Babapornoverslaafde gevonnis

Jayde Sheldon Bailey

Jayde Sheldon Bailey

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Selferkende verslaafde aan pornografie is Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth gevonnis vir misdade wat seksuele uitbuiting van babas en jong kinders insluit.

Jayde Sheldon Bailey (35) is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis ná hy skuld beken het dat hy betrokke was in ʼn internasionale kinderpornografiekring waar jong kinders en babas seksueel uitgebuit is.

Landdros Johan Herselman het in sy uitspraak gesê die foto’s was “uitermatig skokkend” en het die gruwelike foto’s beskryf wat die hof gesien het.

Bailey het van ʼn program gebruik gemaak waar kinderpornografie van een gebruiker na ʼn ander gestuur kon word. Alhoewel hy nie self pornografiese materiaal vervaardig het nie, het hy geld verdien wanneer hy dit versprei het.

Pedofiele kan deur middel van die program foto’s sien en bespreek waar pasgebore babas gemartel, verkrag en vermoor word.

Bailey is verlede jaar in ʼn internasionale polisie-operasie genaamd Cloud 9 in hegtenis geneem. Aanklagte teen hom sluit in die invoer, besit en verspreiding van films of publikasies wat uitbeeldings of beskrywings bevat wat kinderpornografie bevorder of kinders seksueel uitbuit.

Herselman het die erns van die misdade benadruk en gesê dit het kinders direk of indirek geteiken.

“Dit is absoluut noodsaaklik om die impak van die misdade te verstaan, die impak op die slagoffer, die gemeenskap en die familie en in ʼn wêreldwye konteks waar foto’s binne sekondes oor die wêreld heen versprei kan word,” het hy gesê. “Nadat ek na [Bailey se] persoonlike omstandighede geluister het, het ek ʼn innerlike stryd gehad. Ek het egter besluit dat ʼn vonnis sonder tronkstraf nie behoorlik sal wees nie, al is dit die eerste keer wat hy oortree.”

Paul Roelofse, Bailey se prokureur, het ná die vonnisoplegging ʼn aansoek gebring vir verlof tot appèl. Herselman het die aansoek goedgekeur en hy is vrygelaat op borgtog.

Die saak is tot 27 Maart uitgestel vir Bailey se prokureur om die nodige dokumentasie in te dien.

Intussen is ʼn saak teen ʼn 22-jarige vrou van Port Elizabeth, wat vermoedelik deel is van ʼn internasionale kinderpornografiekring, Donderdag in die stad se landdroshof uitgestel. Sy is ook verlede jaar in verband met Cloud 9 in hegtenis geneem. Haar saak hervat ook op 27 Maart.

Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Andre ·

God sal oordeel maar daar is so baie sulke gevalle in ons samelewing. Wat van die kinders se verwoeste lewens? Ek doen gereeld praatjies oor human trafficking by kerke met ouers en tieners. Dit wys maar net dat ons as Christene moet opstaan en ons stemme moet laat geld. Die wet beskerm die krimineel, nie die slagoffer…

Jannie ·

5 jaar en hy will appeleer? Skokkende ligte vonnis. Ek hoop die hof van appel verleng die tronkstraf. As hierdie saak in Amerika verhoor was sou hierdie ou nie weer vryheid buite die tronk gesien het nie.

AL ·

Amerika sou definitief strawwer vonnisse opgele het. Hy moes hom weerhou het die eerste keer toe hy die pornografie gekyk het – elke mens het n keuse.

Alida ·

Hoe kan so n siek mens net 5 jaar kry en nog borg ook. Dit is siek verby. Hy sal dit nie los nie hy hoort in die tronk vir baie jare.

Anoniem ·

Hopelik voel elke dag in die tronk vir hom soos ‘n jaar.

Melissa Rootman ·

Sulke mense moet Lewens lank kry. Dood sou nog beter wees. Ons Vader slaap nie. Hulle gaan nog lank swaar kry vir wat hulle gedoen het. Dis siek en Barbaars.

Gatvol ·

Regtig?! Net 5 jaar?? Nie ‘n wonder dinge in ons land ruk hand uit nie. Ons regstelsel faal ons!!!

MS ·

Eerste oortreder?!?! Ek twyfel…..seker net die eerste keer wat hy gevang is! Skandelik hoe lig sy vonnis is!!!

ken van benoni ·

MS ek stem saam verseker nie sy eerste oortreding.??. Ek was altyd onder die indruk dat met vonnis oplegging die publiek beskerm moet word. Hy sal dit weer doen wanneer hy na drie jaar uitkom, hulle doen nooit volle tydperk. Die land is siek.

Jannie ·

Tot en met 5 jr gevangenisstraf hoef jy net n 5de van jou straf uit te dien. Maw hy is oor n jaar uit op parool. Afhangende van die graad van vonnis.

MW ·

Ek hoop daai fotos gee vir daai ou wat hom maar vyf jaar gegee het die naarste nagmerries vir die res van sy lewe. Hy het die babas in die steek gelaat!!!!!!

Kate ·

NEE!!!!!!!!!!!!!! 5 jaar EN borgtog???????? Hy moes die doodstraf gekry het.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het nie eens die berig klaar gelees nie want ek was NAAR. Hoe kan ENIGE jong kind of baba vir enige volwassene enige seksuele aantrekkingskrag he. En om hom op staatskoste in die tronk te hou vir lewenslank moet ons belastingbetalers hom onderhou en aan die lewe hou! Raak van die liggaam wat geen positiewe bydrae tot ‘n gesonde omgewing ontslae! Hopelik sal die ander tjommies in die tronk hom genoegsaam besighou totdat hy later self besluit tronklewe is nie vir hom nie.

Veronica ·

Kan /wil nie glo wat ek lees!!! Net 5jaar , waarvan hy oenskynlik net 1 jaar gaan sit!!!??? En daardie kinders,babas is permanent geskend/ dood??!!! Dis belaglik!! Ek wens ek kon plekke ruil met die regter, vir vonnis oplegging! Hy sou sy 110de verjaarsdag in die tronk gevier het!!!!! Hoop sy mede gevangnes behandel hom “goed”

Leo ·

Ons regstelsel is ‘n totale grap! ‘n Selferkende pedofiel kry 5 jaar vir die verspreiding van pornogragiese, martel, verkragting en moord van kinders en babas! Regtig?!!

Mense wat bedrog pleeg se tronkstrawwe is langer as die wat moord pleeg. ‘n Lewe is niks werd nie.

Ek sê nog altyd, hou op om medikasie, skoonheidsprodukte en die’s meer op diere te toets, toes dit op pedofiele en verkragters en de hel met hul menseregte! Dit het hulle lank reeds opgegee toe hulle hulself aan die vieslike dade skuldig gemaak het.

Alida ·

Wonder wat die regter sou besluit as dit sy/haar kind of kleinkind was.

Dalene ·

Dit is hoekom ons land in sy peetjie in is, ons Regstelsel is pateties- verkragters en moordernaars doen dieselfde oortredings oor en oor want hulle weet hulle gaan sit in die tronk vir 2 jaar ( indien so lank) en daarna kom hulle uit en doen dieselfde misdade net weer en weer. Ek sal so man self iets aandoen – al was hy nie deel van die maak daarvan nie – hy het dit versprei. Pasgebore Baba’s – watse siek mens doen so iets….die tronkstraf is nog te lig vir sulke mense……sjoe dit laat mens vrese kry vir jou eie kinders wat in hierdie siek land van ons moet groot word!

Charmaine ·

Babas verkrag, martel en vermoor. Die verspreiding van hierdie beeldmateriaal en dan nog bespreek.??? Wat se 5 jaar. Hierdie man moet verantwoordelik gehou word vir elkeen aan wie hy dit versprei het. Dus as een van hulle sou verkrag of moor DAN moet hy ook weer aangekla word as medepligtige. Elke liewe keer in elke liewe land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.