Bafana Bafana het glo voldoende wit en bruin spelers

Argieffoto Foto; Andy03, Pixabay

Argieffoto Foto: Andy03, Pixabay

Die ANC-regering is tevrede dat wit en bruin regverdig behandel word en genoeg speelkans kry in die land se nasionale sokkerspan, blyk dit uit antwoorde van die sportminister op geskrewe parlementêre vrae van die VF Plus.

“Dit is nieteenstaande die feit dat daar in die afgelope Saterdag se Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan net een wit speler uit ʼn groep van 17 was, en daar tans net een wit en twee bruin spelers in die eerstespan-groep van 27 is,” het Anton Alberts, woordvoerder van die party, in ʼn verklaring gesê.

Die Bafana Bafana-groep vir die wedstryd die afgelope naweek in Dobsonville, Soweto, het bestaan uit: Begin elftal: Khune (c), van Heerden, Gumede, Letlabika, Mngonyama, Motupa, Nyatama, Masango, Twala, Ntshangase, Gabuza. Die plaasvervangers was: Mabokgwane, Madisha, Mabena, Mxoyana, Ntuli, Wana.

“Volgens die sokkerwebwerf KICKOFF.com blyk dit dat net Marc van Heerden en die twee bruin spelers, Rivaldo Coetzee en Clayton Daniëls, tans goed genoeg vir die sukkelende span geag word,” het Alberts bygevoeg. “Die stand van sake en die antwoord van minister Fikile Mbalula is betreurenswaardig, aangesien die minister verlede jaar aan homself en verskeie ander persone die onderneming gegee het om stappe te doen om meer wit en bruin spelers vir die span te laat speel.”

Dit was nadat ontevredenheid ontstaan het oor die regering se aandrang dat ʼn sekere aantal swart spelers in die nasionale rugbyspan opgeneem moet word.

Die minister se volledige antwoord op Alberts se vrae lui dat alle sportspanne moet transformeer om aan die nasionale demografie te voldoen, en dat die “huidige sokkerspan sowat 80% swart-, 9% bruin/Indiër-, en 9% wit spelers het”. “Dit beteken dat wit-, bruin- en Indiërspelers die geleentheid kry om gekies te word,” lui die antwoord.

Alberts het gesê dit is jammer dat die minister, nieteenstaande die bewyse op die veld, die publiek so probeer mislei. “Die hele land het Woensdag saam die Springbokke se wêreldbeker-oorwinning van 20 jaar gelede gevier. Dit was een van die min ware oomblikke van nasiebou wat die land beleef het. Tog sal die regering aanhou om met politieke inmenging ons sportspanne af te breek tot hulle in middelmatigheid verval soos met Eskom en die land in sy geheel gedoen word,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Peet Schabort ·

Boikot net die rugby maar die wittetjies wil nie leer en kan ook nie saamstaan.

CHRISTA ·

As hulle skole wil sluit agv ‘rassediskriminasie’, gaan hulle ons land se sokkerspan ook ontbind agv diskriminasie? Of maak dit nie saak nie, solank dit SWART is wat teen WIT diskrimineer?

Christa ·

Ons is die enigste land in die wêreld wat ons spanne handicap en dan van hulle verwag om teen die res se bestes te wen! En watter boodskap word in die proses oorgedra? Dat ons swartvspelers te sleg is om op meriete in die span opgeneem te word? Wat ‘n klap in spelers soos Elton Jantjies en Brian Habana se gesigte? Want so word elke gekleurde speler gereduseer tot ‘n kwota speler

koos ·

kies n span soos hulle…as jy sê die swartes nie goed genoeg vd span nie, word ons gedreig en kapoef! Hele rugby span swart.
wat sou gebeur het as ons nie die wereldbeker toe gewen het nie?..sou dit steeds nasiebou gewees het?

Debs ·

Wat ‘n pot chol !!!!! ek het gewonder wanneer gaan iemand begin krap … in sokker span

Uys ·

maar wag, hy is minister van sport en sy Wiskunde suig. 80% swart en dan 9% elk vir bruin, Indiër en wit ras. Waar is die ander 2%

neelsie ·

Wat gaan die borge se van so n span?
Watter skare gaan die rugby-unie nou ondersteun.
Loftus gaan nou nog minder mense trek!
Hulle sal gou agterkom dat miljoene rande nou nie meer instroom nie.(veel minder belasting)

scalla ·

Dit is ook die rede hoekom die sokkerspan so swak is, ek weier om sokker te kyk

chris ·

Daar is verskille tussen nie net rase nie maar ook binne rasse.Dit is ‘n feit.Wittes oor die algemeen is beter as swartes oor die algemeen in sekere velde,feit.So is swartmense beter as wittes in sekere velde oor die algemeen,feit.Wanneer gaan ons almal dit begin besef erken en almal se talente geniet?
As bewys hiervan ,kom ons vat atletiek as voorbeeld.Wes Afrika het mense wat uiters vinnig is 100m 200m ens(slawe na die eilande ook kom uit wes Afrika),Oos Afrika weer wat uitstekend is in middel tot lang afstande 800m 1500m ens.Noord Europa weer mense wat baie sterk is gewigstoot,spiesgooi,diskus.
As ons gaan kyk na die laaste 30 jaar plus se wereld rekords in die 100m is daar geen ander ras as die swartman wat die rekords opgestel het en die olimpiese goue medalje’s ingepalm het nie.Is die witman nou minderwaardig?
Hier is die ou liberale siening ook belaglik soos die meeste van hulle lala land droompies,die een van die mense het nie dieselfde geleenthede nie(anders sal wit en swart deur die bank gelyk verteenwoordig wees) want sien almal is gelyk.Dit is belaglik want sien dit se dan dat die wit Amerikaners nie dieselfde geleenthede kry nie!
Gemiddelde ik is ook al nagevors gaan kyk gerus.
Maak dit nou een ras beter oor die algemeen?Absuluut Nee ,maar slegs in sekere velde.
Dit wil vir my lyk of die mense regtig net rassehaat wil aanvuur,hoekom anders doen hulle dit?Maar dit is presies wat jy kry as jy mense saamgooi en dwing om gelyk te wees wat hulle nie is nie daarom het ons bee,kwotas en liberale politieke partye wat hierdie droom probeer afdwing deur wetgewing.

Se Maar Net ·

Die onlangse foto van die rugby span van 1995, is net so mooi.
Ek moet se ,toe was ons ook tevrede, die dat hul die beker kon wen!!
Laat jou dink ne!!!

Carlos OIivier ·

Wat n jammerte, as ons net dalk op merit al ons sports ambassadeurs kies om ons land te verteenwoordig in n gekontrollerde oorloog sal ons land reg kom. Maar ja daar is baie Suid Afrikaners wat nie eens weet wat ons land lied beteken nie, en dit is daarom dat dit gaan soos dit doen. JahBless#

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.