Baleka Mbete: ‘Ek sal nie bedank nie’

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Baleka Mbete, die speaker van die parlement, het Sondag gesê dat sy geen planne het om nou of in die nabye toekoms te bedank met die oog op die konstitusionele hof se uitspraak Donderdag oor die Nkandla-debakel nie.

Mbete het Sondagmiddag tydens ʼn mediakonferensie by die parlement in Kaapstad namens die Nasionale Vergadering se voorsittende beamptes die media oor die hofuitspraak toegespreek.

Die konstitusionele hof het Donderdag bevind dat pres. Jacob Zuma en die Nasionale Vergadering versuim het om die Grondwet te handhaaf toe hulle die openbare beskermer (OB) se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag tersyde gestel het. Die hof het gesê dat die Nasionale Vergadering wel die reg gehad het om die verslag te bevraagteken, maar dat dit nie binne hul reg was om ʼn sekondêre ondersoek te laat doen en hierdie bevindinge bo dié van die OB te stel nie.

Mbete het op ʼn vraag van een van die joernaliste gesê dat daar geen rede is waarom sy moet bedank of enige “buitengewone stappe moet doen” met betrekking tot die funksies van die Nasionale Vergadering nie.

“Ek het die hofuitspraak bestudeer en verwelkom die hof se bevindinge. Ons waardeer die lig wat die hof oor die aangeleentheid gewerp het en daar is dus nou wetlik duidelikheid oor die saak. Sekere kwessies kon anders gehanteer word en ons sal hierdie uitspraak gebruik om leiding te gee met relevante prosesse vorentoe,” het Mbete gesê.

Sy het beklemtoon hoewel die Nasionale Vergadering nie by magte was om die OB se verslag tersyde te stel nie, was hulle wel daarop geregtig om die verslag te bevraagteken en die akkuraatheid daarvan te toets. “Die hof het weereens die magte van die Nasionale Vergadering bevestig. Al die partye [in die Nasionale Vergadering] moet oor die hofuitspraak besin en kyk hoe dit die uitvoer van ons grondwetlike mandaat kan versterk,” het sy gesê.

Volgens Mbete sal sy binnekort ʼn vergadering met die onderskeie leiers van die politieke partye hou om die hofuitspraak te bespreek. Sy het ook bevestig dat die DA se mosie om Zuma uit sy amp te verwyder Dinsdag deur die Nasionale Vergadering aangehoor en bespreek sal word.

Op ʼn vraag of sy die OB om verskoning sal vra oor die Nasionale Vergadering se optrede in die saak, het Mbete gesê sy meen nie dat die Nasionale Vergadering enigiets “kwaadwillig” gedoen het waarvoor hulle om verskoning behoort te vra nie. “Ons het bloot nou beter duidelikheid oor die saak,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

F ·

Dit is darem snaaks hoe die hele spul, wat voorheen die OB gekruisig het, nou water trap. Dit is duidelik dat die ANC nie die grondwet eerbiedig nie. Hulle sal nooit erken hulle is verkeerd nie. In plaas van Zuma val, word ander skuld gegee. Regte graad 2 mentaliteit. Ek wonder nou in stilligheid wat sal gebeur as hulle by die stembus verslaan word. Ek glo in elkgeval hulle het nie die stemme wat aan hulle toegestaan is wettig gekry nie. Kyk weer na die uitspraak van die hof oor die adres weglatings. 62% van kiesers se adresse ontbreek op kiesersrol. Dan moet slegs 38% stemme wettig wees.

My bydrae ·

In so ‘n geval moet die stemme sonder wettige adresse summier gekanselleer word sónder om ‘n hertelling te laat plaasvind.

Frederik ·

Hoekom nie die elektroniese kiesstelsel inbring soos Namibië nie. Dan maak dit mos nie saak watter kant toe hul hom/haar met busse aanry nie, hul kan net een keer stem. Een stem meer in Potch beteken dus een stem minder in Klerksdorp vir die party wat die bus huur.

Pieter.v ·

Hulle sal nie die elektroniese stelsel inbring nie want hoe kan hule dan stemme steel of laat wegraak.

Sarie ·

Hierdie spul sal nooit ‘n nederlaat by die stembus aanvaar nie die bloed sal behoorlik vloei in hierdie land as hulle by die stembus verslaan moet word, soos wat dit in die res van Afrika met al die spul diktators gaan

Piet Piper ·

Baleke Mbete is te onnosel om te bedank,soos die SAL mamma, regte ANC – mentaliteit………intellek -tekort sindroom en skaamteloos ontkennend soos haar min-agbarbare president. Glo nie sy weet dat melk uit ‘n koei se spene kom ! Gebrek aan politieke kennis in die meeste ANC stemmers/kiesers se leef-wereld is huidiglik al waarom die ANC nog aan bewind is.

Veritas ·

Dit wil geruime tyd al vir my lyk asof die ANC nie ‘n benul het van hoe ‘n demokratiese regering veronderstel is om te funksioneer nie. ANC LV’s het voor die voet betoog dat die OB se aanbevelings nie bindend is nie. Nou, nadat die Konstitisionele hof beslis het dat wel bindend is, en hulle met eier in die gesig rondloop, hamer dieselfde klomp oor die demokratiese effektiwiteit van die grondwet. Dit dui slegs op een van twee dinge. Óf hulle het nie die moeite gedoen om uit te vind wat die grondwet sê nie, óf hulle het geweet maar die grondwet doelbewus verontagsaam. Hoe dit ookal sy, beide opsies, dui op hul onbevoegtheid om Suid-Afrika te regeer.

André ·

Hopelik besef sy ook nou die duidelikheid v haar pligte en sal sy nie die mag wat haar aanstelling meebring misbruik om jz te beskerm en opposisie lede uit die parlement te laat verwyder wanneer hulle vrae vra en op antwoorde aandring nie. Sy moet ook sommer v minagting van die grondwet aangekla word.

jakes ·

Waar arrogansie geëindig het, daar het die vrou begin. Sy is selfs te selfvoldaan vir haarself!

GES ·

Ek het nog nooit sulke dikvellige mense gesien nie. Hulle weet dat hulle nie meer welkom is nie en nie die agtig of respek van enige iemaand geniet nie maar geepad is min. Hulle tydjie word kort en ek dink hulle besef dit maar wil net vir oulaas nog ‘n bietjie oes.

Johann ·

Dom astrant en vas oortuig sy en haar trawante is onaantasbaar. Ek wens ons van logiese denke kon die geleentheid kry om in die openbaar in haar gesig te lag. Nie agv die erns van die saak wat sy lagwekkend maak nie; maar in absolute miskenning van haar selfaangestelde arrogansie.

Frederik ·

Wel sy is blykbaar onaantasbaar. Sy het destyds haar bestuurderslisensie gekoop, is uitgevang en desondanks steeds aangestel as speaker van die parlement. Sulke skelmstreke pla die ANC glad nie. Vir hul is dit natuurlik.

Grassie ·

Natuurlik sal sy nie bedank nie want dan is sy haar vet salaris en ook haar plek op die soustrein kwyt. Ek dink sy het ook so in die stilligheid haar oog op ou Zoempas se pos maar dit sal hopelik nie gebeur nie.

Joann ·

Ag sal die a… Dame nie sien sy moet maar oppak nie? Sy verbeel haar die honde P..p nie op haar verjaarsdag nie. Sies vir hulle almal.

Christo du Plessis ·

Baleka “Delmas” Mbete is net so korrup soos die res van die ANC. Sy is baie arrogant vir ‘n vrou wat haar bestuurderslisensie in Delmas GEKOOP het.

Die ANC sal nooit ooit in ons leeftyd ‘n Nasionale verkiesing verloor nie. Daar is net te veel ongeskoolde mense afhanklik van hul staatstoelae. Vir hulle word vertel dat ander partye hul toelae gaan wegvat. En die arme mense weet nie van beter nie…

Andrea van Vuren ·

Sy het nie meer haar bestuurslisensie nodig nie. Die soustrein is goed genoeg!

Elize ·

Stem saam met Andre en Johan.Sy is n verleentheid in die parlement.Sy laat niemand toe om vrae te vea wat vir Zuma bedoel is nie.

Joann ·

Maroela wat het jul teen my??. Speaker Antie vat jou goed en trek oor die vaaldam.

Lewies ·

Zuma het mos aan die wêreld erken dat hy en sy kabinet tot dusver nie grondwetlik opgetree het nie met die onderneming om dit in die vervolg te doen. Doe mense weet niks van staatsadministrasie en politieke etiek nie. In enige beskaafde land sou hulle reeds uit gewees het.
En wie is die regsgeleerde(s) wat hulle die verkeerde advies gegee het. ‘n Junior prokureur of advokaat sou nie sulke regsadvies gegee het nie. Dot is m.i. net nog ‘n infame leuen.
Maar F het ‘m punt beet met die adresse. Miskien moet daar in die volgende verkiesing gelet word daarop, want ons weet mos die mense het nie geldige adresse nie.

Anna-Marie Evans ·

Stadig oor die klippe tov die adresse. Dit kan jou ook raak die dag van die verkiesing. Daar is ‘n enorme getal geregistreerde kiesers wie se adresse skielik van die kiesersrol af ,uitgevee is. Dit het met myself ook gebeur. Gaan maak liewers seker dat jou adres wel op die kiesersrol reflekteer; al woon jy al jare by dieselfde adres en stem by dieselfde stembus, jou adres mag een van die wat nie meer daarop is nie, al is jy vir baie jare al daar geregistreer. Dit is belangrik dat elke kieser dubbeld sekermaak van hierdie adresstorie. Net die OVK/IEC weet wat hulle aangevang het met hulle kieserslyste.

Theo ·

Moontlike bedrog om uitstel te verkry m.b.t. die adresse wat van die kiesersrol af uitgevee is. Dis al manier hoe hulle sekere wyke nie gaan verloor nie. Die OVK moet geondersoek word.

Flippie ·

Ons is in groot moeilikheid. Die regering minag die oppergesag van die grondwet. Hulle sien nou dat dat hulle die grondwethof se uitsprake kan minag, sonder enige konsekwensie.

Die ANC en regering is bo die wet verhewe en daar is niks aan te doen nie.

NET EKKE ·

Sy laat my baie dink sy is opvolger van Winnie mandela kan dit nie in hul dik koppe kry hul is n nul op n kontrak nie Sy moet pasop die hoogste bome kry die meeste wind

Sarie ·

Dit raak net elke dag duideliker dat die spul “grootes” in die parlement (1) geen benul het van wat presies Donderdag in die uitspraak gese is nie (2) te arrogant is om die besef wat die uitspraak beteken (3) geen respek vir die Grondwet het nie en (4) net eenvoudig op dieselfde trant voorstrompel soos die afgelope 21 jaar maar veral soos die afgelope sowat sewe jaar met Jacob Zuma aan die spits. Hulle arrogansie eiewaan en eiegewin ken net eenvoudig geen perke nie. Sedert Vrydag het al meer van hulle eie oudleiers, organisasies, politieke ontleders, sakemense en selfs vanuit oorsese geledere vir Zuma en die speaker se bedanking oproepe gemaak, maar hulle lag die hele ding nog steeds af maar dit is omdat die massas net so onnosel en oningelig is soos die parlementslede (ANC). Hulle het nie die vaagste benul hoeveel skade hulle ons land berokken nie of hulle gee net eenvoudig nie ‘n hel om nie

Koningskind ·

Bid mense BID. VADER wat in die hemel is in JESUS Naam VERLOS ONS VAN DIE BOSE. Amen.

Andrea van Vuren ·

Koningskind, Zuma het gesê die ANC (hy) sal regeer totdat Jesus weer kom…

Dan ·

In my tyd is jy nie gevra of jy wil bedank nie, jy is aangese teken hier jy bedank, of al dan nie is jy gefire. In haar geval was jy somier gefire, nie nog n gebla-bla nie.

Jan maak n plan ·

Eerstens sal die hoofmeisie van die parlement nooit bedank nie want dan is sy ewe skielik n niks en niemand en haar nes eier kwyt. Tweedens n elektroniese stem stelsel sal nooit in die land gebruik word nie want dan kan daar nie so maklik geknoei word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.