Balfour-plaasmoord: Twee steeds nie gevonnis

Amos Mthembu (links) en Prince Mngomezulu in die hooggeregshof in Delmas (26 Junie 2018). Foto: Maroela Media

Die vonnisverrigtinge teen die twee mans wat aangekla is in verband met die plaasaanval in Februarie verlede jaar waartydens ʼn bejaarde egpaar, hul seun en skoondogter doodgeskiet is, is Woensdag weereens in die hooggeregshof in Delmas uitgestel.

Amos Mthembu (29) en Prince Mngomezulu (27) was vandag weer in die beskuldigdebank waar hulle na verwagting uiteindelik hul lot sou hoor nadat hulle in Junie op verskillende aanklagte skuldig bevind is.

eNuus berig die saak is egter weereens uitgestel omdat daar probleme met die voorvonnisverslae was. Die twee sal Maandag weer in die hof verskyn, maar of hulle dán gevonnis sal word, sal afhang of die probleme met die verslae uitgestryk is.

Maroela Media het vroeër berig Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun, Louis (47), en skoondogter, Belinda (42), se liggame is in Februarie verlede jaar op die plaas Modderbult aangetref.

Mthembu is skuldig bevind aan vier aanklagte van moord nadat hy in ʼn pleitverduideliking erken het dat hy die vier slagoffers doodgeskiet het. Hy is ook skuldig bevind aan verkragting, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Mngomezulu is skuldig bevind op aanklag van die besit van gesteelde goedere.

Lees alle vorige berigte oor die Balfour-plaasmoord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert ·

Lewenslank asb ! Bêre hulle gou moet eintlik gehang word !! Geen genade !!

Pieter ·

Ek hulle maatjies in die ANC gaan hulle `n goeie handdruk gee en na 5 jaar weer vrylaat om te moor. Hierdie mense moet geen kans gegin word vir tronk straf nie, in ons dae was hulle agter in die polisie kar gegooi en nooit weer gesien nie.

Jacques ·

Onbevoegde amptenare in poste , kry elke maand n salaris vir niks doen nie . Dit gaan so in die land en dis hoekom dit lyk en gaan soos dit doen . Versteek hulle op n eiland en vergeet van hulle , dit is nog eintlik te goed vir hulle .

Theresa B ·

Hierdie snert moet nou end kry. Vonnis hulle 40 x lewenslank. Hulle moet nooit weer daglig sien nie. As julle dit nie kan doen nie – kry iemand wat kan vonnisoplegging doen!!
Hou op speel vir tyd!

christa ·

dit is maar net ‘n besef dat die ANC regering vrot sleg is. Alles is vervalle so-ook die regstelsel. Noem een ding wat in die regering goed uitwerk. Niks is verbeter nie, moord en doodslag het verbeter ja dit het verdubbel in die guns van die regering

Johnnie ·

Ag nee wat hul velkleur is reg sal miskien lewenslank kry maar na so paar jaar is hulle weer uit om te moor.

Pateties ·

SJOE MAAR JULLE HET VINNIG DIE doodskis manne gevonnis ne?Vreemd hoe lank sekere sake uitrek, en dan ontsnap die manne intussen of die getuies raak weg of die bewyse verdwyn . en so loop honderde wrede moordenaars op straat rond maar TEN MINSTE Het julle die twee wit ouens toegesluit ne?

Joshua ·

Dai judge stel nog so uit dan vlug dai moordenaar terug Zimbabe of EFF toe waar hy skuiling vind.

AJ ·

Bewapen en verdedig jou self!
Niemand anders gaan jou beskerm nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.