Senzo Meyiwa (27), kaptein en doelwagter van Bafana Bafana, is Sondagaand doodgeskiet, het die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) Sondag gesê.
Die voorval het Sondagaand omstreeks 20:00 by ʼn huis in Vosloorus plaasgevind. “Daar was sewe mense in die huis,” het die polisie op Twitter bevestig. “Twee verdagtes het die huis betree en een het buite gebly. Die drie aanvallers het ná die skietery te voet gevlug.”
Geen ander persoon is tydens die skietery beseer nie.
Intussen het die polisie Maandag ʼn beloning van R150 000 aangebied vir inligting wat tot die inhegtenisneming van Meyiwa se aanvallers kan lei.
Meyiwa (27) was ook die kaptein van Orlando Pirates en het Saterdag by Orlando-stadion tydens die kwarteindstryd Ajax Cape Town 4-1 uitgeskakel in die Telkom Knockout-reeks.
Janine van Wyk, kaptein van die vrouespan Banyana Banyana, het haar medelye op Twitter betoon: “Nóg slegte nuus! @BafanaBafana & @Orlando_Pirates-kaptein Senzo Meyiwa is doodgeskiet? Ek het nie woorde nie! RIV Kaptein.”
Meyiwa is die tweede Suid-Afrikaanse sportman wat die afgelope paar dae gesterf het. Mbulaeni Mulaudzi, voormalige Olimpiese silwermedalje-atleet in die 800 m-wedren, is Vrydagoggend in ʼn motorongeluk in Witbank, Mpumalanga, oorlede toe sy motor op die R555 omgeslaan het nadat hy beheer daaroor verloor het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Hoeveel word uit geloof vir die boere moorde ?
Waarom was daar nog nooit ‘n beloning uitgeloof wanneer ‘n Blanke vermoor word nie? Dieselfde geld ons boere wat eers gemartel, en dan vermoor word. Wat maak hierdie persoon se moord belangriker as enige ander moord?
Hy was i STAR n almal se HELD. By die boer moet jy i vleisie ten duurste koop n dan praat ek nie van PLAAS UITSETTINGS van die WERKERS nie.
dit het niks te doen met die prys van vleis of uitsettings nie maar dit beslis te doen met net met rasisme – en as jy dit nie kan insien nie (daar word beloning vir een ras gegee maar nie vir ander dan lable jy jouself).
as mense nie by kleur gaan verbykom nie gaan hul met die wrok in hul hart sterf – dis jammer dat iemand homself so kan verknies…
Werklik tragies. Mens wonder net hoekom geld uitgeloof word vir sy moondenaars, maar nie vir ander beplande, opsetlike moorde nie. Wie was die ou in lewe?.