Bakterie eis 10 babas in Gauteng-hospitaal  

(Foto: pixabay.com)

Die Gautengse departement van gesondheid het bevestig ʼn weerstandige bakterie het tot die dood van minstens tien babas gelei in die Tembisa-hospitaal aan die Oos-Rand.

Kwara Kekana, die departement se woordvoerder, het gesê 17 gevalle is tussen 1 November en 31 Desember by die hospitaal se neonatale eenheid aangemeld. Die bakterie, genaamd carbapenem-weerstandige Enterobacteriaceae (CRE), het tot die dood van tien babas gelei.

CRE is moeilik om te behandel omdat dit ʼn hoë weerstand teen antibiotika het. Dit kan dodelike infeksies in die bloedstroom, longe en urienweg veroorsaak, insluitend longontsteking en breinvliesontsteking.

Volgens Kekana is daar op 6 Januarie ʼn vergadering met belanghebbendes belê om die uitdagings van oorbevolking in die neonatale eenheid, personeeltekort, infrastruktuurprobleme, onvanpaste toerusting en die isolasie van geïnfekteerde babas te bespreek.

Verteenwoordigers van die direktoraat van hospitaaldienste, die Tshwane-distrik se mikrobiologie-span en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) was by die vergadering verteenwoordig.

Kekana het gesê die Tembisa-hospitaal, soos baie ander gesondheidsorgfasiliteite in die provinsie, word in die gesig gestaar deur ʼn toenemende vraag na dienste. “Die neonatale eenheid het 44 beddens, maar daar word gereeld tot 90 pasiënte opgeneem.

“Die departement ondersoek die moontlikheid om die hospitaalinfrastruktuur te verbeter en doen intussen sy bes om pasiënte met respek en waardigheid te bedien.”

Die volgende stappe word gedoen om verdere infeksies te probeer voorkom. ʼn Plan vir gehalteverbetering is opgestel en met onmiddellike effek geïmplementeer terwyl bykomende verpleegkundiges ontplooi is om in die neonatale eenheid te help.

Daar is in beginsel goedkeuring gekry om nuwe opnames na die Kalafong- en Steve Biko Akademiese-hospitaal te verwys. NIOS sal hulpbronne verskaf om ʼn instrumentpaneel te ontwikkel om laboratoriumbevestigde neonatale infeksies op fasiliteitvlak te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Lollie ·

Dis nie al waar daar ń probleem is nie. Kyk bietjie in elke dorp by elke hospitaal hoeveel mense sterf agv Sepsis. Hulle gaan in vir ń operasie, klein of groot, en doen Sepsis op. Dit is agv onhigiëne. Dan wil hulle nog NGV begin!

Neels ·

Lollie ek stem saam met jou . Ek weet van verskeie gevalle in die laaste paar maande waar mense aan Sepsis oorlede is . Ky maa as jy iemand in n hospitaal besoek hoe werk die personeel, hande word nie gewas nie, vat aan een pasient , dan word selfoon geantwoord, dan gaandit toilet toe en kom terug met selfoon in die hand en gee medikasie aan n ander pasient. Waarvoor is n handewasbak in n saal, o ja seker vir pasoente om dit ad n toilet te gebruik . Nie net staats hospitale nie maar ook in van die top privaa hospitale gaan dit so . Almal is te bang om uit te praat

Mikrobioloog ·

Hierdie infeksies is wereldwyd n probleem, selfs in die beste hospitale. Die oorsaak daarvan is die misbruik van antibiotika. Mense wat antibiotika drink vir griep of verkoue veroorsaak dat die bakteriee weerstandig word teen die medisyne, hierdie bakteriee versprei dan na ander mense en in doe hospitale maak hul mense dood wie se immuun stelsels onder druk is. Antibiotika weerstandbiedende bakteriee raak al hoe meer. Dit het niks te doen met NGV nie. Met of sonder NGV, die is n probleem wat ons al hoe meer gaan teekom.

jennefer ·

N gewone blindederm operasie kan nou jou dood beteken agv van sepsis.

emily ·

Wow, WAAR is die skoon foto geneem. Ek is elke maand in Steve Biko en dit lyk nie eers so skoon soos in die hospitaal nie.
Sies man dis n skande dat ons sulke swak diens kry.
Dank almal wat nie hul werk wil doen nie af, Daar is mense wat wil werk.

Elize ·

Ek wil ook weet hoekom hulle nie ‘n foto van die Tembisa hospital waar die babas dood is plaas nie, sodat almal kan sien hoe vuil dit in die staats hospitable is nie.

se maar net ·

En dan wil hulle medies wegvat en vir alaml gee huveel gaan dan dood gaan? Asof nie genoeg dood gaan nie? Dan het hulle ook inuversiteite gestop om Verpleegsters op te lei en hulle erken dit gaan n groot tekort aan personeel bring? wat die hell gaan aan met hulle? Is hulle regtig daarop uit om die land op sty kniee te bring?

Jr ·

My vriend is ń dokter en vertel dat meeste operasies is nie die probleem nie maar infeksie is die groot vyand van ń dokter

Rusty ·

Hulle wil meer verpleegkundiges beskikbaar stel. En net nou was daar berig dat daar minder verpleegkundiges opgelei gaan word. My somme en hulle somme kom nie op dieselfde antwoord uit nie

johan ·

Dit is oor die plekke vuil is weens luiheid van die skoonmakers en n gebrek aan die regte skoonmaak en ontsmetings middels, jy is amper verseker om n siekte op te tel of dood te gaan in die “ANC hospitale.

Jessica ·

My daughter has her twins at Linksfield Linkwood clinic and they were in Neonatel and there they picked up Sepsis both the tiny babies, it was between life and death, thank God they received blood and today they are beautiful kids, the care they got was outstanding of all the staff and the love.

Elmarie ·

So nou wil hul Kalafong en Steve Biko ook met daardie virus besmet, en die gesonde baba’s daar se lewens ook in gevaar stel ??
Begin by die begin, streng keuring, deeglike opleiding, en deeglike bewusmaking van goeie higiene vir alle verpleegpersoneel met opleiding en steeds daarna.
Hul het nie n saak met higiene nie, self al gesien.

Magda ·

Was Vrydag in Kalafong saam met my seun by Ongevalle, is laat die middag na n ou verwaarlose geboutjie gestuur saam met ander mense om vir die Spesialis te wag -wat n skok – Dis vuil, verf val die mure af, beddens is stukkens, vol asblikke staan met ou vuil lappe, hang sommer oor die asdromme – OMG het my dood geskrik. Moet weer die 27ste terug gaan maar nie so seker of dit sal gebeur nie – Dis hoekom mense doodgaan in staats hospitale – VUIL BESMETTE PLEKKE – Geen mens kan in so plek behandel word nie. Wonder of Rampie en Kie ook die staats hospitale gebruik of maak hullew soos zuma en gaan oorsee??

marous ·

Patetiese verskonings . Gaan kyk hoe sit die brommers op die pasiente wat wag vir behandeling …orals .

jakes ·

Wat ook al die redes is vir die sterftes, beteken dit net een ding en dit is onbevoegdheid van personeel, of dit nou dokters is of verpleegsters. Indien dit die misbruik vn antibiotika is bly dit onbevoegdheid. Ek gaan beslis hierdie berig na vele van my vriende in die buiteland stuur.

Koos ·

Jakes het jynog nooit gehoor van dieprobleem van oorbevolking nie…

Ouma ·

Ons kleindogter is in Sunninghill hospitaal oorlede aan die CRE kiem na n ope hart operasie. Ons lees geweldig baie op oor die kiem sy het die kiem op haar velletjie opgetel
iemand wat n draer van die kiem is het aan haar gevat dit gaan ook oor higiene. Ek was verstom om te sien hoe min die verpleegpersoneel hul aan higiene steur. Veral die ICU personeel!! Die woorde “I’m so sorry for your loss” sal tot my sterfdag in my ore weerklink…die kiem is nie net in staatshospitale nie ook in die “beste” hospitale in die land. Wat ons pla is dat daar daagliks babas en pasiënte sterf aan die kiem en NIKS word daaraan gedoen nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.