Bakkie tref vierjarige

Die nooddienste op die toneel. (Foto: ER24)

’n Vierjarige seuntjie het Woensdagoggend ernstige beserings opgedoen toe hy deur ’n bakkie in Alberton aan die Oos-Rand raakgery is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê die voorval het op die kruising van Ou Vereeniging- en Dan Jacobsweg in Alrode plaasgevind.

Volgens Meiring is die kind by paramedici se aankoms op die sypaadjie aangetref. Die bakkie wat die kind getref het, was ’n kort ent daarvandaan geparkeer.

“Die kind het verskeie beserings opgedoen en was in ’n kritieke toestand.”

Die seuntjie is op die toneel behandel voordat hy per lugambulans na die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.