Babaseuntjie in die ambulans gebore

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Babaseuntjie is Sondagoggend op pad na Chatsworth-hospitaal in KwaZulu-Natal gebore.

“Paramedici is omstreeks 09:20 ontbied nadat ʼn vrou, wat langs die spoorlyn in Shongweni gestap het, begin kraam het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Paramedici moes ʼn hele ent ver langs die spoorlyn met al hulle toerusting stap totdat hulle uiteindelik by die vrou uitgekom het.”

Sy was reeds in die tweede fase van kraam en nadat hulle haar ondersoek het, het hulle haar op ʼn draagbaar vasgemaak en met behulp van omstanders haar na die ambulans gedra.

“Paramedici was nog skaars op pad na die hospitaal toe hulle moes stilhou sodat die babatjie gebore kon word. Die gesonde babaseuntjie is om 10:18 in die wêreld verwelkom deur die vreugdevolle ma en paramedici-span.”

Ma en baba is na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize ·

Baie geluk aan die mamma. Ja nee as n babatjie besluit dis tyd, dan keer niks hom nie.

Marinda ·

Hier is darem iets positief in die nuus! Geluk. Ek is bly die baba is nie daar langs die grootpad gebore nie!

Jan maak n plan ·

Boetis vra juffrou, waars jy gebore. Nee juffrou so in die pad af om die vyfde draai. Ek kon nie wag nie.

MarieM ·

Ek het presies dieselfde sit en dink toe ek die foto’s sien. Sjoe die manne het ver gery om baba te gaan vang, of is hulle daar op vakansie?

Ronel ·

Ek praat onder korreksie, maar is NETCARE se hoofkantoor nie in Gauteng nie? Dis hoekom dit GP nommerplate het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.