Bakkie beland in swembad

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, het matige beserings opgedoen nadat hy met sy voertuig deur ʼn huis se muur in Hamberg, Roodepoort, gejaag en in die swembad opgeëindig het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net na 16:00 na die toneel ontbied. Daar het hulle die motoris aangetref wat op die toneel rondloop.

“ʼn Bakkie was heeltemal onder die water van die huis se swembad. Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy veelvuldige snye en kneusplekke opgedoen het, asook ʼn vermoedelike handbesering,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak het die motoris glo uitgeswaai vir ʼn aankomende voertuig, beheer oor die bakkie verloor en deur die muur geploeg. Hy is na die Life Flora-kliniek geneem vir mediese behandeling.

Die Johannesburgse Metropolisie was op die toneel.

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

KLEINTJIE ·

Nou kan hy ook sê dat daar is fout met sy motor , hy dink dit is water in die vergasser.

Cherokee ·

Kleintjie, jy vat loshande die trofee vir die kommentaar van die dag (selfs al s dit nog so vroeg:-)

neels ·

Dit was seker n warm gemaakte bakkie wat bietjie moes afkoel op so hittige dag soos gister. Wonder of die drywer ook eers afgekoel het voordat hy uit geklim het.

Andre ·

Alle ongelukke word dees dae veroorsaak deur ‘n band wat bars of uitswaai vir ‘n ander voertuig. As jy binne ‘n buurt die spoedperk oorskry verloor mens nie sommer beheer nie. Maar dalk was dit een van die Taaier as Taai bakkies wat ook maklik die pad verlaat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.