
Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.
Twee mans het Maandag weer in die Balfour-landdroshof verskyn in verband met die gru-plaasmoord waarin vier gesinslede vroeër vandeesjaar vermoor is.
Die voorval het in Februarie dié dorp in Mpumalanga geruk. Amos Mthembu (27) en Prince Mngomezulu (35) is kort daarna op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die saak is tot Dinsdag uitgestel. “Daar sal na verwagting môre uitspraak gelewer word oor hul borgtogaansoek,” het Sedibe gesê.
Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) is op die plaas Modderbult vermoor. Maroela Media het vroeër berig Cherize (18) en Marcel (21), Louis en Belinda se kinders, het op een dag hul ouers asook hul oupa en ouma verloor.
Die moordenaars het ʼn Toyota Prado gesteel en daarmee van die toneel gevlug. “Die verdagtes is by ʼn kuierplek in die dorp aangekeer. Hulle het glo vleis en drank gaan koop,” het Wouter Nel, voorsitter van die Balfour-boerevereniging, destyds gesê.
Mthembu en Mngomezulu is glo Mosambiekse burgers.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
MM wys hulle gesigte dat ons almal kan sien hoe hulle lyk!!!!! Die arme blanke boere se gesigte pryk tot vervelens toe op die voorblad.
Hopelik sal daar met mening betoog word teen die borgtogaansoek
Hoekom is die townships om Balfour nog nie afgebrand
Ek verstaan nou nie so mooi nie. Die twee mans wat die kabeldief skrik op die lyf gejaag het deur hom in n kis te sit kry nie borg nnie maar twee moordenaars wat 4 mense vermoor kan borg kry. Is dit nou nie so bietjie rassisteis en verhaande nie. Miskien moet daar n paar goed aan die brand gesteek word alvorens die reg sal begin luister.
Op borgtog!!! Om nog blankes te vermoor!!!! Dis angswekkend dat ons boere aangehou word, maar hul doen aansoek om borgtog. Hoop die mense van daardie omgewing staan daar by die hof om te verseker dat hul nie borgtog kry nie