Babaverkragting in skooltaak: ‘Ons het leerders gewaarsku; wil hulle voorberei’

tshepang

‘n Toneel uit die Washington College se opvoering van Tshepang in 2011. Foto: Washcoll.edu

Hoërskool Monument aan die Wes-Rand sê die vraag in ʼn matriekdrama-vraestel wat in 2013 landwyd ʼn herrie veroorsaak het, kan moontlik vanjaar weer in die vraestel ingesluit word en hulle wil hulle leerders op dié soort vrae voorberei.

Leerders by die betrokke skool het in Augustus ʼn taak ontvang wat handel oor ʼn uittreksel uit die toneelstuk Tshepang deur Lara Foot Newton. Die toneelstuk is geïnspireer deur die wrede verkragting van die nege maande oue Baba Tshepang. Daar is onder meer van leerders verwag om te beskryf hoe hulle die akteur ʼn daad van verkragting sal laat opvoer om die aakligheid van die verkragting vir die gehoor te vergroot. In die toneelstuk word die toneel deur middel van ʼn besemstok en ʼn brood uitgebeeld.

Pierre Coulson, ʼn ouer van een van die leerders by skool, het in ʼn onderhoud met Maroela Media sy totale skok en ongeloof oor die opdrag uitgespreek. Hy het geëis dat die uittreksel en vrae daaroor uit die opdrag vir gr.12-leerders verwyder word omdat dit nie ʼn gepaste toneelstuk op skoolvlak is nie.

Onderwysers en leerders het die betrokke vraag en uittreksel ook as “onvanpas”, “onsensitief” en “ontstellend” beskryf nadat dit in 2013 as ʼn onvoorbereide vraag in die dramavraestel vir matrikulante verskyn het.

Volgens Constance Strydom, ʼn woordvoerder van die skool, is net ʼn gedeelte van die omstrede vraag in 2013 onttrek, nadat talle onderwysers en leerders daaroor gekla het. “Die res van die vraag het steeds getel en dus bestaan die moontlikheid dat daar weer so ʼn vraag gevra kan word.

“Leerders moet voorberei word op enige vraag wat gevra kan word. Ons wil verhoed dat die leerders in die eksamen onkant betrap word en self deur so iets getraumatiseer word.”

Strydom het Maroela Media verseker daar was ʼn deeglike bespreking met die leerders oor die toneelstuk in die klas. “Hulle is gewaarsku oor die inhoud wat sensitief is en daar is ook aan hulle verduidelik waarom hierdie taak aan hulle gegee word. Hulle is ʼn veilige omgewing daaroor ingelig sodat hulle nie in die eksamenlokaal onnodige trauma moet beleef en nie verder kan skryf en dan die kans staan om 40 punte te verloor nie.”

Sy het verder bevestig die toneelstuk is nie ʼn voorgeskrewe werk in die leerplan vir gr. 12-leerders wat drama as vak neem nie, maar dit beteken nie dat daar nie vrae oor Tshepang in die komende eindeksamen gevra kan word nie.

“Ons rig ʼn ope uitnodig aan alle leerders om enige ongemak en trauma oor die toneelstuk en vrae met die opvoeder te bespreek. Ons waarborg dat die bespreking vertroulik gehanteer sal word en indien nodig, sal ons ook berading verskaf.

“Ons beveel ook aan dat ouers direk by die onderwysdepartement kapsie moet maak indien hulle ongelukkig is oor hierdie soort vrae,” het Strydom bygevoeg.

Maroela Media het die Gautengse onderwysdepartement herhaaldelik gekontak vir kommentaar, maar het tot dusver geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

pieter ·

EK DANK DIE VADER DAT MY KINDERS UIT DIE SKOOL IS. AS OUER WAT OMGEE SAL EK MY KIND BELET HET OM DIE KLAS OF VRAAG TE BEANTWOORD.

Eish ·

Dis die eerste keer in my lewe dat ek moet verneem dat leerders getraumatiseer kan word deur n vraag in n vraestel. In die 70’s is die enigste trauma beleef deur die ” Spotters wat mis gespot” het. Genade mense, selfs DSTV films het n ouderdoms beperking waar die klas van goed te sprake kom. Dit is nou presies waar die Christelike waardesisteme oorboord gegooi word deur die ” werklikheid” van n lewe in die helhool. Die onderwysdepartement se reaksie op navrae is tipies van die verrotting daar en algehele inploffing van die samelewing. Die brutale leefwyse van die helhool word nou die norm, vandaar die eksamenvraag. Sal graag wil weet wie die opsteller van die vraestel is.

chantelle ·

Regtig. so kom ons traumatiseer hulle en dan daarna bied ons berading aan. Word wakker, ons bly klaar in n siek wereld.

John ·

Die opstellers van die vraestelle moet aangevat word. Wat gaan in hul koppe aan? Onderwysers wat kinders seksueel aanrand hou skool. En nou sulke vrae. Wat wil daarmee bereik word, is die vraag?

Elaine ·

Ek is 30 jaar oud en so iets sal my ontstel. Vieslik man wat moet hulle nou leer uit dit? Daar is seker ander mooier toneelstukke.

Karma ·

@Elaine – dit word sensitisering rondom ‘n sekere situasie/siekte/onderwerp genoem. Net omdat die vraestel die vraag bevat en daar 40 punte aan die antwoord gekoppel word, gaan nie die volgende generasie bloeddorstige kinder/baba-verkragters maak nie. Kom ek vertel jou: die ‘kinders’ daar buite, op die skoolbanke weet báie meer van perverse seks as ek en jy af. Baie van hulle ervaar en sien dit elke dag. Dit is óns, die konserwatiewe ‘oueres’, wat ons oë moet oopmaak en besef dat ‘kind wees’ vandag is lankal nie meer die kind wees van ons jare nie.

Ouma ·

Is dit dan nodig dat ons drek in ons kinders se kele moet afdruk? So word wreedaards en monsters gekweek.

Se maar net ·

Ek stem saam met LG Erasmus.Ek is bly my seun is klaar met skool toe dit nog skool genoem was.

Lizl ·

Liewe Vader, betoon asseblief U genade op ons mense en ons land. Ons verdien dit nie, maar het U Goddelelike ingryping so bitterlik nodig. Amen.

Teresa ·

En dan wonder mense waarom skoolkinders mekaar aanrand en verkrag!!!!!!!! Berei ons kinders voor vir universiteit en die werksmark, nie hoe om onsedelikhede tot in die diepste detail te ontleed en op te voer nie!! Drama klasse het perke op skool vlak mense!!! Wat jy saai sal jy maai! Julle saai in jong gemoedere verkragting van babas, dink julle julle gaan Richard Branson maai??

Leonard van der Dussen ·

Hier is baie verontwaardiging, en skree en raas. En met reg. Maar dan moet die volgende stap kom, om die plaaslike onafhanklike skool te steun, deur mense met skoolgaande kinders bewus te maak van die geleentheid vir onafhanklike (nie-staats) onderwys. Sit die verontwaardiging om in oplossings – om te bou aan die onafhanklike instellings wat nou reeds ‘n rol speel, maar ook vir die volgende geslagte die geleentheid moet bied om voluit te kan skoolgaan, maar volgens die ouers, die gemeenskap, se norme, en nie die staatsnorme nie. Dit sluit in om alternatiewe te gebruik om die staat se matriekeksamen, wat almal gedweë dwing om dinge te aanvaar wat onaanvaarbaar is, te vermy.

SE NET ·

Daar is ander alternatiewe as staats onderwys. Ek as ouer aanvaar nie meer die opvoeding in staat skole nie – gaan privaat en onafhanklik wat internasionaal aanvaar word.

Hanna ·

Sies! Ek weet sulke voorvalle is meer bekend en algemeen in sekere woongebiede, maar liewe hemel my arme kinders hoef nie hieraan blootgestel te word nie. Waar gaan ons heen?!

LG Erasmus ·

Dit is alles ‘n poging om die samelewing te breinspoel en gewoond te maak aan sulke aaklighede sodat dit selfs later alledaags is soos bewys deur Karma. Dit is goed om jouself te distansieer van sulke dinge waar moontlik en sodoende jou menswaardigheid en jammerhartigheid te behou en te besef dat waar ‘n baba verkrag word is dit ‘n baie ernstige saak. Ek wonder of die opsteller dit ten doel gehad het om die kinders te traumatiseer of is die persoon dalk ‘n sadis wat hom/haar verlekker in sulke gru tonele en dit dan so wreed as moontlik wil laat uitbeeld; hoe wreder , hoe meer punte

Gysbert Stander ·

Ai man, hoe wens ek nou ek kan daai vraag in die eksamen beantwoord. Alhoewel ek ook heeltemal teen daai tipe vrae gekant is, sal ek dit in die mees perverse en aanstootlike taal denkbaar beantwoord. Beveg ‘n vuur met ‘n groter vuur.

Stella ·

Mens noem dít nie voorbereiding vir…….., wat ook al jul veskononing voor soek nie. Die paar opgevoede leerders wat wel oor is in die land moet nou ook bloot gestel word aan barbaarsheid en ryp gedruk word. Belaglik……… wil eintlik meer sê, maar laat ek myself liewers inhou. Skokkend.

Ouma ·

Ja, hulle word voorberei vir die eksamen en terselfdertyd ook vir die hel.

Tanja ·

Dis totaal onvanpas. Wat se opleiding het onderwysers om die onderwerp te hanteer?? NEE DIS NIE AANVAARBAAR NIE.

Claudie leR ·

Dit is total onaanvaarbaar. Die feit dat dit wel gebeur maak dit nie reg om kinders op die vlak en die manier hieraan bloot te stel nie. Hulle is eenvoudig nie volwasse genoeg nie. Waarom so immorele kriminele daad uitbeeld?
Waar is die skole om verder namens die kinders hier in te tree, dit is hulle plig! Waar is die ander ouers. Is die feit dat die kinders ‘voorberei’ word nie immoreel op sig self nie? Hoe kan dit toegelaat word?

Theresa ·

Heeltemal onaanvaarbaar. Laat ouers hierdie tipe dinge met hul kinders bespreek. ONNODIG om dit so visueel op ‘n verhoog te moet beskryf! Dit klink eerder of die opsteller van die vraag ‘n baie, baie groot probleem het.
WIE het dit opgestel en WIE het dit goedgekeur? Dis verseker ‘n ongewensde item in enige vraestel en verseker ‘n ongewensde opvoering in skooltyd. Dis ‘n issue wat deur die eerste vlak van onderrig en skoling bespreek moet word: OUERS. enkel, of gesamentlik – met of sonder bv. jongmensgroepe by bv. kerk of ander. NIE vir skool NIE en beslis nie soos dit hier gedoen was nie. Leer sommer almal ook om nie moord te pleeg nie.

Zena ·

Ek as grootmens is geskok en getraumatiseerd deur dit. Dit is ontstellend verby!!! Nee, nou weet ek nie meer nie. As ek so ontsteld is oor dit, hoe meer ontstellend gaan dit nie vir tieners wees nie.

Elizabeth ·

Veronderstel ‘n kind wie misbruik word en worstel om sover te kom om te praat of hulp te kry, vorm deel van die klas of graad, en dan ook nog hierdie opdrag …
Die opsteller mag dink dis geskik vir wat hul doel ookal was, maar dink tog verder asb!

Hermani ·

Op aanbeveling van die parlimentere komitee, het die Departement van Onderwys na die 2013 insident onderneem om nooit weer so ‘n vraag in ‘n matriek eindeksamen in te sluit nie.

Die Hoerskool Monument is dus agter in terme van ontwikkelinge in hierdie hoedanigheid. Die regverdiging om daardie vraag “ter voorbereiding van die matriekeindeksamen” in te sluit, bly ongevraagd.

Departementshoofde van skole, doen asb julle huiswerk voor julle self met “blameshifting” begin! Om details soos die een hier bo mis te kyk, verraai laksheid in julle verantwoordelikheidssin teenoor die opvoedingstaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.