Balfour-plaasaanval: Vrou (73) moes aanvallers help vlug

David en Lena Streicher. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde vrou moes Vrydagaand op ʼn plaas buite Balfour in Mpumalanga haar aanvallers help om hul bakkie aan die gang te stoot, terwyl haar man roggelend op die vloer in die huis gelê het nadat hy in die gesig geskiet is.

David Streicher (74) word in die waakeenheid van die Netcare Unie-hospitaal behandel nadat hy met ʼn .22-geweer in die gesig geskiet en fragmente van die koeël deur sy wang, tong en kakebeen gegaan het. Sy vrou, Lena (73), is nie tydens die aanval beseer nie, maar wel erg getraumatiseer.

Judy Streicher, David en Lena se skoondogter, het Maandag aan Maroela Media vertel haar skoonouers het die dag by haar swaer, David jr., in Heidelberg deurgebring en die aand omstreeks 18:00 teruggekom op die plaas, Hartebeesfontein. Volgens Judy het haar skoonpa by die deur van die huis ingestap en is hy onmiddellik, sonder waarskuwing, hard met iets oor die kop geslaan en in sy gesig geskiet.

“My skoonma was nog buite besig om iets uit die motor te haal, toe sy die skoot hoor afgaan het. Sy het egter nie besef dit is ʼn geweerskoot nie, maar gedink dit is ʼn tak wat breek,” het Judy gesê. “Toe sy by die huis instap, het iemand haar van agter op die skouer getik.”

David Streicher. Foto: Verskaf

Die aanvallers het Lena op ʼn stoel vasgemaak en haar gevra waar daar vuurwapens en kontant in die huis is. Hulle het David se .22-geweer by hulle gehad, dieselfde geweer waarmee hy oomblikke vantevore geskiet is. Lena het later vertel daar het tasse in ʼn ry in die huis gestaan wat reeds vol goed gepak was wat die aanvallers in die huis bymekaargemaak het.

Dit het later aan die lig gekom dat die aanvallers ʼn slaapkamervenster gebreek het om toegang tot die huis te verkry en die egpaar ingewag het.

“[Die aanvallers] het my skoonma gevra watter een van die voertuie het ʼn opsporingstelsel in. Sy het vir hulle gesê die RAV het ʼn opsporingstelsel in, maar die ou Nissan 1400-bakkie het nie. Sy het hulle gewaarsku dat hulle gaan sukkel met die bakkie, want hy is oud en wil nie meer lekker aanskakel nie, so hy moet aan die brand gestoot word,” het Judy gesê.

Die aanvallers het daarna al die goedere uit die huis agterop die bakkie gepak, voordat hulle vir Lena losgemaak en haar gedwing het om die bakkie aan die brand te stoot. Toe die bakkie aan die gang was, het een van die aanvallers haar weer teruggeneem na die huis toe waar hy haar weer aan die stoel vasgemaak het.

“Terwyl dit alles aan die gang was, het my skoonma besef dat my pa weer sy bewussyn herwin, want hy het roggelgeluide gemaak. Hy kon nie regop kom nie, maar het op die vloer gelê en gevra dat iemand hom help. Kan jy dink daardie sielkundige marteling wat sy moes deurmaak om te hoor hoe haar man soebat vir hulp en hulle loop net bo-oor hom en maak of hy nie daar is nie. En sy is vasgemaak en kan hom nie help nie,” sê Judy.

Nadat die aanvallers op die vlug geslaan het, kon Lena daarin slaag om los te kom en het op die landlyn vir David jr. gebel. Binnekort was daar hulp op die toneel en David sr. is na die Life Suikerbosrand-hospitaal gehaas. Hy is later na die Netcare Unie-hospitaal oorgeplaas.

Judy vertel die koeël in David se gesig het gefragmenteer en een van die fragmente het baie naby aan sy rugmurg gekom. Neuroloë het ná vele oorwegings besluit om vir eers nie te opereer nie omdat die operasie skadeliker kan wees as om die fragment nou net so te los.

David en Lena Streicher. Foto: Verskaf

“Dit is moontlik dat ʼn operasie later gedoen gaan word, maar vir eers gee hulle hom kans om te herstel,” sê Judy. “Hy is in die waakeenheid en sy toestand is ernstig, maar hy is by sy volle bewussyn en kon al met ons almal praat. Hy is natuurlik baie uitgeput en praat moeilik, maar hy het nou net tyd nodig om te herstel.”

Judy sê haar skoonpa is afgetree en boer nie meer op Hartebeesfontein nie. ʼn Paar vee wat hy nog op die plaas aangehou het, is in die afgelope paar maande gesteel en dit het die familie genoop om die veiligheid op die plaas op te skerp. Die videokameras wat hulle egter tydens die veiligheidsopgradering aangebring het, is ook Vrydagaand tydens die aanval gesteel.

Volgens Judy is dit die tweede keer dat David op die plaas aangeval word. Die eerste aanval was meer as tien jaar gelede en toe is hy vyf uur lank deur die aanvallers aangehou. Hy het nog nooit werkers op die plaas gehad nie en die egpaar het nie die aanvallers geken wat hulle die eerste keer of Vrydagaand aangeval het nie.

“Ek weet hulle het hom geskiet met die bedoeling om hom dood te skiet. Dit is hoekom hulle hom in sy gesig geskiet het. Dit is ʼn wonderwerk dat hy dit oorleef het,” het sy gesê. “Ek dink nie ons sal weer teruggaan plaas toe nie. Ons sal daarheen gaan om hulle goed te gaan haal, maar ek glo nie enigeen van ons sal weer daar bly nie. ʼn Plek wat ons altyd soveel vreugde gebring het, het nou ʼn plek geword waar ons bang is.”

Judy het gesê die familie is oorweldig deur die talle boodskappe van ondersteuning en beterskap wat hulle sedert die voorval ontvang het. “God is groot. Ons is so dankbaar vir almal se ondersteuning.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Skokkend ·

Dit is eenvoudig skokkend……. Minister van Polisie, as jy die sake kan oplos kan ons vertroue in jou herstel word.

Jaka ·

Geen minister gaan na ons belange kyk nie. Ons het iemand met inisiatief en leierskap nodig. Waarom kry ons nie byvoorbeeld die manne en vroue wat die skool verlaat om soos die weermag van ouds “verpligte” opleiding te kry en vir ‘n jaar of 2 diens doen aan ons gemeenskap op die platteland deur te patroleer nie? ‘n Georganiseerde poging sal ‘n groot verskil maak. Ons boere kan tog plan maak of hoe?

Chrisjan ·

”Skokkend” , die oplos van sulke sake is nie die eerste preoriteit nie.Die voorkoming van plaas aanvalle is wel en daar is minister Mbulula hopeloos te lig in die broek voor.Trouens hy stel nie belang anders sou hy lankal gesorg het dat alle polisiestasies genoeg OPGELEIDE manne in uniform het en ook baie meer patrollie voertuie en ander benodighede het om meer patrollies te kan ry om ‘n dorp gelyktydig.Nou kry mens die situasie waar 2 bakkies die dorp EN landelike gebied moet bedien.Dit werk net nie en die beste is daar is polisiemanne aan diens wat die kriminele maatjies met selfone ”tip” waar daar patrollie gery gaan word sodat hulle dan op ander plekke kan toeslaan ver van die patrollie gebied af.Mbulula sal nooit my vertroue kan wen nie.Hy is nie bevoeg nie.

Tiger ·

Minister Mbulula moet heel eerste plaas aanvalle voorkom dan sal daar nie sake wees om te ondersoek nie.Maar hy stel nie belang nie.En Vertroue terug wen?Hy? Nie in ‘n honderd jaar nie!

Eish ·

Die vreugde van n rustige aftrede in die natuur op n plaas, bestaan nie meer nie.

Elize ·

Hulle het nie werkers gehad nie, net soos ons nie het nie, maar dit is steeds nie ‘n “vrywarring” vir ons teen so ‘n wreedardigheid nie. Ons kan net bid en elke dag dankbaar wees ons leef nog. Die regering voel niks vir ons boere nie, want as daar nie kos is nie voer hulle mos in van die Kubane of die Chinese. Zim is ‘n baie goeie voorbeeld van waar hierdie land oor vyf jaar gaan wees.

Hannetjie Harvie ·

Dan kerm en kla hulle oor die ou mannetjie wat in n doodskis gedruk was?????, wat nou hiervan

Bekommerd ·

Dis een van die groot hartsere: plek van vreugde wat plek van hartseer word. In ons geval het iemand gesterf. Jy verloor nie net n geliefde, maar ook deel van jou menswees/herinneringe. Baie sterkte aan die familie.

Francois MArais ·

En terwyl ons hier lees word daar ‘n voorbeeld gemaak van die middelburg 2. (Onvanpaste skuldigbevinding en onvanpaste vonnis.) Waar is die openbare verontwaardiging oor hierdie soveelste plaasaanval op wit mense?

Jacques ·

Wie ge hulle die reg om net te kom vat en dan nog iemand te skiet sonder waarskuwing ????
Dit is n enrstige situasie en die regering sit net die stoel warm en praat praat en praat sonder om daadwerklik iets te doen . Ek kan nie help om te wonder hoeveel kry die regering uit elke rooftog nie , miskien kan mnr Mbalula ons dalk inlig . Useless .

Helen ·

Presies wat hulle plan is. Vermoor jou of maak jou bang sodat niemand meer op plase wil bly nie. So vat hulle stuk vir stuk plaase trug. En so gaan daar minder en minder geboer word. Ja nee grou stadig vir hulleself n groter gat van armoede. Minder plase minder boere minder kos en minder werk…..Lekker Suid Afrika!!!

Willie ·

Skokkend- mens meot die sogenaamde polisie minister publiek vra van die gevalle… Skande deur en deur, dat mense se vreugde so gesteel word… Hoekom vat Gerrie Nel nie SAPD aan oor die moored nie…

Leahim ·

So kan saak na saak uitgelig word die polisie het geen benul wat om te doen om hierdie misdaad te voorkom nie ek verstaan daar is gegradueerde konstabels in die sapd party met doktorsgrade maar saam kan hulle nie n plan van aksie bymekaarsit om hierdie misdaad te bekamp nie.

David james ·

Die polisie is getrou aan die regering van die dag.bevel kom vsn bo om niks te doen nie..maklik soos ek tereg vroeer gese het hulle soek boere van plase af.Ons is in n kookpot en die vuur is aangesteek.

Chris Ws ·

Leahim,jammer om u ”bubble” te laat bars maar baie van die polisie is deel van die moord en aanvalle op boere.Daar is wel ‘n handjievol goeie en eerlike polisiemanne maar dis ‘n handjievol wat heeltyd moet oppas wat hulle se en doen om nie hul werk te verloor nie.

Chris Ws ·

CFS jy’t dit 100% !Mbalula is net nog ‘n anc vuvuzella.Groot lawaai en dis al!

Ogies ·

tipies die doodskis sage word opgehemel maar niks gaan aan die saak gedoen word nie magtig Minister v veiligheid en polisie maak JULLE VERDOMDE Oë oop was die dan rassisties?????????????????????????????????????????

Andrea ·

Ek voel soveel haat hier waar ek sit…Sal my plek in die ewige lewe ook weggevat word danksy alles wat hier aangaan…

Neels ·

Wat die mense nie verstaan nie is die plaas aanvalle is die Impis van die leiers van die land. Onthou: toe die ANC nog verban was, was dit hulle manier van oorlogvoering, val die oues van dae en kinders aan. Hulle is weerloos. Hulle doen dit nogsteeds. Hoeveel plaasmoorde is opgelos en die skuldiges vir jare tronk toe gestuur. Bitter min as enige!!! O, en dan kry hulle 5-ster behandeling in die tronke.

Dina ·

Is hulle nie pragtig nie? Baie, baie sterkte aan hierdie twee mooi mense en hulle familie. Kyk op.

Catryn ·

Daar bly vir ons slegs een opsie – beweeg nader aan mekaar, gaan bly in gebiede waar ons ‘n geskiedkundige reg het – ons het ‘n internasionale reg tot Selfbeskikking. Wat help dit ons klou vas aan ‘n samelewing wat net uit is om moord te pleeg, misdaad het ‘n enorme groot inkomste vir die regering en hul agente geword, en ons as volk word uitgewis, brutale geweld. Mense ons kan dit doen, ons mag dit doen, sluit aan by Front Nasionaal, Selfbeskikking is ‘n internasionale reg, daar kan ons ten minste onsself meer beskerm, beter beheer uitoefen, ons eie weermag beskik, eie leiers, skole, taal edm.

Wagter ·

Ek weet darem nie broer, ek al n hele paar flieks en stories gelees oor mense wat saam na n beter plek gaan omdat die wereld te sleg geraak het, en dit eindig nooit goed nie, erens sal daar iemand hulself in wurm en chaos onder mekaar saai

Andrea ·

Ek was nog nooit n volkstater nie, altyd gevoel die hele Suid-Afrika behoort aan ons. Nou sal ons egter moet anders dink en doen. Ek stem saam Catryn. Ons sal moet nader aan mekaar beweeg. Dis n hengse uitdaging… ons is só lief daarvoor om elkeen sy ossewa te gryp en in sy eie koers in te duiwel. Maar ons sal fisies moet saamstaan, rug aan rug. Ter wille van oorlewing.

Andre ·

Bewapen jouself en verdedig jouself.

Niemand anders gaan jou beskerm nie!

Die ANC Regering is die ENIGSTE vyand van Witmense in SA.

Dis absurd om te verwag dat jou vyand jou moet beskerm.

As jy swak is in Afrika … sal jy uitsterf!

PJC ·

Dan skryf sogenaamde Afrikaners nog in die nuusmedie dat hierdie aanvalle niks met rassisme te doen het nie.

At ·

Stem 100% saam Helen en Neels. Hulle sit agter dit om boere van plase af te kry, Dink net mooi, het zuma al ooit iets gese oor ‘n plaasmoord, dat dit verkeerd is, nog nooit.

Siener van Melbourne ·

As n oud Rhodesiër end oud Suid Afrikaner wat nou in Australië bly kan ek net so dat die regering hul agenda het en hulle sal dit op welke wyse uitvoer. Hulle is te kortsigtig om te sien wat die langtermyn gevolge is van hul metodiek. Ek is jammer om dit te sê maar hulle is waarskynlik agter die sinnelose dade. Ek sê waarskynlik net ter wille van publikasie.

Shorty ·

Ek verstaan die tannie was ontsteld en wou die aanvallers seker so gou as moontlik daar weg he, maar ek sou nie gese het dat die RAV ‘n opsporingstelsel ingehad het nie, hulle sou dan gevang kon word.

Julia ·

So dankbaar dat julle lewens gespaar is. Vader se Woord se: Hy sal julle bedek met Sy vlerke en onder Sy vleuels sal julle skuil. Spoedige beterskap vir julle. Groete.

Susan ·

Oom David en Juffrou Streicher so bly julle is gespaar. Hoe het juffrou altyd gese!!! Jy kan en jy sal!! Word gou gesond xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.