Babaporno: ‘Elke foto is ʼn misdaadtoneel’

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan kinders en sensitiewe lesers skok.

William Beale (38) van Plettenbergbaai wat skuld beken het op meer as 18 000 aanklagte van die besit van kinderpornografie, het Dinsdag in die landdroshof in Knysna in die Wes-Kaap verskyn.

Beale sal nog twee maande moet wag vir die vonnisoplegging. Die saak is uitgestel tot 30 Junie. Sy regspan het versoek om inligting by te werk by die sielkundige se verslag vir vonnisopleegingsdoeleindes.

Joanne Barrett, woordvoerder vir Woman and Men Against Child Abuse (WMACA) in die Wes-Kaap, het gesê sy is verlig dat Beale ná “twee jaar van erge frustrasie” en “talle onderbrekings” uiteindelik op 30 Junie gevonnis sal word.

“Ons vertrou dat die vonnis die erns van die misdaad sal reflekteer,” het Barrett gesê. “Hierdie foto’s is die werklike verkragting, marteling en seksuele mishandeling van kinders. Die vonnisse in hierdie sake moet almal straf wat na hierdie tipe foto’s kyk, dit vervaardig of versprei. Elke foto is ʼn misdaadtoneel.”

Beale is in Februarie vanjaar verbind met ʼn grusame internasionale babapornografienetwerk. Hy het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en skuld beken op elk van die 18 644 aanklage van die besit van kinderpornografie en ʼn enkele aanklag van die besit van dagga.

Dit volg twee jaar nadat hy tydens ʼn klopjag by sy strandhuis in hegtenis geneem is op 13 Januarie 2015.

Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat in hegtenis geneem is as deel van Operasie Cloud 9, ʼn samewerkingsoperasie tussen die polisie in Suid-Afrika en België, wat hulle toespits op ʼn internasionale kinderpornografienetwerk. Die betrokke kinderpornografiekring is veral gefokus op die seksuele mishandeling van babas. Van die foto’s wat in Beale se besit gevind is, wys die marteling en moord van babas wat slegs ʼn paar dae oud is.

Beale is ʼn rekenaaringenieur van Plettenbergbaai.

Die polisie het tydens sy inhegtenisneming beslag gelê op duisende video’s van gewelddadige aanrandings en die internetadresse van meer as 300 beweerde pedofiele.

Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

anneie Prinsoo ·

Kan ons nie ‘n galg bou op kerkplwin en sulke mans daar ophang nie. Dit sal die gouste wees was ons kinderpornografie stop. Dit is siek man hulle verdien dieselfde straf as daardie arme kindertjies. WIE STEM VIR DIE GALG.

Maria Botha ·

Hoe kan n persoon wat homself skuldig maak aan die tipe misdaad ooit aangaan met sy lewe selfs in n gevangenis. Dit maak nie sin dat daar selfs voorsiening gemaak word vir langdurige hofsake en verslae van psgiaters nie. Kinders en babas het deesdae nie n stem nie, hulle is of liggaamlik soos of emosioneel dood en verniel. Selfs in PE is Sheldon gevonnis vir 5jr. Dit is onaanvaarbaar om te dink die persone het n mense reg tot enige iets.

Ulanda ·

Ons het nie mense soos die in ons samelewing nodig nie. Verwyder hom. Hy is oorbodig soos vullis

Willemien ·

Dis absoluut siek en skokkend. Weet nie hoe hy met sy gewete saamleef nie. Hy behoort geen regte hoegenaamd te hê nie.

connie ·

Wel ons weet dit gaan nooit gebeur nie, maar wragtig hulle kort die galg vir hulle dade. Die arme kindertjies kan nie vir hul self opstaan nie, wat nog te se terug veg. Mag onse Hemelse Vader Sy hart nou oopmaak vir al ons mense, en veral ons kindertjies wat so ly en seer kry. Dit breek my in stukke Here om dit te lees. Ons vra dit in U Almagtige Naam. Amen.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het die berig nie eens gelees nie want net die opskrif het rillings langs my rug laat gaan. Pornografie as sulks pla seker min mense want dit gaan om seks, maar wanneer kindertjies gebruik word wil ek van die mense weet: HOEVEEL SEKSPRIKKELLING kry jy van ‘n babatjie/kleuter/jong kind. Hoeveel breinselle het jy gekry? Gooi die oortreders in ‘n mynskag af en los hul daar.

Piet ·

Sarie ek is mal oor jou kommentaar. My eie insae is maar mak teen joune maar mm delete dit voor die voet. Ek wonder wat motiveer hulle.

Barbara ·

Waarom word daar nie `n foto geplaas van hom sodat almal kan sien hoe die gemors lyk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.