Bakkie langs hoofweg: ‘Man geskiet terwyl hy bestuur het’

Die bakkie wat langs die pad aangetref is. Foto: Verskaf.

Die man wat Dinsdagmiddag met verskeie skietwonde aan sy kop in sy bakkie langs die N2-snelweg in KwaZulu-Natal aangetref is, is glo deur sy moordenaars geskiet terwyl hy bestuur het.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 10:00 in die noordelike baan van die snelweg naby Scottburgh plaasgevind.

“Die 45-jarige slagoffer is na bewering geskiet terwyl hy bestuur het. Hy het beheer oor sy bakkie verloor en dit omgeslaan,” het Mbhele gesê.

Die oorledene is ʼn taxibaas van Amandawe wat by die Vulamehlo-taxivereniging geaffilieer is.

Volgens Mbhele is die motief vir die moord nog nie bekend nie en sal dit deur die provinsiale taxitaakspan ondersoek word.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër Woensdagoggend berig toe paramedici van ER24 by die toneel opgedaag het, het hulle die man aangetref in die bakkie se wrak wat op sy dak aan die kant van die pad gelê het.

“Paramedici het ’n man se liggaam in die bakkie opgemerk. Hy het verskeie skietwonde aan sy kop gehad. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Manie Strydom ·

Geen vrees vir die kollegas in blou nie maak mense dood lings en regs.

Andre Grundlingh jnr ·

Mens sal nogals dink dat hy op die toneel dood verklaar is met verskeie kop skote

Die lot darem..ai.. ·

Motief vir die moord nog nie bekend nie…1+1=?..
Taxi baas in Suid Afrika= dood!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.