Babaseuntjie by polisie-kliëntedienssentrum gebore

Die drie polisiebeamptes by die pasgebore babaseuntjie, Letlhogonolo Foto: SAPD, Facebook

Die drie polisiebeamptes by die pasgebore babaseuntjie, Letlhogonolo Foto: SAPD, Facebook

ʼn Babaseuntjie genaamd Letlhogonolo is Donderdagoggend omstreeks 03:00 by die Tarlton-polisie-kliëntedienssentrum in Krugersdorp, Gauteng, gebore.

“ʼn Swanger vrou het omstreeks 02:00 by die kliëntedienssentrum ingestap en die beamptes in kennis gestel dat sy die ambulans ontbied het, omdat sy besig is om te kraam,” het die polisie op hul amptelike Facebook-blad gesê.

Konstabels Dickson, Matlhaba en Baloyi was aan diens. “Een van die beamptes, konstabel Baloyi, kon sy vaardighede aanwend wat hy in sy basiese ambulansbystandkursus geleer het.” Hy het die vrou gehelp om die kind in die lewe te bring.

Kapt. L’S Nkhumane, waarnemende stasiebevelvoerder, het die lede geloof. “Hierdie drie beamptes het die ekstra myl geloop in hul dienslewering en hulle het as ʼn span saamgewerk om die vrou te help.”

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het ook die polisie-“vroedvroue” gelukgewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anet ·

Baie Geluk aan die beamptes wat saam gestaan het as ‘n span en die mamma en babatjie gehelp het. Dit is werklik goeie nuus dat die beamptes hulle liefdesdiens bewys het aan ‘n mamma in nood. Welgedaan en hou so aan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.