Kapt. Gerrit Botes, woordvoerder van die polisie, het gesê haweloses, wat in die vullis rondgekrap het op soek na kos, het op die liggaam afgekom. “Die liggaam was in ʼn bloeddeurdrenkte handdoek toegedraai en in ʼn vullissak toegebind,” het Botes gesê.
“Die baba was ten volle ontwikkel en die naelstring was nog aan die liggaam geheg en daarom vermoed ons dit was ʼn geboorte en die ma het die kind in ʼn vullisdrom gegooi. Die liggaam is in ʼn vrag vullis gevind wat gisteroggend nog daar afgelaai is.”
Botes het gesê ʼn saak van verberging van geboorte word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting, word versoek om hul naaste polisiestasie te skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Al wat ek lees in die kommentaar is….
Gebruik beskerming – koop kondome
Dis n geskenkie van bo
….wat het geword van?
Wees versantwoordelik
Wag vir die regte tyd
Jammer as ek op tone trap maar ek kan nie insien hoe God vir mense n “geskenkie” gee as hulle verkeerd leef nie….
Hierdie gevalle is Mens Gemaakte Origheid-Lustigheid…. ek dink God HUIL oor sulke gebeure – verseker nie “geskenkie van bo”
SKOKKEND….nie eers n hond gooi haar kleintjies weg nie!!!
Dus, my mamma het my saam met gister se vuilgoed weggegooi. Maar…die pyn en die onthou sal Mamma nie kan weggoooi nie. Dit bly brand en brand en brand in haar hart. Tot wanneer…?
Ek huil vir hierdie kleintjies wat hul self nie kan beskerm. Ek vra die Here omverskoning vir die dade gepleeg teenoor Hom en die weggooi-babas. Mag hierdie ma genade vind en haar bekeer tot God en Sy vergifnis afsmeek, want Hy alleen kan red en die sonde uitdelg met Sy bloed. Ek bid vir jou dat jou oe sal oopgaan en berou in jou hart kry en dat jy na die Here toe sal kom en jou sondes bely. (1Johannes 1v9) Die kleinding is veilig by Jesus, vrou. Vir jou kleinding kan niks gedoen word maar vir jou wat in… Lees meer »
Kan nie net verberging van geboorte wees nie, moord moet die hoof aanklag wees.