Babas omgeruil: Só sê regters

Argieffoto

Argieffoto

Drie regters het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof uitspraak gelewer oor die lot van twee kleuters wat tydens geboorte in ʼn hospitaal omgeruil is.

Die regters het beslis dat die vyfjarige seuntjie en dogtertjie by die gesinne sal bly waar hulle grootgeword het. Die regters het gesê die kinders kan beskou word asof hulle aangeneem is deur die ouers wat hulle grootgemaak het, al het hulle geen formele aannemingsproses ondergaan nie. Hulle sal steeds kontak hê met hul biologiese ouers.

Die kinders is in 2010 by ʼn hospitaal aan die Oos-Rand omgeruil en die fout is eers byna drie jaar later ontdek toe een van die pa ʼn ouerskaptoets geëis het nadat die kind se ma op onderhoud aangedring het. Die uitslag het gewys dat nie een van hulle die biologiese ouers van die klein seuntjie is nie.

Prof. Ann Skelton van Tuks se Sentrum vir Kinderreg is deur die hof aangestel om die saak te ondersoek en aanbevelings te maak wat in die beste belang van die kinders sal wees. Die hof het Skelton se aanbevelings aanvaar.

Lees alle vorige berigte oor die kinders wat omgeruil is op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

gerrie ·

Waterskeidings uitspraak.
weet nie of ek moreel daarmee saamstem nie, maar juridies het ons vir die huidige oomblik regs sekerheid.

P. Buizer ·

Kan nie eintlik sien wat die probleem is nie. Was nou die dag by ‘n hospitaal en toe ek in die gang afloop is daar ‘n deur na ‘n kamer. Op die deur staan ‘n kennisgewing : “Babies change room”.
Is jy nie gelukkig met jou baba nie, kom en ruil hom om !

nou prajý ·

So werk dit basies dieselfde by die female change room?

Narike ·

Seuntjie en dogtertjie? Ek kan twee van dieselfde geslag kinders verstaan wat omgeruil word, maar verskillende geslagte? Het die dokter tog nie gesê: geluk dis ‘n seuntjie of dogtertjie nie?

Melkies ·

Ek onthou dat ek in vroeë artikels gelees het die een mamma het net na geboorte flou geword. Toe sy wakker word en vir haar baba dogtertjie vra toe sê die “suster/verpleegster” vir haar sy het seker vergeet sy het ”n seun gehad en vir haar die baba seuntjie gebring. Sy het gedink sy verbeel haar of het seker gedroom van ”n baba dogtertjie. Haar instink was toe al die tyd reg!

nou prajý ·

Gerrie jy weet nie of jy MOREEL daarmee saamstem nie? Dit gaan nie oor moreel nie. Daar is nie ñ ander opsie as om n kind te los by n huis waar hy grootgeword en liefde gekry het nie. Dit moet ook dan die fromd breek vir toekomstige gevalle, en ek stem 100% saam met die uitspraak. As ek nou moet hoor my 5jarige seuntjie is nie myne sal ek hom nie laat gaan nie. Dis myne! As jy verskil het jy nog nie n kind liefgehad nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.