Babaporno: Man kry ‘mylpaalvonnis’

William Beale. Foto: ANA

William Beale (39), ʼn rekenaaringenieur van Plettenbergbaai wat skuld beken het op 18 644 aanklagte van die besit van kinderpornografie, is Dinsdag ʼn “mylpaalvonnis” opgelê.

Beale het Dinsdag vir die laaste keer in die Thembalethu-streekhof in George verskyn sedert sy inhegtenisneming in Plettenbergbaai byna drie jaar gelede.

Landdros Eugenia Jacobs het tydens die vonnisoplegging gesê die pornografiese materiaal beeld die verskriklikste dade denkbaar uit, voor sy hom tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het.

Sy het gesê nadat sy die vonnisoplegging in oorweging geneem het, het sy tot die gevolgtrekking gekom dat enige ander straf ʼn totale verontagsaming van die erns van die oortreding sal wees.

“Hierdie vonnis moet ʼn duidelike boodskap aan die publiek oordra dat dié misdade onaanvaarbaar is en nie geduld sal word nie. Tronkstraf sal die beskuldigde afskrik om soortgelyke misdrywe te pleeg, asook ander mense om dit te doen,” het sy gesê.

Jacobs het gesê sy glo Beale is ʼn gevaar vir die samelewing.

Hy was die eerste Suid-Afrikaner wat in hegtenis geneem is as deel van Operasie Cloud 9, ʼn samewerkingsoperasie tussen die polisie in Suid-Afrika en België, wat hulle toespits op ʼn internasionale kinderpornografienetwerk. Die betrokke kinderpornografiekring is veral gefokus op die seksuele mishandeling van babas. Van die foto’s wat in Beale se besit gevind is, wys die marteling en moord van babas wat slegs ʼn paar dae oud is.

Lt.kol. Heila Niemand van die Gautengse polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, wat die ondersoek gelei het, het die vonnis verwelkom. Sy het gesê dit is die swaarste vonnis wat tot dusver in Suid-Afrika vir die besit van kinderpornografie opgelê is.

Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gewalg ·

Nou moet tronkbewaarders elke dag in die afgryse van sy blik kyk, hom oppas en versorg.

Marco ·

En nou moet hy nog net voorgee dat hy homself goed gedra en hy is binne 9 jaar weer op vrye voet. Ons weet nie meer wat geregtigheid beteken nie.

marlene ·

2 x lewenslank plus 40 jaar sou meer gepas wees. Hys beslis ‘n duiwel en ‘n absolute gevaar vir die samelewing.

sannie ·

15 jaar??? Op al daardie aanklagte? Is dit wat ‘n baba se lewe werd is? Ons regstelsel is absurd!!!

Cato ·

Ek stem saam Pieter moord en marteling op babas en net n mylpaal vonnis van 15 jaar. Dit is siek!!!

MS ·

15 jaar vir alles wat hy aangevang het?! Ek moes nou berig weer lees aangesien ek gedink het ek het verkeerd gelees en dat daar 150 jaar moes wees. Wel, 150 jaar sal ook nie lank genoeg wees nie.

Ada ·

Die regter het seker nie kinders nie of dit voel vere vir kinders. Dit is duidelik.

Verslae ·

Dit is ‘n bespotting van die mees bose vergrype op aarde! En wie neem die regstelsel nog ernstig op as daar huiwerig gestraf word teenoor gruwels wat so boos is soos die?

Johann Marx ·

Wys sy gesig sodat die hele land kan sien hoe hy lyk…Ons wag vir hom.

Carien ·

Lees ek reg? 15 jaar???? Ons regstelsel is ‘n grap!!!! 150 jaar klink beter. Nou gaan elke sot wat sulke dinge wil doen nuos na SA kom om dit re doen want wat is 15 jaar in vergelyking met die doodstraf of lewenslank in ander lande? Ek is sommer naar!

Altie ·

Mense dit is afskuwelik! En die vonnis…rerig? Dink hulle dit skrik die res daar buite af? Geensins. Tog laat dit my wonder…..waar het hy /hulle die babas gekry? Uit hospitale gesteel…het ma’s hulle verkoop….is hulle ontvoer? Genade n baba van enkele dae……. Dit gaan my verstand te bowe. Mag hy in n sel beland waar hy daagliks herrinner word aan sy dade!

Ada ·

Hy kry net 15 jaar en hoeveel lewens het hy verwoes? Die landros het duidelik nie ‘n idee wat ‘n lewe van kinders werd is nie. Dit is baie jammer.

Valentino ·

Mylpaalvonnis is die een op twee manne wat kattekwaad aangejaag het en toe deur die rassisjudge 11 en 14 jaar tronkstraf opgelê is omdat hulle wit is. 15 jaar is speletjies in vergelyking met wat man hierdie man gedoen het. #DoubleStandards must fall!

Liamari ·

Hoe siek is hierdie porno netwerk om plesier daaruit te kry om te sien hoe babas gemartel en doodgemaak te word? Hoe siek moet jou brein wees?

Phillip ·

Die Doodkis mense kry die selfde hoeveelheid tronkstraf en hulle het nie eers verkrag of kinderPorn ge doen nie surkus

Annelize ·

Mylpaalvonnis???? Duidelik is my standaard en verwagtinge in hierdie lewe hooooopeloos te hoog. Lewenslank klink vir my meer na ‘n mylpaal.

Lodewyk ·

15 Jaar is `n vonnis vir mishandeling van diere, nie kinders (mense) nie.
moet wees 15jaar x70x70 soos die Bybel sê

Oom Charles ·

Meneer, oud en jonk in hierdie land – as jy op jou foon of internet “skelmpies koekeloer”, STAAK DIT VANDAG. Jy pleeg verraad teenoor jou vrou, jou dogter, en elke vrou in jou familie en elke vrou in die hele samelewing. Geweldporno en kinderporno is die logiese uiteinde van pornokykers. Die “kick” uit “soft porn” is gou nie genoeg nie (brein raak afgestomp) en die grade van wellus-kyk vererger stelselmatig tot die uiterste. Lees ‘n slag Matt Fradd se boek “The Porn Myth” (beskikbaar by Amazon) of kom luister na Dr Albu van Eeden (van Dokters vir Lewe, die organisasie wat o.a. tans die voorvegter is teen die wettiging van dagga in SA) Saterdag 11 November vanaf 08:30 by ELIM kerk 114 Duxburyweg, Hatfield, Pretoria – en gooi jou gewig in by die geveg teen pornografie in Suid-Afrika.

Besluit VANDAG om ‘n ware MAN te wees na wie jou vrou kan opsien en nie ‘n pap porno-wimp nie – wat wellus bo getrouheid kies en niemand se respek verdien nie. Porno is immers nie in ‘n uitsluitingsklousule aangeteken toe jy die dag jou lewenslange belofte van getrouheid op julle groot dag aan jou vrou gemaak het nie.

Kom, manne, (en dames) wys dat jy meer kan doen as sit en kla oor al die ander mense en instansies wat niks doen nie. Hierdie land het ons positiewe bydrae nodig.

Bywoning, parkering, verversings – alles gratis. Alle rasse en ouderdomsgroepe woon die dag by – pornografie is ons almal se vyand.

adriana ·

Dalk het die regter/landros nie kinders nie – dus die onkunde oor die skade wat aan die kinders verrig is. Of voel die regter/landros dalk ‘n veer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.