Baie renosters in 2014 gestroop

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

ʼn Nuwe rekordaantal van meer as 1 188 renosters is in 2014 in Suid-Afrika gestroop, volgens die jongste syfers wat in Beeld gepubliseer is.

Verwarring is vroeër veroorsaak toe nuusagentskappe November se syfer van 1 020, wat toe reeds ‘n nuwe rekord was, as die finale syfer vir 2014 die wêreld ingestuur het. Die vorige rekord in 2013, was 1 004 renosters.

Die stropingsyfer styg steeds weens die enorme aanvraag na renosterhoring uit sekere oosterse lande, en enorme pogings om die stropery, veral in die Krugerwildtuin, hok te slaan.

In 2007 is nog net 13 renosters in Suid-Afrika gestroop. Teen 2009 het dit tot 122 gestyg, in 2010 tot 333, 2011 tot 488 en 668 in 2012.

So lyk die toename van 2008 tot 2015 grafies uitgebeeld:
Renostertabel
Na berig word het Suid-Afrika sowat 20 000 renosters. Volgens Save the Rhino se webblad wat 2010 se beramings gebruik, beskik Suid-Afrika oor sowat 18 796 wit renosters (sowat 93 van die totaal in Afrika waar dit natuurlik voorkom) en 1 916 swart renosters (sowat 40% van die totaal). Veral die swart renoster se subspesie, Diceros bicornis michaeli, waarvan waarskynlik minder as 800 oor is, word bedreig. Verskei subspesies het reeds uitgesterf.

Meer kan in The Guardian gelees word.

Só lyk die wêreldbevolking van renosters volgens ‘n kaart van Save the Rhino.

Só lyk die wêreldbevolking van renosters volgens ‘n kaart van Save the Rhino.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.