Balfour-plaasmoord: Kinders wees gelaat ná gru-moorde

Foto: Nantes Kelder.

Foto: Nantes Kelder.

Twee kinders het op een dag hul ouers én ouma en oupa verloor ná ʼn gru-plaasmoord in die Balfour-distrik in Mpumalanga.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) se liggame is Dinsdagoggend op die plaas Modderbult gevind.

Nantes Kelder, AfriForum se hoof van ondersoeke, was op die toneel. “Ons het beraders op die toneel gehad om Louis en Belinda se kinders, Cherize (18) en Marcel (21), by te staan. AfriForum gaan ʼn pad stap saam met hierdie kinders. Die dogter is hier in Centurion en die seun werk vir ʼn boer in Balfour. Cherize is gisteraand saam met Marcel huis toe. Hulle is sterk kinders. Hulle het daarop aangedring om hulle ouers se liggame te sien. Hierdie kinders word nou gedwing om oornag grootmense te wees, waar ander voorheen besluite vir hul geneem het moet hulle dit nou self doen.”

Sedibe het aan Maroela Media bevestig dat twee van die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is nie met die moord verbind kan word nie. Daar is glo twee van die gesteelde skootrekenaars in hul besit gevind. “Die ander twee word verbind met die moord, ons kan bevestig dat een van hulle ʼn werker van die gesin was,” het Sedibe gesê.

Volgens Kelder is Belinda se liggaam op die bank in die sitkamer gevind. “Die ouma is in ʼn slaapkamer gekry, die oupa was buite die ander huis op die erf gevind en Louis se liggaam is voor die kombuisdeur gevind.” Gert en Paulina en Louis en Belinda het in aparte huise op die erf gewoon.

Wouter Nel, voorsitter van die Balfour-boerevereniging het gesê Belinda en Paulina se liggame is met komberse tot onder hul kenne bedek. “Daar het ook ʼn groot jaggeweer langs Belinda op die bank gelê.” Volgens Nel is Louis en Gert se liggame albei met swart seile toegegooi.

Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.

Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.

“Toe hul seun Marcel daar aankom kon hy help om te identifiseer wat alles gesteel is. Die 9 mm-pistool is weg uit die kluis maar daar was nog vuurwapens en juwele wat net so gelos is,” het Nel gesê. Die voordeur het oopgestaan en een stoel was omgekeer. “Een van die speurders hier het gesê dis die ergste toneel wat hy nog gesien het.”

Al vier is glo op teregstellingwyse geskiet. Kelder het gesê Crime Scene Cleanup is al vroeg vanoggend na die toneel gestuur om skoon te maak. “Ons wil nie hê die kinders moet dit doen nie.”

Daar word vermoed dat die voorval al Maandag laatmiddag plaasgevind het. Volgens Nel was die slagoffers nog in hul werksklere. “Hulle het ʼn paar beeste en skape op die plaas wat elke aand toegemaak word, en hulle was nog oop toe ons daar opdaag.” Louis was ʼn ketelmaker op die dorp en het elke oggend ʼn kollega van hom opgelaai en dan ingery dorp toe.

“Die kollega het gewag en toe gebel. Toe Louis nie sy foon antwoord nie het hy geweet daar is moeilikheid. Cherize het ook gesê haar pa antwoord altyd sy foon,” het Kelder gesê.

Die kollega het na die plaas gegaan en deur die sitkamervenster geloer. “Dis toe dat hy Belinda op die bank sien lê het,” het Kelder gesê.

Volgens Nel was daar nog vier ander voertuie op die perseel wat onder ʼn oop afdak gestaan het. Die moordenaars het egter net ʼn Toyota Prado gesteel en van die toneel gevlug. “Die verdagtes is by ʼn kuierplek in die dorp aangekeer, hulle het gaan vleis en drank koop,” het Nel gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Toyota Prado is met behulp van ‘n Tracker-opsporingstelsel in Balfour gevind. “Toe polisiebeamptes die motor nader het die verdagtes op hulle losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en een verdagte is gewond.” Sedibe het gesê die gewonde verdagte is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal. “Die motief vir die aanval word nog ondersoek.”

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het intussen gesê die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die gesteelde goedere, is Nigeriese burgers. Die twee, onderskeidelik 20 en 30 jaar oud, sal Woensdag in die Balfour-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Die twee beweerde moordenaars is Mosambiekse burgers. Volgens Netshiunda sal die twee, onderskeidelik 26 en 36 jaar oud, Donderdag in die Balfour-landdroshof verskyn op vier aanklagte van moord, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig.

Foto: Nantes Kelder.

Foto: Nantes Kelder.

Lt.genl. Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, het intussen gesê hulle sal geen steen onaangeroer laat om te verseker dat geregtigheid geskied nie.

“Dit is aaklige tonele en die oortreders het geen plek in ons samelewing nie. Plaasaanvalle is een van ons prioriteite en ons sal diep grawe om die motief van die moord te bevestig en te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir hierdie gruwelike misdaad die swaarste straf ontvang.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Estelle ·

NEE NEE NEE SO KAN DIT NIE AANGAAN NIE!!! My innige simpatie aan die kinders en familie. Die HERE is met jul. Mag HY jul sterk hou in die hartseer tyd en vir die toekoms.

Saamstaan ·

Ons moet saamstaan en onsself met die nodige geweld verdedig wanneer die gemors op ons afkom. Ons het die reg om onsself te verdedig.

Wilna Heunes ·

Nee, dit is verskriklik.

Ek het gedog dit is Suid-Afrikaners wat kwaad is vir ons voorgangers wat ons boere afmaai maar nou blyk dit, dit is immigrante! Nigeriërs en Mosambiekers! Hoekom hierheen kom om dit te doen???

moedeloos ·

Wat gaan van ons almal word??? ons gaan almal uitgemoor word….. Ek vrees vir elke liewe wit mens se lewe.. Wie gaan dit stop sit!!! Wie gaan ons HELP?

Dibby ·

Wie dink mense gaan ons help? Hoe nogal? Dink bietjie daaroor. Ek dink netnou aan wat onder andere in Rwanda gebeur het. UN was daar, kon nie/wou nie/mag nie gehelp het nie. Wees realisties mense.. Hoe?

Lindi Dercksen ·

Net die Here kan ons help. Ons moet op ons aangesig neerval voor Hom en Hom smeek vir genade. Die hele Suid Afrika moet terugdraai na God. HY SAL ONS GEBEDE VERHOOR!!

Hanno ·

Lindi Dercksen, dit is baie waar wat jy sê. Ons hulp kom slegs van die Here, en ons afvalligheid moet nou stop. Die stryd is nie teen vlees en bloed nie!
Amen

Alta ·

My innige simpatie met die kinders en familie met hierdie ontsaglike verlies. Die polisie se vinnige optrede is prysenswaardig.

joe ·

Die polisie se vinnige optrede beteken niks nie man, die mense is klaar vermoor. Iets moet gedoen word dat hulle 10 keer dink voor hulle so iets oorweeg

Aster ·

Ek kan nie vir julle sê hoeveel kwaad en woede in my opstoot soos wat ek hierdie berig lees nie. Ek het nie woorde nie!!!! Baie sterkte vir die familie en veral die kinders. Asb mense ons moet iets doen, dit kan nie so aan gaan nie. Kom ons staan op en veg terug!

Alicia wiese ·

Die moorde word net meer my oupa 64 keer gesteek gemartel my oom ook op sy plaas vermoor en mense is gevang ma vry gelaat omdat ons saps van sa da nie genoeg bewyse nie wa gaan dit eindig.

joe ·

Die polisie se vinnige optrede beteken niks nie man, die mense is klaar vermoor. Iets moet gedoen word dat hulle 10 keer dink voor hulle so iets oorweeg

Will i am ·

Swaarste straf wat die moordenaars kan kry is Verwyder hul uit die samelewing. Nie tronkstraf waar belasting betaler vir hul moet sorg

Willem ·

Wil julle nou vir my së hierdie kinders gaan nou sonder haat in hul harte groot word ? Dit die moorde is glad nie nodig nie ! Beste van als is dit haal nie eers die nuus op tv nie!

oumie ·

Wragtag kon nie glo toe ek berig op news 24 ook lees nie baie lank terug was daar n berig oor wit mense wat vermoor word so as dit is wat afriforum ook reggekry het dan het ek hoop en dan staan afriforum nog die kinders in n baie seer tyd by dankie en RIV vir die oorledenes so onnodig so hartseer glo afriforum sal seker maak dat reg geskiet

JC ·

Baie dankie Afriforum, dankie dat julle ‘n pad saam met die arme kinders gaan stap. Julle is wonderlik!!! Ek weet nie waar sou ons Afrikaners sonder julle gewees het nie!
Gee hulle asb AL die ondersteuning wat nodig is. NOU weet ek waarheen gaan ook dele van my ledegeld :-) DANKIE, DANKIE, DANKIE.

M ·

Maar nee die poorte moet oopgemaak word vir al wat ‘n Mosambieker, Nigerier en Zimbabwer is. Meerderheid van hierdie moorde word gepleeg deur die waarvan daar geen rekord in ons land is nie. Miskien moet ons bietjie president ruil sodat ons poorte ook gesluit kan word.

Paula ·

Ek het my man skielik aan die dood afgestaan hy was maar net 51jaar oud ek kan nog nie vrede maak met dit nie ek wil vir almal sê julle weet nie waar deur hierdie kinders nog moet gaan nie hoe verwerk ñ mens ñ grusame moord??? My kinders het nog lank nie hulle pappa se dood verwerk nie en hy is aan natuurlike oorsake dood. Die dood is skokkend seer bitter bitter seer. Mag Jesus julle dra en die riviere van trane afvee??

Johan ·

Weet julle?ek weet nie meer nie!hierdie mense kom op ons plase en Moor ons uit.hoe kan jy jou self beskerm. Jy kannie hulle aanvat nie want hulle kom in groepe van tot 8 ,skiet jy op hulle is jy in warm water en skiet een nou nog dood word jy semier aangekla van moord. So wat is jy veronderstel stel om te doen. Waar gaan dit op die ou einde stop?as ons blankes uit gemoor is?

Dereck Le Roux ·

Help my reg, die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is het op die polisie geskiet en een gewond en was in besit van die slagoffers se eiendom maar word nie met die moorde verbind nie, hoe nou?

AL ·

My diepste en innige simpatie aan die familie. Ek raak woedend wanneer ek sulke gebeure lees! Stop moet dit stop!
Dankie SAPD vir jul goeie werk!

jennefer ·

Waar is mnr Gigaba van Binnelandse sake nou? hy was in Rosettenville, die mense van die land is moeg vir misdadigers van die buiteland.

Rina ·

Onskuldige mense doodgemaak en wat gebeur Tronkstraf en elke dag het hul kos om te eet Die doodstraf moet vir sulke sadiste teruggebring word maar nee Dit gebeur nie My hart gaan uit na die kinders Afriforum jul die beste

Fanie Erasmus ·

Mooi so SAPD en Valke goeie werk om die vuilgoed so vinnig op te gespoor het.. net kommerwekkend dat wapens en juwele gelos is… dit gaan nie oor roof nie. Sterkte aan die twee kinders.

AP ·

Stem saam dit gaan nie oor diefstal nie, maar eerder ‘n taak wat uitgevoer word in opdrag van ………………….

hester fraser ·

hoop hul hand hom wat geld vir een is geldig vir die ander moord is moord ek kry sy kids jammer sonder ouers dink aan julle sterkte glo ouma en oupa sal in staan vir die kids

joe ·

Lees weer die berig. Ouma en oupa is saam met die ouers vermoor

DW04 ·

Ons moet onthou, net die een ouma en oupa is saam dood. Erens is daar nog ‘n ouma wat haar dogter verloor het. Iemand wie haar kind moet begrawe.

JC ·

Die antwoord is voor- die- handliggend.
Ons probeer nou weer iets te moeilik maak- SLUIT EENVOUDIG AAN BY JOU PLAASLIKE AFRIFORUM BUURTWAG OF PLAASWAG.

Connie ·

Die arme, arme kinders. Hoe vreeslik moet dit nie wees nie. Sterkte mense, mag Ons Vader julle styf in Sy arms omvou. As ek net weet hoe dan doen ek dit. Om die dinge te stop.

Ella ·

Nigerie en Mosambiek… Dan bevraagteken almal Trump se reis verbod. Maar hier dink ek ons moet ‘n reis verbod sit op Nigerie, Mosambiek en Zim!!!

Annelien ·

Die doodstraf moet terug kom vir misdadigers ma as dit wel terug kom gaan daar maar min mense oor wees want daar is so baie misdadigers in alle rasse. Dan sal mense twee keer dink om misdaad te pleeg! Maar nou ja wat van ons gaan word weet ek ni want ons almal staan nie saam nie. Dis mos elkeen vir homself wat nie so hoort ni. Hier gaan dit. Hier gaan dir soos visvang catch and release

Alicia Webster ·

Dit is hartsverskeurend om jou familie se name te lees in so gru artikel. Dis nog so onwerklik !! RIV liefste Louis,Belinda, Oom Gert en Tannie Paulina… gaan julle baie mis ?

Johann ·

Wat ek nie mooi verstaan nie is hoekom boere die onwettige immigrante huur en op hulle plase huisves. Daar kruip hulle weg van die gereg en pleeg ernstige misdade sonder dat hulle identiteite aan enige iemand bekend is nie. Hulle is lankal oor die grens en weggekom met moord

Steph ·

My vraag ook. Meeste plaasaanvalle n werkers of eks-werker betrokke- meeste buitelanders. Was paar weke gelede op n plaas- 38 werkers waarvan 37 uit buurlande.

Jurie Blanche ·

buitelanders buitelanders ons het n swak swak regering besig om paul o Sullivan te jag met 7 voertuie pleks om ontwettige imigrante te arresteer.

Manie ·

Daar is net een antwoord en dit is die doodstraf. Klaar gelag

ELIZE ·

Ons huil nie meer nie, die trane loop vanself.
As ek reg verstaan het van die bure die aand skote gehoor. Hoekom het hulle nie die bure in die omtrek gebel om seker te maak alles is reg nie? Hoekom nie die polisie gebel nie? Of help ons nie meer mekaar nie?
Ek kan nie eers dink in watter vrees Belinda hulle was nie! Dis nie regverdig nie julle, die kinders se familie is uit gewis en die lewe gaan aan asof niks gebeur het nie. NEE NEE NEE

Alida ·

Joe moes die polisie die moordenaars ingewag het of wat probeer jy sê. Hulle reageer op oproepe van geweld en pas nie plase op nie. Hierdie is ‘n grusame misdaad.

Catryn ·

Simpatie aan die pragtige jong kinders, dis verskriklik en gaan vir julle nog baie hartseerdae wag. Sterkte word julle toegebid.

Catryn ·

Daar is vir ons mense ‘n veiliger opsie – daar is GEEN alternatief – ons kan ons internasionale reg tot volle soewereiniteit verkry, waar ons onafhanklik onsself kan regeer, ons eie wette hê en ons eie weermag en polisie. Dis regtig onnodig en hartverskeurend om daagliks al hierdie moorde raak te lees op ons vriende se bladsye, is selde of ooit as hoofberigte in naspers.
Selfbeskikking/Self determination
Sluit ook aan by betroubare buurt en plaaswagte, ken jou bure en hou op om immigrante aan te stel as werkers. Hulle is daar slegs vir een doel en missie.

ANNA RUDOLPH ·

HIERDIE IS N NOODROEP NA AL ONS WITMENSE!! HOEVEEL ONSKULDIGE MENSE MOET NOG HUL LEWENS VERLOOR VOORDAT ONS AS WITMENSE EN KINDERS VAN EEN VADER JESUS CHRISTUS, GAAN SAAMSTAAN EN UIT EEN MOND PRAAT?? ORAL PRAAT ALMAL MAAR NIEMAND IS BEREID OM OP TE STAAN EN SAAM IETS TE DOEN NIE!!!

MAGDA ·

DOODSTRAF, DOODSTRAF, DOODSTRAF. Waar kom ons hulp vandaan? Ons hulp kom net van die Here!! Sterke aan die kinders en familie.

Petro ·

Ja, ander lande se mense wat in SA onwettig rond le. Wat word hieraan gedoen????etroetro

Joe ·

11 mense in 13 dae vermoor!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! hierdie is nie toeval nie, daar is `n definitiewe komplot om plase ontruim te kry.
Ek weet net nie wie gaan help opstaan teen hierdie dade nie, want die Vryheidsfromt en DA is net wakker wanneer daar verkiesings is, die res van die tyd spandeer hulle die geld wat die verkiesings inbring. Steve, wat van jou, jy het die regte pedigree vir dit??!!

Davie ·

Net God en Hy alleen sal die land kan herstel. Sien Hy nie die wreedhede en moorde nie ? Ja Hy sien en sal die Wreker wees as die dag gekom het. Ons aanbid n troue en regverdige God wat REG sal laat geskied. Dis alles net so hartseer maar die oordeel sal kom wat jy saai SAL jy maai.

Fanus ·

Maroela gee statistieke van wittes vermoor in 2017 Dis wat ons nodig het om te mobiliseer

petro ·

Ons moet ook die mense bedank wat die “CRIME SCENE CLEANUPS” doen. Hulle maak skoon sodat die familie nie nog dit ook moet doen nie. Ons moet hulle opdra aan ons Hemelse vader. Hulle doen ‘n groot liefdes daad.
My gebede ook by die kinders en familie.

Anne coetzer ·

Dit wil al voorkon of hulle ingevoer word om hierdie misdade uit te voer. Al 4 is uitlanders. Dit gebeur te gereeld

FM ·

Ag mense ek dinkk zuma sit en giggel net as hy van die moorde hoor. As hy nou nog nie iets daaroor gesê het nie sal hy nooit nie, want dis wit boere. Hulle het mos die grond gesteel, volgens zuma. So dit pla hom nie, miskien verwelkom hy dit. Zimbabwe die tweede!!!!!

Desiré ·

Genoeg is genoeg!! Die doodstraf moet teruggebring word!!! My gebede en simpatie aan die kinders.

Christa ·

Hulle verskyn Donderdag in die Balfour-Landdroshof Miskien is dit nou die tyd dat ons saam trek soos in Middelburg gedoen is teen die twee boere ?

Elize ·

Christa, ek stem saam met jou. Ons moet in ons honderde by die hof opdaag want ek glo die moordenaars se onderteuners sal daar wees!!

Pietser ·

Jy kan dit maar vergeet. Elke Afrikaner sit op sy eie mishoop en kla maar doen niks.

Andre Boucher ·

My innige simpatie met kinders en famile. RIV Belinda ,man en ouers.

Hilda ·

Praat praat praat, neem asb n foto van 3 of 5 mense wat opdaag. Ons is almal te slapgat om iets te doen. Al wat jy in al die berig se kommentaar lees is “kom ons doen iets”! Dit raak al afgesaag…..doen verdomp iets en kry klaar. Julle is die manne!!!!!!..
Gaan bietjie Marble Hall en Groblersdal se plase in en kyk 6 van 350 werkers is Suid-Afrikaners, die res is immegrante. Vra my ek weet ek het daar gewerk. Dis goedkoop arbeid vir die boere.

hans ·

As malema en zuma net praat van onteiening dan begin die moorde.Die twee weet al hoe om moordenaars aan te wakker.My hart gaan uit vir hierdie mense wat so sinloos vermoor word.Bid gereeld vir zuma dat hy tot sy sinne kan kom.Net God kan ons help.

Clem ·

Die groot probleem is dat die polisie in sulke gevalle slegs retro-aktief kan optree en daarvoor prys ek die polisie vir die vinnige optrede. Wat wel sal moet geskied is beter en meer effektiewe stelsels om hierdie tipe ding in die kiem te smoor nog voordat dit kan of gaan plaasvind. DWS, alle sekuriteit moet opgeskerp word en daar sal weer patrollies moet ingestel word om sodoende die aanvalle pro-aktief te voorkom. Die regering het met die afskaffing van die ou burgermagte ‘n groot fout begaan, dit was juis hierdie stelsels wat aangewend was vir verskerpte sekuriteit. Die ander probleem is ook dat immigrante (lees: onwettige) die grense oorspoel in SA in en hier is nog ‘n probleem. Die werk van plaaslike mense word van hulle af weggevat en dan veg (moor en doodslag) hulle omdat hulle onvergenoeg is. Daar is ‘n groot taak wat wag vir die polisie en sekuriteitsmagte om hierdie onmenslike aanslae te probeer identifiseer alvorens dit geskied en dit pro-aktief te bestry! Sterkte en simpatie aan die oorlewende familie.

Suretha ·

Dis baie waar woorde – daar is soveel uitdagings en ek weet nie of dinge ooit gaan regkom nie.
Ns: Wat ‘n riem onder die hart om so ‘n foutlose skrywe in Afrikaans te lees.

werkself ·

Laat ons leer uit die verlede. Raak ontslae van huiswerkers en tuinmanne. Vandag nog

JC ·

Ek stem werkself. Dit sal, jammer vir die woorde, bloot verby idioties wees om aan te gaan met die mense.
Doen al jou werk self, saam met jou mede Afrikaner. Help mekaar!

Frikkie ·

VERGEET DAARVAN OM EERS N’ MOTIEF TE WIL SOEK!!!! Of moet daar eintlik na versagtende omstandighede of provokasie gesoek word om hul dade te regverdig terwyl hulle agter die skerms as helde vereer word!!!

Geonie ·

Al waarom ons motief soek is sodat ons as familie so bietjie minder vra het wat by ons spook

Fudge ·

Ek wil n beroep doen op AfriForum en wie ookal in posisie is, kan ons Pres Trump vra vir hulp, of het iemand n beter oplossing, ons het hulp bitter dringend nodig, saam met gebed kan dit werk, dalk is dit ons antwoord…

Gert Steenkamp ·

Trump kan vir jou of ons niks doen nie. Hierdie land word geregeer deur die ou suid-afrikaners, lank in die oond gewees, en dit sal nie verander nie.

Christo ·

Net maroela media doen verslag op die aaval, geen ander nuus media op news 24 en soo aan, laat my wonder

Nico Strydom ·

Dagsê Christo

Ander media het wel ook oor die moorde berig. Dit is ook vandag op Beeld se voorblad.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Naomi ·

Almal kan so baie se en voorstel Amerika moet gevra word om te help. Wat doen jy? Lewer kommentaar. Dis al. Doen iets anders bly dit net bla-bla- bla. Sluit aan by Afriforum. Dis nie net vir boere nie. Hulle vra jou hoeveel jy kan bydra. So min as R50 ‘n maand werk ook vir hulle en wat gee Afriforum in ruil? Onmiddelike bystand, hospitaal, ens. So komaan. Hou op praat en doen iets.

Betsie ·

Ek woon tans in die buiteland. Ons moes pakke dokumente voltooi voordat ons kon verhuis (tydelik vir n paar jaar). Suid-Afrikaanse regering het hoegenaamd GEEN kontrole oor almal wat instroom nie. In die ou tyd is die grense gepatroleer wat lankal nie meer gebeur nie. Mense is onwettig in die land, vat gebore Suid-Afrikaners se werk, vermoor en besteel hulle en daar word niks gedoen nie. Wanneer gaan dit stop?

Fanie ·

Mense dit gaan nie ophou nie.dis raak al hoe wreder en meer.hoekom vat hul noe net besittings en toer nie? Hulle is daar om ons uit te moor.Mense wees paraat.as jy n vuurwapen het dra hom te alle tye op jou sy.ken jou omgewing.weet as iets uit plek is.hou n noodplan in plek.ken jou bure.leer julle kinders om n vuurwapen te hanteer.laastens hoop ek Trump gryp in met hierdie volksmoorde.

Manie ·

Vergeet dat die doodstraf gaan terugkom solank die ANC of DA aan bewind is. Dit is potensiële stemme vir die partye. Ek sal graag wil sien dat die wat so graag sê ons moet iets doen hulle tyd sal gebruik en jou misnoë by die hof gaan wys.

Lindie ·

Is plaasmoorde regtig n prioriteit???? Hoeveel mense moet nog onsluldig vermoor word???

angelique ·

Bring die doodstraf terug en al die sal stop. Dit sal nie stop tot hulle die dood straf terug bring nie. Dink aan die kinders die here sal julle deur die swaar tyd bring

George ·

DIE MENSE MOET DIE STAAT EN ZUMA BEGIN DAGVAAR , DIE SY SKULD .

Suretha ·

Dis ‘n opsie ja…. maar hulle sal ook nie gepla wees nie, die skadevergoedingseise sal uit die staatkoffers betaal word. So dis ons belastinggeld wat daarvoor gebruik gaan word. Geen skade aan die agbare mnr Zuma en sy trawante nie.

Cecily ·

Dit gaan nooit ent kry nie.. Sterkte aandie families wat hier deur geraak is.

Secret ·

Ons is regatig gvol verby en daar moet vinnig opgetree word. Onskuldige mense en kinders sterf en steeds geen drastiese maatreels nie
Hopeloos te ver gegaan en steeds vloei bloed van onskuldige burgers. Wat gaan gebeur en gedoen word…
Ons wil gràag weet, en gryp in asb want dit is nag!!!!!!!

R Kruger ·

Lindi op jou kommentaar AMEN EN AMEN. Suid-Afrika draai terug na Jesus Christus.
Dit is my vriendin se Pa, Ma, Broer en skoonsuster. Daar is baie familie wat rou. Sterkte en liefde

Elane vd Westhuizen ·

Vlg my beskeie mening wil te veel mense die tipe moorde aanhoudend as wraakmoorde kategoriseer/regverdig oor of loongeskille, werkomstandighede ens. Terwyl ek oortuig is dit is doodeenvoudig bloeddorstigheid en gulsigheid om ‘n ander van hul welverdiende goed te kom vervreem! Wat deur sommige politici aangehits en aangemoedig word.

Johan ·

Hoekom is Julias Malema nog nie in die tronk nie. Hy verkondig en hits mense in die openbaar aan om witmense op plase te vermoor. Hy doen dit in geen onduidelike woorde nie. Die EFF sit agter alles.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.