Bakkie tref koei, toe trok

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is Saterdagaand in Krugersdorp ernstig beseer nadat die bakkie wat hy bestuur het, ʼn koei getref en toe teen ʼn vragmotor gebots het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van die bakkie het glo in Maropengweg uitgeswaai en die koei getref voordat dit teen die vragmotor gebots het.

Volgens Bodasing was die bakkie en vragmotor in ʼn veld langs die pad. “Die koei het langs die pad gelê en was reeds dood. Die bestuurder van die bakkie, glo in sy 60’s, is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg.”

Bodasing het gesê die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Philip ·

Ag nee mense, ‘n mens kan uitswaai en steeds die ding waarvoor jy uitswaai tref, dis tog seker nie so moeilik om dit te begeryp nie?

BoereBikerBaby ·

??????……Ja nee, maak ook nie sin vir wat die ou in die eerste plek voor uitgeswaai het nie.. Miskien het hy eerder aan die slaap geraak?

Mike ·

Ek sal eerder uitswaai om die koei te mis nie raak te ry nie !!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.