Balfour-plaasmoord: Twee hoor dan oor borgtog

Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.

Twee mans het Maandag weer in die Balfour-landdroshof verskyn in verband met die gru-plaasmoord waarin vier gesinslede vroeër vandeesjaar vermoor is.

Die voorval het in Februarie dié dorp in Mpumalanga geruk. Amos Mthembu (27) en Prince Mngomezulu (35) is kort daarna op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die saak is tot Dinsdag uitgestel. “Daar sal na verwagting môre uitspraak gelewer word oor hul borgtogaansoek,” het Sedibe gesê.

Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) is op die plaas Modderbult vermoor. Maroela Media het vroeër berig Cherize (18) en Marcel (21), Louis en Belinda se kinders, het op een dag hul ouers asook hul oupa en ouma verloor.

Die moordenaars het ʼn Toyota Prado gesteel en daarmee van die toneel gevlug. “Die verdagtes is by ʼn kuierplek in die dorp aangekeer. Hulle het glo vleis en drank gaan koop,” het Wouter Nel, voorsitter van die Balfour-boerevereniging, destyds gesê.

Mthembu en Mngomezulu is glo Mosambiekse burgers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Alida ·

MM wys hulle gesigte dat ons almal kan sien hoe hulle lyk!!!!! Die arme blanke boere se gesigte pryk tot vervelens toe op die voorblad.

wraggies ·

Hopelik sal daar met mening betoog word teen die borgtogaansoek

Verstaan nou nie ·

Ek verstaan nou nie so mooi nie. Die twee mans wat die kabeldief skrik op die lyf gejaag het deur hom in n kis te sit kry nie borg nnie maar twee moordenaars wat 4 mense vermoor kan borg kry. Is dit nou nie so bietjie rassisteis en verhaande nie. Miskien moet daar n paar goed aan die brand gesteek word alvorens die reg sal begin luister.

carla ·

Op borgtog!!! Om nog blankes te vermoor!!!! Dis angswekkend dat ons boere aangehou word, maar hul doen aansoek om borgtog. Hoop die mense van daardie omgewing staan daar by die hof om te verseker dat hul nie borgtog kry nie

Ben ·

Dit maak nie sin nie.
Daar is geen rede of versagting, vir borg nie.
Hier is nie meer plek vir ons in die land nie.
Ons regstelsels is ñ sirkus.
Waar gaan ons heen.

Scalla ·

Daar gaan seker weer n paar winkels geplunder word as hul nie borg kry nie.

Michael ·

Fotos asb van die verdagtes soos met die coligny en parys saak

Jacques Venter ·

Die boere moet besef dat hulle GEEN maar GEEN beskerming van ANC kan verwag nie. Daarom is dit noodsaaklik dat hulle alle moontlike voorsorg sal tref om hulle en hulle plaaswerkers tebeskerm

Herman Steyn ·

Die regstelsel is n gemors, rassisties en bevooroordeeld – moord is moord – skeer almal regverdig oor dieselfde kam – huidiglik lyk dit of n blanke se dood goedkoper en minder erg is as anderkleuriges, as ons kyk na wie kry borg en op watter bedrag. In die Coligny geval was die borg 5000.00 vir die een persoon betrokke die seun, gaan die Balfour aangehoudeis minstens 20 000.00 borg moet betaal elk – vir die 4 persone van die familie betrokke, indien nie is ek reg met wat ek se.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.