn vullisdrom gegooi. Die liggaam is in ʼn vrag vullis gevind wat gisteroggend nog daar afgelaai is.”

Botes het gesê ʼn saak van verberging van geboorte word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting, word versoek om hul naaste polisiestasie te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
CommentQueen

Al wat ek lees in die kommentaar is….
Gebruik beskerming – koop kondome
Dis n geskenkie van bo
….wat het geword van?
Wees versantwoordelik
Wag vir die regte tyd
Jammer as ek op tone trap maar ek kan nie insien hoe God vir mense n “geskenkie” gee as hulle verkeerd leef nie….
Hierdie gevalle is Mens Gemaakte Origheid-Lustigheid…. ek dink God HUIL oor sulke gebeure – verseker nie “geskenkie van bo”

Michelle

SKOKKEND….nie eers n hond gooi haar kleintjies weg nie!!!

WeesWys

Dus, my mamma het my saam met gister se vuilgoed weggegooi. Maar…die pyn en die onthou sal Mamma nie kan weggoooi nie. Dit bly brand en brand en brand in haar hart. Tot wanneer…?

tina leonard

Ek huil vir hierdie kleintjies wat hul self nie kan beskerm. Ek vra die Here omverskoning vir die dade gepleeg teenoor Hom en die weggooi-babas. Mag hierdie ma genade vind en haar bekeer tot God en Sy vergifnis afsmeek, want Hy alleen kan red en die sonde uitdelg met Sy bloed. Ek bid vir jou dat jou oe sal oopgaan en berou in jou hart kry en dat jy na die Here toe sal kom en jou sondes bely. (1Johannes 1v9) Die kleinding is veilig by Jesus, vrou. Vir jou kleinding kan niks gedoen word maar vir jou wat in… Lees meer »

KarooKlong

Kan nie net verberging van geboorte wees nie, moord moet die hoof aanklag wees.