Babaseuntjie verlate gevind in Polokwane

Die babatjie wat verlate gevind is (Foto: SAPD Limpopo)

Die polisie in Polokwane het ʼn soektog van stapel gestuur vir die ma van ʼn kind wat Saterdag verlate gevind is in een van die restaurante in die stad.

“Een van die klante het omstreeks 13:00 die toilet van die restaurant besoek en was geskok om die baba op die grond te sien. Die babatjie het ʼn trui aangehad en was toegedraai in ʼn kombersie,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vrou het die personeel in kennis gestel en die polisie is ontbied. “Hulle het vinnig reageer en die babaseuntjie na ʼn hospitaal geneem vir mediese ondersoek.”

ʼn Saak van kinderverwaarlosing is aanhangig gemaak. “Dit is egter nog nie bekend wie die ma van die kind is nie en niemand is in hegtenis geneem nie.”

Enigiemand met inligting oor die babaseuntjie word versoek om kapt. Martin Thema te kontak by 082 451 7155.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Muffin ·

Kan dit nie verstaan nie. Het die restaurant nie kameras nie.
Iewers sal iemand praat. Tronk toe vir mama.

Tanya ·

N dier gooi nie sy kind weg nie. Wat n soort ma is jy wat jou baba weg gooi.

Skerpioen ·

Ek praat nie goed wat die ma gedoen het nie, maar ten minste het sy die baba in n restaurant se toilet gelos waar sy weet mense sal die baba maklik kry. Sy kon net sowel die kind in n put toilet gegooi het of in n drein of in n verlste stuk veld. Of sy kind die baba self dood gemaak het. Ja sy kon egter die regte pad gevolg het en self polisiestasie te gegaan het en gesê het Vat asb d baba want ek wil hom nie meer hê nie of vat die baba want ek kan hom nie meer versorg nie.

ALR ·

Ek stem 100% saam! Eerder in n restaurant as n toilet of in die veld!
My ma help soms uit by n babahuis in ons dorp en middel Maart het hul n 8dae oue babatjie ingekry wat gevind was in n veld! Syt 2dae daar gele voor iemand haar gekry het!

Leser ·

Ek dink sy meen dat mense wat by restaurant eet, waarskynlik genoeg geld sal he om na die baba om te sien..Ai, mens sal nie die wereld en sy mense ooit verstaan nie.

GM ·

Skerpioen, ek stem saam. Die persoon het darem genoeg omgegee om die baba toe te draai en op ‘n plek neergesit waar die seuntjie gekry sal word, en nie in sakke toegedraai en in ‘n veld gelos nie. Darem iets om voor dankbaar te wees, alhoewel ek nooit sal verstaan hoe ‘n mamma dit regkry nie -al is die gedagte vir haar hoe ‘noble’.
Dis net hartseer dat die mamma nie self na haar kind kan/wil omsien nie. Of nie voorbehoeding gebruik het as sy nie kinders wou hê nie.

Hoe moet ‘n kind nie voel as hy/sy eendag uitvind hul is op só ‘n manier agtergelaat nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.