Baksteen-video: Dissiplinêre verhore afgehandel

‘n Skermskoot uit die video.

Die dissiplinêre verhore van die twee leerders van ʼn hoërskool in Bellville wat onlangs geskors is, is afgehandel. Dié verhore het gevolg nadat ʼn video op sosiale media versprei is waarin gesien kan word hoe die een leerder die ander met ʼn baksteen teen die kop gooi.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het in Maart op die terrein van Hoërskool Stellenberg plaasgevind. In die video wat versprei is kan gesien word hoe twee seuns in ʼn woordewisseling betrokke is en die een dreigend met ʼn baksteen in die hand nader kom. Hy gooi die baksteen en dit tref die 14-jarige seun teen die kop.

Jessica Shelver, woordvoerder van die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, het aan Maroela Media gesê ʼn formele dissiplinêre verhoor is intussen gehou en die leerder wat die baksteen na die ander leerder geslinger het, is skuldig bevind. “Die beheerliggaam van die skool sal versoek dat hierdie leerder uit die skool geskors word,” het sy gesê.

Sy het verduidelik dat daar egter ʼn spesifieke proses gevolg moet word voordat ʼn leerder finaal geskors mag word en dat slegs die hoof van die onderwysdepartement by magte is om ʼn leerder uit ʼn skool te skors.

“Indien ʼn skoolbeheerliggaam voel ʼn leerder se optrede regverdig ʼn finale skorsing, sal die beheerliggaam ʼn aanbeveling aan die hoof van [die departement van] onderwys voorlê. Dié hoof sal hierdie aanbeveling noukeurig oorweeg en besluit of die aanbeveling toegepas of van die hand gewys sal word. Uit die aard van die saak moet die besluit hieroor die regte van die leerder en van die betrokke skool in ag neem,” het Shelver gesê.

“Daar moet ook genoem word dat indien die hoof van die departement die skorsingsversoek weier, dit nie verander aan die skoolbeheerliggaam se oorspronklike bevinding dat die leerder die skool se gedragskode oortree het nie.”

Shelver het nie bevestig of die ander leerder wat betrokke is in die saak en wat ook vroeër geskors is hangende die dissiplinêre verhoor, intussen na die skool teruggekeer het nie.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die ondersoek na ʼn aanklag van aanranding wat kort na die voorval by die polisie aanhangig gemaak is, is uitgestel vir bemiddelingsdoeleindes wat op 19 April sal plaasvind.

Kyk die video van die voorval hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jaco ·

Snaaks, as dit nou ‘n wit leerling was, wat die klip gegooi het, was dit rassisme. Wat word dit nou genoem???

Pork Chop ·

Seker weer apartheid se skuld. Dis mos een van die gunstelinge.

Pork Chop ·

Hy was seker by Spur vir ontbyt. Kom ons kyk wat gebeur. As dit anders om was het hierdie nuus weer CNN gehaal. Kom ons kyk watse dubbel standaarde kom uit.

Anoniem ·

Dankie vir die terugvoer, Maroela Media. Dis goed om te hoor wat word van sake. Laat ons asb weet of die ander leerder weer kon terugkeer na die skool, en of die hoof van onderwys die skoolhoof se aanbeveling deurgevoer het.

Wonder ·

Die skuldige leerder afwagting vir skorsing is ‘n minister se kind. Spreek seker vanself.

vermeende ·

So wat hulle eintlik se, die swart krimeneel sal nie geskors word omdat hy n wit kind gestenig het en kon dood nie…….of is ek nou n rassis?

Jamie ·

Kom ons raai die beheerliggaam en skoolhoof gaan te BANG wees om hom te skors en polities korrek wil optree anders gaan die ander die skool aan die brand steek, so hy gaan op ‘n WAARSKUWING besluit en nie op ‘n permanente skorsing nie. KOM ONS WED!

Piet Snot ·

Het jy die berig gelees, Jamie?
Die beheerliggaam wil hom skors. Hulle het die hoof van die onderwysdept gevra om dit te doen.
Ons moet nou sien wat die onderwysdept sê.

Jamie het gelees JA ·

Ja Piet Snot ek het dit gelees, WIL hom skors en HOM SKORS is twee verskillende goed. KOM ONS RAAI wat gaan die Onderwysdepartement se~!~ Ons weet almal nie die hoof of die beheerliggaam het die GUTS nie, en die Onderwysdepartement gaan dit beslis nie aanbeveel nie, so ONS gaan SIEN die baksteengooier gaan NIKS oorkom nie. Weet jy hoeveel intimidasie daar in die onderwyssektor is? Ek sit nou my kop op ‘n blok die baksteengooier raak nog ‘n prefek.

Jamie kan steeds nie lees nie ·

Die seun is skuldig bevind en die beheerliggaam beveel aan hy moet geskors word. Die beheerliggaam (van die skool) KAN NIE die seun skors nie, maar kan net ‘n aanbeveling maak aan die hoof van die onderwysdepartement (deel van die provinsiale regering) wat die besluit moet neem. Verstaan jy nou?

Blits ·

Swartsisme betekenis ” swarte se reg om te doen net wat en hoe hulle wil, met geen implikasie nie en geen straf nie” in die berig en die antwoord van die LUR is niks oor rasisme nie, maar as die wit kind die baksteen gegooi het dan was daar hel to pay en almal sou gehoor het RASISME, Ons almal weet dat volgens al wat leef en beef rasisme net van een kant gesien word, net wit teen swart en as dit swart teen wit is verander dit na whites to blame

Johan ·

Die hele artikel klink so of die gooier die victim is…..weer en wat van sy regte…..wat van die een wat met die baksteen gegooi was…..wat van sy regte….hoop sy oue4s open n siviele saak teen die kind as jy hom n kind kan noem…..

Anton ·

…plaas dat hy n hoeksteen vir sy eerste huis le met die baksteen…nou doen hy dit…

Scalla ·

Anton, dit is benede sy dinkvermoe, hy gaan n hop huis persent kry, dit is mos sy reg en ook belowe

Liza ·

Hulle gaan hom jammer kry…….. ja Anton ek stem saam, hoe kan mens nou so ‘n fout maak deur die baksteen wegtegooi, pleks van hom te gaan byvoeg by die ander vir ‘n pragtige huis…….

christo ·

Dis moderne kriket daardie, goeie skoot hy steek sy handop vi eerste span

Hannes Coetzee ·

Dit is 1) poging tot moord deur n minderjarige of 2) aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die baksteen gooier hoort in n tonk vir minderjariges.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.