Baleka Mbete: ‘Misdaad, korrupsie en ongelykheid in SA nie so erg’

Suid-Afrikaanse sosialemediagebruikers het met ongeloof en woede gereageer op ʼn onlangse onderhoud tussen Mehdi Hasan, ʼn joernalis van Al Jazeera, en Baleka Mbete, voormalige speaker van die Nasionale Vergadering. Die onderhoud is uitgesaai op die nuuskanaal se Head to Head-program.

Mbete het tydens die onderhoud onkundig voorgekom, verdedigend en verwyderd van die werklikhede en uitdagings waardeur die land tans in die gesig gestaar word.

Die tema van die onderhoud was dat die regerende party in die 25 jaar sedert die einde van apartheid Nelson Mandela se droom van ʼn reënboognasie verloën het. Tydens die onderhoud het Hasan Mbete uitgevra oor talle kwessies wat in dié tydperk na vore gekom het en wat bygedra het tot die land se ekonomiese verval.

Hasan het dit aan Mbete gestel dat ekonomiese vooruitgang in die laaste tien jaar verbeur is onder die regerende party. “Nee, want elke mislukking is ʼn les en ʼn geleentheid om te verbeter,” het Mbete geantwoord.

“Maar selfs die land se pres. Cyril Ramaphosa het gesê dat dit ʼn verlore dekade was,” het Hasan haar weerlê.

“Ek stem nie saam nie,” was Mbete se antwoord.

Sosialemediagebruikers oor kleur- en taalgrense heen het die onderhoud as vernederend en ʼn verleentheid vir die land gekritiseer. JodiAnne, ʼn Twitter-gebruiker, het gesê Mbete se antwoorde beeld die “straflose, nonchalante houding van die regerende party” uit.

Op die vraag oor “die 21 korrupsie skandale wat oor die afgelope 25 jaar binne die party woed” en net “een partylid wat nog tot rekenskap gebring is”, het Mbete gesê dat sy nie bewus was hoe erg korrupsie Suid-Afrika geaffekteer het nie, en dat sy eers in die laaste paar maande besef het hoe erg dinge werklik is.

Sy is ook gepeper oor haar steun vir Tony Yengeni, die partylid wat tronk toe gestuur is vir korrupsie en ook oor die feit dat hy as die voorsitter van die werkende groep teen korrupsie aangestel is.

Hasan het ook Mbete uitgevra oor haar siening rondom die Wêreldbank se bevindings dat Suid-Afrika die mees ongelyke land ter wêreld is. “Ek moet sê dit is ʼn baie [erge] bevinding, maar ek wonder of dit nie eintlik maar ʼn oordrywing is nie? Ons moet die goeie en die slegte sien. Die Wêreldbank is nie God nie.”

Oor Suid-Afrika se status as die land met die vyfde hoogste moordsyfer ter wêreld, het Mbete gesê: “Jou punt is? Ek wonder wie het dit gesê?” Sy het ook gesê dat mense nie die probleme wat Suid-Afrika tans ervaar, soos misdaad wat buite beheer is, voor die ANC se deur kan lê nie.

“Dit was die kolonialiste wat misdaad hier aangebring het,” het sy volgehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Word wakker uit jou droom wereld...... ·

Word wakker uit jou droom wereld……

Byron ·

As daar meer as 52 mense n dag vermoor word en dis gesien as nie erg nie wanneer word dit as erg beskou? Sy moet uit haar kokon klim en om haar kyk.

BMW ·

Sien haar woordeskat is beperk.!!! honarable member orde please.

TDW ·

Sjoe maar ek het lekker gelag, ek het net gewag dat Leon sy pruik afhaal…. ek wag nog.

Wondermaarnet ·

Hoe lekker lag ek nou. Dit is waar. Hoekom antwoord sy nie hoekom is daar lyfwagte en sekuriteit by die kaders se eiendomme nie? Waarom moet daar hoë mure ter beskerming wees as alles dan so veilig is? Nee antie Mbete jy moet mos lieg om jou salaris te kan kry.

Andra ·

Ai tog! Minderhede kom ons los hulle met hulle “wonderlike” land en kry ons eie. Stem JA by ulacongress.com

???? leser ·

soos daar gese is, sy moet wakker word
uit haar bewaakte huis kom en in en om die gewone mense wees sonder haar lyfwagte, dan sing sy sekerlik ‘n ander deuntjie

Elizabeth ·

Ek hoop nie Mbete is meer op die staat se payroll nie. Speaker van die Parlement en sy is dekades lank in ‘n beswyming, bewusteloos!! Maar haar salaris kry sy, ongeag haar totale onbevoegdheid!! Hoe sou sy gereageer het as sy nie haar veiligheidswagte en verskanste woning gehad het nie?? As sy moes taxi ry en saans alleen in die donker moes huis toe stap????

Antjie ·

Die arme tannie verstaan nie eens wat beteken ongelykheid nie! Blykbaar, volgens ons statistiekdiens, is die grens inkonste tussen die rykste 10% van ons bevolking en die res op ongeveer R1300 (onder die broodlyn) per maand. Ons wonder maar hoe dit was in 1835, in 1911, 1950 en 1990.

Sy moet dalk om haar kyk hoe lyk die mense om haar vandag, aan haar kant van daai skeidslyn, en bepaal of die gewers van rykdom van elders in die wêreld, skuldiger is as die nemers. Sy besef dus nie eens watse kognitiewe vaardighede ʼn speaker moet hê nie! Dis seker ook haar ouers en onderwysers se skuld! Sy kan nie enige soort leier wees nie, glo ek.

Lollie ·

Dis waarom SA is waar hy is! Nou maak dit sin. Hulle lewe lekker en as iemand buite die “gravy train” kla dan is dit almal se skuld maar nie hulle sn nie!
Sal nooit regkom met hulle aan bewind nie. Sien dit elke dag meer en meer.

Regs! ·

Sy is ‘n ramp wat ‘n plek soek om plaas te vind! Ek is seker ‘n klip kan beter antwoorde gee!

Swartwolf ·

En die honorable members is een van die briljante voorbeelde van wat die < 70 konsep behels. Sy het nie 'n idee gehad nie.

Elize ·

Ekt dit gesien en gewonder of dit nie dalk 1 april is nie. Sjoe……

JohanR ·

Wat ‘n verleentheid vir Suid Afrika en sy mense!! Het sy net ‘n Graad Minus Drie Sertifikaat? Dink net hoe dom die res van die ANC is, as ons nog altyd gedink hierdie een het ‘n brein? ‘n ANC moet nooit op ‘n tv verskuin nie, die bek opmaak en eintlik ietsie se nie!

humor ·

Is dit die tipe amptenare wat ons regeer????????? Skokkend ……..ja dit is.!!!!!!!!!!! Wat n gru tragedie, n werklikheid wat hier hom afspeel!!!

Mweeti ·

Sy is bewusteloos op haar voete en het duidelik nie n idee wat in die land aangaan nie!

Hannes ·

Stem saam en dan woder ek in watter Suid Afrika sy bly, wat ‘n grap is sy nie.

Matts ·

Waar in SA bly sy, want ek wil ook graag daar gaan bly waar misdaad, geweld en ongelykheid nie so erg is nie. Regtig? Die wol is nie net om haar kop nie, dis oor haar oe ook!

Joos Pretoriys ·

Almal is uitgevang. Hierdie was net n April grap!!!!!!

Werner ·

Onthou die huidige no 1 het dieselfde mentaliteid nou wonder ons hoekom die land onherstelbaar verval het en nog steeds val

Emma ·

Ag vader tog ma jy is n gesukkel, kom tog net n slag by en kyk wat rondom jou gebeur, anti

HEDWICHT SMITH ·

EK DINK SY MOET HAAR Oë EN ORE OOPMAAK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Andre ·

Die regering kan maar ophou ” back paddle” en ontken….die wereld weet reeds van hul skandelike onbevoegdheid en skreiende menseregte skendings…..onherstelbare skade is gedoen….

Michael P ·

Dit wys jou nou hoe min sy belangstel in wat hierdie land aangaan maar wat sy wel goed weet en verstaan is wat in haar bank rekening aan gaan.

Erika ·

Sy het gladnie goed geklink of gelyk op TV nie. Ek het eintlik skaam gekry omdat sy SA verteenwoordig en sulke dom dinge sê. Ek kan nie glo CR stuur haar na so iets toe nie…
Die mense lag vir ons regering! Wonder of die dame weet wat om haar aangaan!

Dries ·

Hulle se beet en two step werk goed saam dalk moet die ANC en sy narre dit probeer

Commie ·

Sy laat my baie dink aan Manto Tshabalala-Msimang so tussen die twee lewer oorplantings deur en “Keep on Walking South Africa”

Ekke ·

Rook sy? Gaan nooit wakker skrik nie. Moet van haar ontslae raak, en dan verdien sy een helse salaris vir twak praat.

Christa ·

Hoe Sy in so n pos aangestel Kon wees, Kan EK net wonder. Sy hoort nie eers in seniorpos wat nog te sê Om sulke vra te probeer beantwoord. Maar dis maar weer net ANC.

Mrs H ·

Ooo my hemel, dan wil ek nie weet hoe gaan dit lyk of wees as dit volgens haar, “erg” is nie?

Rubber ·

Sê die kat met room om die bek, met die lyfwagte. Soo haar president ook sê daar is nie plaasmoorde nie.

Jeremia ·

Hierdie houding kan daagliks op straat beleef word.
So asof die land vooruitstrewend is.

KO ·

Sy is heeltemal reg, gemeet aan haar en die regering se standaard.

GL ·

Die nar droom seker. Hulle urineer in die publiek oop en bloot, dit is n kriminele oortreding in enige eerste wereld land so hoe kan hulle besluit oor misdaad as hulle nie weet wat dit is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.