Suid-Afrika het tydens die afgelope Nuwejaar nie minder nie as 1 764 babas by staatshospitale landwyd verwelkom.
Die eerste baba, ʼn dogtertjie, is presies om middernag in die Shongwe-hospitaal in Mpumalanga gebore. Haar ma is 25 jaar oud.
Effens meer dogtertjies as seuntjies is vanjaar op Nuwejaarsdag gebore – 894 dogtertjies in vergelyking met 870 seuntjies, sê dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid.
Minstens 65 nuwe ma’s is tieners tussen 13 en 19 jaar oud.
Provinsie | Seuns | Meisies | Totaal |
Gauteng | 190 | 183 | 373 |
Noordwes | 62 | 62 | 124 |
Limpopo | 107 | 108 | 215 |
Vrystaat | 54 | 58 | 112 |
Noord-Kaap | 26 | 23 | 49 |
Oos-Kaap | 113 | 133 | 246 |
KwaZulu-Natal | 135 | 129 | 264 |
Wes-Kaap | 93 | 82 | 175 |
Mpumalanga | 90 | 116 | 206 |
Totaal | 870 | 894 | 1 764 |
Phaahla het ʼn beroep op ma’s gedoen om hul babas vir die eerste ses maande eksklusief te borsvoed en te verseker kinders kry al hul inentings.
“Babas het net melkvoeding vir die eerste ses maande van hul lewe nodig, maar melk is ná ses maande steeds ʼn belangrike bron van voeding vir kinders. Daar is dus geen rede om ʼn tydsbeperking op borsvoeding te plaas nie,” sê Phaahla.
ʼn Kind se gesondheid is in die eerste 1 000 dae van sy of haar lewe die kwesbaarste en die regte voeding in hierdie tyd kan ʼn beduidende uitwerking hê op ʼn kind se vermoë om later te ontwikkel en te leer.
Die minister het ook ʼn beroep op ma’s gedoen om hulle ten volle teen Covid-19 te laat inent en sê dit is heeltemal veilig om te borsvoed indien jy teen die koronavirus ingeënt is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Wonder hoeveel van die kindertjies is grant/Sassa babas? Inderwerklikheid die staat se kinders dan en belastingbetaler sorg vir daai kinders
Sjoe dit is skokkend dat daar soveel “kinders” is wat babas kry “65 nuwe ma’s is tieners tussen 13 en 19 jaar oud” Genade, die regering moet regtig ‘n poging aanwend, ons bevolkingsaanwas tans is reeds te veel. Grootste probleem hier is dat die motivering in baie gevalle die “kinder grants” is.
‘n Bevolkings ontploffing is sa se grootste bedryging. Dit is ongeveer die daaglikse geboorte syfer. Dis hoekom daar te min van alles en veral dinge soos werk, water en kos is. Tot die kinders kry kinders. Waar is die “handbriek”?
95% meer ouers afhanklik van SASSA.
Plaas hulle voorbehoeding inspuitings gee inplaas van corona inentings