Babas, babas… Nuwejaarsbabas net waar jy kyk

Meer dogtertjies as seuntjies is gebore. (Foto: pixabay)

Suid-Afrika het tydens die afgelope Nuwejaar nie minder nie as 1 764 babas by staatshospitale landwyd verwelkom.

Die eerste baba, ʼn dogtertjie, is presies om middernag in die Shongwe-hospitaal in Mpumalanga gebore. Haar ma is 25 jaar oud.

Effens meer dogtertjies as seuntjies is vanjaar op Nuwejaarsdag gebore – 894 dogtertjies in vergelyking met 870 seuntjies, sê dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid.

Minstens 65 nuwe ma’s is tieners tussen 13 en 19 jaar oud.

ProvinsieSeunsMeisiesTotaal
Gauteng190183373
Noordwes6262124
Limpopo107108215
Vrystaat5458112
Noord-Kaap262349
Oos-Kaap113133246
KwaZulu-Natal135129264
Wes-Kaap9382175
Mpumalanga90116206
Totaal8708941 764

Phaahla het ʼn beroep op ma’s gedoen om hul babas vir die eerste ses maande eksklusief te borsvoed en te verseker kinders kry al hul inentings.

“Babas het net melkvoeding vir die eerste ses maande van hul lewe nodig, maar melk is ná ses maande steeds ʼn belangrike bron van voeding vir kinders. Daar is dus geen rede om ʼn tydsbeperking op borsvoeding te plaas nie,” sê Phaahla.

ʼn Kind se gesondheid is in die eerste 1 000 dae van sy of haar lewe die kwesbaarste en die regte voeding in hierdie tyd kan ʼn beduidende uitwerking hê op ʼn kind se vermoë om later te ontwikkel en te leer.

Die minister het ook ʼn beroep op ma’s gedoen om hulle ten volle teen Covid-19 te laat inent en sê dit is heeltemal veilig om te borsvoed indien jy teen die koronavirus ingeënt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Wonder hoeveel van die kindertjies is grant/Sassa babas? Inderwerklikheid die staat se kinders dan en belastingbetaler sorg vir daai kinders

Diline

Sjoe dit is skokkend dat daar soveel “kinders” is wat babas kry “65 nuwe ma’s is tieners tussen 13 en 19 jaar oud” Genade, die regering moet regtig ‘n poging aanwend, ons bevolkingsaanwas tans is reeds te veel. Grootste probleem hier is dat die motivering in baie gevalle die “kinder grants” is.

Marius

‘n Bevolkings ontploffing is sa se grootste bedryging. Dit is ongeveer die daaglikse geboorte syfer. Dis hoekom daar te min van alles en veral dinge soos werk, water en kos is. Tot die kinders kry kinders. Waar is die “handbriek”?

Elizabeth

95% meer ouers afhanklik van SASSA.

Debby

Plaas hulle voorbehoeding inspuitings gee inplaas van corona inentings