Baleka Mbete die nuwe speaker

Baleka Mbete Foto: Daily Maverick

Baleka Mbete Foto: Daily Maverick

Die ANC sal sy voorsitter, Baleka Mbete, as die speaker in die nasionale vergadering nomineer.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die party, het dié aankondiging Dinsdag by die ANC se eerste koukusvergadering bekend gemaak waartydens die top vier posisies aangekondig is.

“Lechesa Tsenoli sal die adjunkspeaker wees,” het Mantashe gesê.

Mbete vervang Max Sisulu ná die amptelike verkiesingsproses Woensdag in die Nasionale Vergadering plaasgevind het. Tsenoli vervang Nomaindia Mfeketo.

Stone Sizani is steeds die hoofsweep en Doris Dlakude sy adjunk. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.