“Babas sterf weens regstellende aksie”

Argieffoto

Argieffoto

Die Instituut van Rassebetrekkinge het Vrydag gesê regstellende aksie lei tot babas se dood en moet opgeskort word.

Volgens die instituut het die swartbemagtigingsbeleid daartoe gelei dat ongekwalifiseerde persone in posisies aangestel is waar hul onbekwaamheid veral die arm en weerlose gemeenskappe tref.

Die instituut het verwys na drie babas tussen sewe en 13 maande oud wat die afgelope week in Bloemhof in Noordwes gesterf het nadat hulle besmette kraanwater ingekry het. Talle ander persone is in die provinsie in die hospitaal opgeneem.

“Die Bloemhof-munisipaliteit het sy bekwaamheid verloor om die rioolaanleg in stand te hou,” het Frans Cronje, uitvoerende hoof van die instituut, in ʼn artikel genaamd “Killing Babies” gesê. “Daar bestaan geen twyfel nie dat die beamptes, wat vir hierdie sterftes verantwoordelik is, minstens ten dele, aangestel is op grond van regstellende aksie en dat ʼn direkte skakel dus tussen die beleid en die sterftes bestaan.”

Cronje het gesê in al die kommentaar oor die sterftes word daar geen melding gemaak van regstellende aksie nie, omdat dit “nie politiek korrek sou wees nie”.

Die ANC het regstellende aksie ingestel toe hy 20 jaar gelede aan bewind gekom het, in ʼn poging om die ongeregtighede van apartheid aan te spreek toe die swart meerderheid toegang tot politieke en ekonomiese mag verbied is.

Die instituut voer egter aan die beleid het “ʼn baie klein swart elite” geskep wat die stelsel gebruik tot sy eie voordeel bó die “massa arm en desperate mense”. Volgens ʼn verklaring wat die instituut uitgereik het, kan minder as 10% van swartmense privaat mediese fondse of huisverbande bekostig.

Cronje sê Suid-Afrika moet die grens van politieke korrektheid oorsteek wat regstellende aksie beskerm en nou alternatiewe opsies begin bespreek, soos ekonomiese bemagtiging vir die benadeeldes, wat die instituut ontwikkel het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Blanke Vrou ·

Regstellende aksie op elke gebied moet opgeskort word. Al ons professionele mense wyk buiteland toe omdat hulle nie werk in hierdie land kan kry nie.

Tersia Stols ·

Ja so gaan alles ten gronde. Kry n T hemp en stem weer vir die wat hulle eie mense alles ontse. Skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.