Bakkie stort oor afgrond in see: drie se name bekend

Werner Finger. Foto: Facebook

Werner Finger. Foto: Facebook

Die liggaam van een van die drie vriende wat die naweek dood is nadat die bakkie waarin hulle gery het, oor ’n afgrond in die see gestort het naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap, is steeds soek.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorskot van MarNic Els (20) en Luandro Jansen (21) is positief deur hul naasbestaandes geïdentifiseer.

Pojie het gesê Jansen en Els se liggame was in die bakkie vasgekeer. Die bakkie het nadat dit van die afgrond af gestort het, op rotse in die see beland en is platgedruk. Volgens Pojie kon hul liggame eers Dinsdagmiddag verwyder word, aangesien die wrak tydens hoogwater onder water was.

Die soektog na Werner Finger (20) se liggaam gaan egter steeds voort. Volgens Pojie word vermoed dat Finger op die agtersitplek van die bakkie gesit het en uit bakkie geslinger is toe dit teen die krans afgestort het. Sy liggaam het vermoedelik in die see beland. Duikers van die polisie en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is betrokke by die soektog.

Volgens Pojie is die drie jong mans Sondag by die George-polisiestasie as vermis aangemeld nadat hulle die Saterdagaand na Heroldsbaai is en nie weer teruggekeer het huis toe nie. Die polisie het onmiddellik na die drie mans begin soek. Die bakkie se wrak is naby die Voëlklip-uitkykpunt gevind waar dit sowat 120m teen die krans afgestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

Ja werklik Bets, om so aan die begin van jou lewe te sterf is erg. Met hoevele jongmense gebeur dit ? Meesal ook motorongelukke. Daar is iewers ‘n groot- en ernstige fout.

Anoniem ·

Die hand van YAHVAH my Elohim sal die ouers deur die tragedie help en berusting gee. Glo en vertrou net.

Sandy ·

My innige simpatie en meegevoel aan die ouers, ek het ‘n seun op daardie ouderdom ek kan my nie in dink hoe hartseer jul moet voel nie, mag Liewe Jesus jul ontvou in al sy liefde en vertroosting aan jul bied.

Annie ·

Dit is baie tragies een hartseer. Sterkte aan die familie en vriende.

Severine ·

My innige simpatie aan die 3 families, ek weet waardeur julle gaan op die stadium. Ek het my kleinboet op 28jarige ouderdom ook by Heroldsbaai, Voëlklip aan die dood afgestaan. Dis seker die seerste seer.

Die ouers het kinders verloor, mense kom ons oordeel nie, veral as ons nie weet wat die omstandighede was nie.

My hart gaan uit na die families in hul tyd van beproewing.

SI ·

Beatrix, wat so wonderlik is, is dat die derde liggaam nie noodwendig gevind moet word sodat die drie weer in die hemel kan herenig nie, sy siel reeds daar as sy lewe in plek was.

Sumari ·

Ek bly in George. Daar is ‘n volledige berig in die George Herald. Ek ken nie een van die seuns nie, maar dis vir ons in George ‘n baie hartseer storie. Ek bid so vir die ouers.

Nadine ·

Dis n baie seer in George. Ekt vir MarNic van kleins geken as n stoute knapie maar hyt so mooi groot geword. Aantreklik en oulik. N ouer moet nie hul kind begrawe nie. Sterkte aan die families.

Beatrix Stevens ·

SI… Ja dit waar…… Ons Glo hul Lewe was reg”’Dit sal ook net meer vertroosting aan die Ouers bring deurdat sy Liggaam gevind word…. Ek kan dink dat die mense van George baie seer het”’ Sterkte aan almal wat deel was van die 3 seuns…

Charlene ·

So baie hartseer! As ouer glo ek ook dat `n ouer nie sy kind moet begrawe nie. GEEN ouer kom ooit oor die pyn nie, glo my nooit.
Dit maak `n roof, die roof word gesond mar soms word daai roof gepla en afgtrek dan is dit van voor af seer – en die merk bly. God is al een wat mens heel aan die ander kant uithelp en mag God die ouers dra, en die family van die 3 jongs mans. Dis hartseer en tragies.
Daar is geen melding gemaak van vroue en kinders – ai ek hoop nie daar is nie dit maak dit net nog erger. Hulle was pragtige seuns wat duidelik die lewe geniet het. Ek hoop hulle vind die Werner se lyk virsy familie gaan dit bietjie vertroosting gee.
Sterkte aan julle en ek bid vir julle.

Sumari ·

Charlene, dalk meisies, maar nie vrouens met kinders nie. Hulle is nog so jonk gewees en dit breek mens se hart dat jong kinders sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.