Babas omgeruil: Ouer wil sielkundige konsulteer

Argieffoto

Argieffoto

Een van die ouers wie se baba in 2010 by ʼn hospitaal omgeruil is, wil ʼn sielkundige en ʼn tradisionele geneesheer toespreek oor die kind wat hy grootmaak, het The Star Dinsdag berig.

Die partye het Maandag voor drie regters in die Pretoriase hooggeregshof verskyn om te besluit oor ʼn verslag deur prof. Ann Skelton van Tuks se Sentrum vir Kinderreg. Skelton het die saak ondersoek en saam met drie van die ouers en kenners aanbeveel dat elke kind bly by die gesin by wie hulle grootgeword het.

Die vierde ouer, ʼn pa, het gesê hy het nooit sy biologiese dogter ontmoet nie, en hy het ook nie deelgeneem aan die terapiesessies soos die ander ouers nie. Hy het die hof versoek om die saak vir minstens drie maande uit te stel, aangesien hy graag sy eie sielkundige en ʼn tradisionele kenner wil nader.

Die pa het gesê die seun wat hy grootmaak, moet sekere kulturele rituele ondergaan, maar hy weet nie wat om nou te doen nie, aangesien hy ʼn Zulu is en die seun is ʼn ander kultuur. Hy wil graag ʼn kenner in dié verband nader.

Die kinders, ʼn seun en ʼn meisie, vier hul vyfde verjaarsdag in Augustus.

Die twee ma’s van die Oos-Rand het uitgevind dat hulle kinders in 2010 by die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg omgeruil is. Dit het aan die lig gekom dat die kinders omgeruil is toe een van die pa’s op ʼn vaderskaptoets aangedring het en daar vasgestel is dat nie een van die ouers ʼn biologiese ouer is nie. Volgens Skelton se verslag het die vroedvrou wat teenwoordig was tydens die geboortes, glo per ongeluk die kinders se naamkaartjies en lêers omgeruil.

Lees meer oor die kinders wat omgeruil is op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dave ·

Indien dit so toevallig vasgestel is, hoeveel kere gebeur dit werklik en bly onbekend omdat kraampersoneel vertrou word.

Aletta ·

Ek verstaan nie – ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie is omgeruil? Dis tog voor die hand liggend, of verstaan ek verkeerd?

SNEL ·

Ja-nee Aletta, hoe maak n mens so fout? Dis seker moeilik, maar aarde, ek glo ek sou my bloed wou hê. Hierdie is so goed soos om jou kind vir aanneming te gee. Ruil terug, en laat die wat die foute gemaak het vergoed. Klomp mense se lewens is deur agterlosigheid omgekeer en nou heeltemal deurmekaar.

Gideon Roos ·

Alleta, jy moet onthou sy het nie die fisiese babas omgeruil nie, maar hulle naamkaartjies in verkeerde lêers geplaas. Dit kan gebeur, alhoewel mens vertrou en hoop dat dit nie gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.