Babas glo in Boksburg-hospitaal omgeruil

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag beslis dat ʼn ondersoek gedoen moet word nadat twee babas glo per ongeluk ná hul geboorte in die Boksburg-hospitaal aan die Oos-Rand omgeruil is.

The Star het Woensdag berig die twee babameisies is in 2010 by die hospitaal gebore.

Een van die pa’s het onlangs ‘n vaderskaptoets versoek nadat die kind se ma hom vir onderhoud gedagvaar het. Volgens die berig is die fout eers ontdek toe nie een van die ouers se bloedtoetse met die kind sʼn ooreengestem het nie.

Die vrou wil haar biologiese kind terughê, maar die ander ma weier om haar kind op te gee.

Die sentrum vir kinderregte  is gelas om die feite te ondersoek en om ʼn besluit te neem wat in die beste belang van die kinders sal wees.

Dit is nog nie bekend hoe die kinders vermoedelik omgeruil is nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Belinda ·

Hoe dom moet mens in jou beroep wees om so fout te begaan……………….hoe lewe ouers weer normaal deur iemand anders se nalatigheid……………………….sit mense in werke wat di werk kan doen en nie net daar is vir ‘n selaris nie!!!!!!!!!!!!

zelia ·

Ek sal nooit n kind wat ek aanvaar het as my eie en vir 4jaar lank groot gemaak het vir iemand anders kan gee nie. Hoe doen jy dit aan die kinders ook?? Nee wat – sal eder nooit die waarheid wil weet nie. Die arme arme meisiekinders!!

nika ·

Ek verstaan dat dit verskriklik moet wees om ‘n kind wat jy 4jaar lank as jou eie grootgemaak het aan haar biologiese ma terug te gee,MAAR die ander kind is jou vlees en bloed!Dalk het die ander ma wat nie haar eie kind wil terughê nie, die kinders omgeruil.

Zia ·

Ai, ek dink dit is baie moeilik vir albei kinders se biologiese en grootmaak ouers. Miskien moet die ouers van die kinders aan albei kante vriende word en vrede maak. Kuier bymekaar dat die kinders maats word, so is daar darem kontak vir albei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.