Bainsvlei-plaasmoorde: Drie in hof

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Toon Swanepoel (72) en sy vrou Rienie (70) op hul Kwaggakraal-plaas naby Bainsvlei vermoor het, het Woensdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die saak teen Fana Hendrik Ntshedi (20), Jacobus Motsamai Bitterbos (25) en Jackie Louw (21) is tot 5 Februarie uitgestel wanneer hulle om borg sal aansoek doen.

Die Swanepoel-egpaar is verlede Sondagaand doodgeskiet in ʼn rooftog waartydens ʼn televisiestel, vuurwapens en hul voertuig gesteel is. Twee verdagtes, tussen 20 en 25 jaar oud, is verlede Maandagoggend in hegtenis geneem nadat hulle in die egpaar se bebloede voertuig betrap is. Die verdagtes het die polisie na die egpaar se liggame gelei wat naby die plaas by Waaikraal gestort is.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.