Bafana-afrigter se lot bekend

Gordon Igesund. Foto: @JacaNews

Gordon Igesund. Foto: @JacaNews

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Maandagaand die lot van Gordon Igesund, afrigter van Bafana Bafana, bekend gemaak.

Danny Jordaan, president van Safa, het Maandagaand tydens ‘n mediakonferensie aangekondig dat Igesund se kontrak nie hernieu gaan word nie. Sy kontrak verstryk op 30 Augustus.

“Die proses om ‘n nuwe afrigter te vind sal begin sodra die mediakonferensie eindig.” Jordaan het vroeër met Igesund en die nasionale uitvoerende komitee vergader.

“Die komitee het Igesund die geleentheid gegee om te reageer en ‘n voorlegging te maak, wat hy wel gedoen het.” Jordaan sê Igesund het die geleentheid gekry om aan die komitee te sê watter kwessies hom gehinder of bygestaan het in die uitvoering van sy verantwoordelikhede.

Igesund se kontrak is vir twee jaar. Sy taak was om te verseker dat Bafana Bafana die halfeindronde van die 2013 Afrikabeker bereik en vir die 2014 Sokkerwêreldbeker in Brasilië kwalifiseer.

Volgens mediaberigte sal Igesund moontlik vervang word deur Carlos Queiroz, voormalige Bafana-afrigter. Hy is tans betrokke by Iran se nasionale span.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rudi ·

Dit gaan my verstand te bowe dat orals waar ons kyk BEE en AA toegapas word behalwe as dit kom by sokker afrigters.Wonder of hul nou dit gaan toepas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.