Balfour-plaasmoord: Twee hoor oor borgtog

Die Smuts-gesin se huis. Foto: Nantes Kelder.

Die Balfour-landdroshof het Dinsdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van die twee verdagtes wat aangekla word van die wrede moord op die Smuts-gesin op hul plaas buite dié Mpumalanga-dorpie.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes, Amos Mthembu (27) en Prince Mngomezulu (35), se aansoek om borgtog is van die hand gewys. Hulle bly in aanhouding totdat hulle weer op 24 Julie in die hof moet verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) is in Februarie op die plaas Modderbult vermoor. Cherize (18) en Marcel (21), Louis en Belinda se kinders, het op een dag hul ouers asook hul oupa en ouma verloor.

Die moordenaars het ʼn Toyota Prado gesteel en daarmee van die toneel gevlug. “Die verdagtes is by ʼn kuierplek in die dorp aangekeer. Hulle het glo vleis en drank gaan koop,” het Wouter Nel, voorsitter van die Balfour-boerevereniging, destyds gesê.

Mthembu en Mngomezulu is glo Mosambiekse burgers en is kort ná die moorde in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elsie ·

Gaan die Premier dalk die families besoek? Of is dit dalk n eensydige aksie?

Borgtog!!?? ·

Borgtog!!?? Se voet man!! Natuurlik gaan hulle vlug!!

Irene ·

Die woord borgtog vir moordenaars wat dood gemaak het gaan my te bowe. Regstelsel darem

Sw ·

Geen borgtog! Ons is sat vir anargiste, moordenaars en verkragters.

Pastoor ·

Dir is tyd dat gevangenis weer hardewerk doen. Tronk is nou lang vakansie. Hulle leer kry grade. Kry r maaltye. Kyk tv het vry medies. Terwyl hulle verwoestingswerk agter hulle lê. Gee hulle weer harde werk met die sweep

snoefie ·

vlug? nie maklik nie. gaan sit so ewe in die hof. gaan eenvoudig nie as hulle geroep word nie

Chaparel ·

Hulle gaan nie hulle verdiende straf kry nie, ek dink eerder hulle word terug gestuur Mosambiek toe en die saak word gesluit.
Die moordenaars kry van alle kante af beskerming in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.